RMS Nova Scotia
Die RMS Nova Scotia was 'n passasierskip wat as 'n troepedraer gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy is op 28 November 1942 langs die ooskus van KwaZulu-Natal deur die Duitse duikboot U-177 gekelder. Die skip het Italiaanse krygsgevangenis vervoer en daar was groot lewensverliese. Daar het 858 passasiers verdrink waaronder 654 krygsgevangenis, 96 bemanningslede en 93 soldate. Dit is die grootste maritieme tragedie in die geskiedenis van Suid-Afrika. Baie van die drenkelinge is deur haaie verskeur. Slegs 196 passasiers is gered en daar het 118 lyke op die strande van Durban uitgespoel.
Die liggame is in 'n massagraf in die Hillarybuurt van Durban begrawe wat die kern van die Italiaanse Militêre Begraafplaas gevorm het. In 1982 is 'n groot monument op die plek van die massagraf opgerig.[1] Die liggame is egter in 2008 na die Pietermaritzburgse Italiaanse krygsgevangenes-kerkbegraafplaas verskuif. Die oorledenes word ook in 'n monument in die Italiaanse kerk Adi Quala in Eritrea.[1]
RMS is die afkorting vir Royal Mail Ship.
Bronnelys
wysig- Verskrikking op die oop see, Rapport, 26 November 2017
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Colao, Alex (28 November 2011). "Anniversary of Nova Scotia – Alessandro Cerrato". Alex Colao Blog.