Wilhelmina van Nederland
Wilhelmina Helena Pauline Maria (Den Haag, 31 Augustus 1880 – Apeldoorn, 28 November 1962), Prinses der Nederlanden (1880-1890, 1948-1962), prinses van Oranje-Nassau en hertogin van Mecklenburg-Schwerin (1901-1962), was van 1890 tot 1948 koningin van Nederland en het regeer onder die naam Wilhelmina. Sy het haar vader, koning Willem III van Nederland, opgevolg.
Wilhelmina van Nederland | |
---|---|
Koningin van Nederland | |
Koningin Wilhelmina in 1898
| |
Vorstehuis | Oranje-Nassau |
Regeer | 23 November 1890 – 4 September 1948 |
Kroning | 23 November 1890 |
Voorganger | Willem III van Nederland |
Opvolger | Juliana van Nederland |
Volle naam | Wilhelmina Helena Pauline Maria |
Gebore | 31 Augustus 1880; Den Haag, Nederlande |
Oorlede | 28 November 1962 (op 82); Apeldoorn, Nederland |
Eggenoot | Hendrik van Mecklenburg-Schwerin |
Kinders | Juliana van Nederland |
Vader | Willem III van Nederland |
Moeder | Emma van Waldeck en Pyrmont |
Religie | Christendom, Protestantisme |
In werklikheid het sy eers vanaf 1898 regeer; gedurende die eerste agt jaar was Emma van Waldeck en Pyrmont - haar moeder - die koningin omdat Wilhelmina nog te jonk was.