1917
jaar
1917 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1912 | 1913 | 1914 | 1915 | 1916 | ◄ 1917 ► | 1918 | 1919 | 1920 | 1921 | 1922 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1917 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Amerikaanse oorlogspropaganda | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1917 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 17de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Die eerste uitgawe van die AWS word uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 21 Februarie – Eerste Wêreldoorlog: Die troepeskip SS Mendi sink met 'n verlies van 805 Suid-Afrikaanse soldate.
- 15 Maart – Nikolaas II verklaar sy abdikasie van die Russiese troon.
- 6 April – Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde State van Amerika betree die oorlog teen die Duitse Keiserryk.
- 20 April – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word titulêr aartsbiskop van Sardes en nuntius in Duitsland.
- 13 Mei – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word as biskop in gewy.
- 4 Junie – Die eerste Pulitzerprys word toegeken.
- 27 Junie – Griekeland verklaar oorlog teen die Spilmoondhede.
- 2 Augustus – 'n Sopwith Pup word die eerste vliegtuig om op 'n skip te land en op te styg.
- 2 September – Eerste Wêreldoorlog: Manfred von Richthofen, alias die Rooi Baron, die suksesvolste vegvlieënier van dié oorlog, behaal sy 60ste sukses.
- 25 September – Sir Ernest Oppenheimer stig Anglo-American Corporation.
- 5 November – Sint Tichon van Moskou word verkies tot Patriarg van Moskou en van die Russies-Ortodokse Kerk.
- 7 November – Armenië verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 7 November – Bolsjevistiese leier Wladimir Lenin lei 'n staatsgreep teen die Russiese tussentydse regering van Alexander Kerensky en begin daarmee die Oktober-revolusie.
- 20 November – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Cambrai vind plaas; die eerste massa tenkaanval.
- 6 Desember – Finland verklaar onafhanklikheid van Rusland.
- 6 Desember – Halifaxontploffing: 'n Skip in Halifaxhawe met 'n vrag van trinitrotolueen en pikriensuur vat vlam en ontplof na 'n botsing met 'n ander skip met groot skade in Halifax, Kanada.
- 7 Desember – Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde State van Amerika betree die oorlog teen Oostenryk-Hongarye.
Geboortes
wysig- 7 Januarie – Sarel Jacob Pretorius, Afrikaanse digter († 1995).
- 6 Februarie – Zsa Zsa Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise († 2016).
- 25 Februarie – Anthony Burgess, Britse skrywer (* 1917).
- 26 Februarie – George Claassen, wenner van die Comrades-maraton in 1961 († 2014).
- 27 Februarie – Vytautas Stanionis, Litause fotograaf († 1966).
- 6 Maart – Frankie Howerd, Engelse komediant, akteur († 1992).
- 7 Maart – W.A. de Klerk, Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg († 1996).
- 20 Maart – Vera Lynn, Engelse sangeres, liedjieskrywer, aktrise en bekend as "The Forces' Sweetheart" († 2020).
- 9 April – Brad Dexter, Amerikaanse akteur († 2002).
- 15 April – Hans Conried, Amerikaanse akteur († 1982).
- 25 April – Ella Fitzgerald, Amerikaanse sangeres († 1996).
- 29 April – Celeste Holm, Amerikaanse aktrise († 2012).
- 22 Mei – Georg Tintner, Oostenrykse dirigent († 1999).
- 29 Mei – John F. Kennedy, 35ste President van die Verenigde State († 1963).
- 7 Junie – Dean Martin, Amerikaanse akteur, sanger en komediant († 1995).
- 13 Junie – Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer († 2005).
- 23 Junie – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer († 1982).
- 24 Junie – David Easton, Kanadees gebore Amerikaanse politieke wetenskaplike († 2014).
- 30 Junie – Lena Horne, Amerikaanse aktrise en menseregte-aktivis († 2010).
- 8 Julie – Pamela Brown, Engelse aktrise († 1975).
- 16 Julie – Iva Withers, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 17 Julie – Phyllis Diller, Amerikaans aktrise en komediant († 2012).
- 21 Augustus – Tini Vorster, voormalige presidentsvrou van Suid-Afrika († 2000).
- 4 September – Henry Ford II, president van die Ford Motormaatskappy († 1987).
- 11 September – Ferdinand Marcos, Filippynse politikus en president († 1989).
- 16 September – Alwyn Schlebusch, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman († 2008).
- 27 September – Lourens Muller, 'n Suid-Afrikaanse politikus († 2005).
- 10 Oktober – Thelonious Monk, Amerikaanse jazzpianis en -komponis († 1982).
- 21 Oktober – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek († 1993).
- 24 Oktober – John Alvin, Amerikaanse akteur († 2009).
- 27 Oktober – Oliver Tambo, ANC-president en vryheidsvegter († 1993).
- 7 November – Helen Suzman, Volksraadslid van die Verenigde Party, Progressiewe Party, Progressiewe Reformiste Party en Progressiewe Federale Party († 2009).
- 12 November – Dirk Ziervogel, Suid-Afrikaanse kenner van Bantoetale († 1977).
- 14 November – Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat, President van Suid-Korea († 1979).
- 19 November – Indira Gandhi, eertydse Eerste Minister van Indië († 1984)
- 20 November – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfspeler († 1987).
- 20 November – Robert Carlyle Byrd, Amerikaanse politikus († 2010).
- 25 November – Mel Ferrer, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2008).
- 16 Desember – Arthur C. Clarke, Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer († 2008).
- 21 Desember – Heinrich Böll, Duitse skrywer, essayis en vertaler († 1985).
Sterftes
wysig- 14 Januarie – Genl. Ben Viljoen, Boereoorlog-stryder (* 1869).
- 17 Februarie – Carolus-Duran, eintlik Charles Auguste Émile Durand, Franse skilder en kunsdosent (* 1837).
- 1 April – Scott Joplin, Amerikaanse komponis en pianis, veral bekend vir sy treffer, "The Entertainer" (* Onbekend, moontlik 1868).
- 14 April – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto (* 1859).
- 7 Mei – Albert Ball, Engelse bobaasvlieënier (* 1896).
- 11 Mei – Arthur Lasenby Liberty, Engelse koopman en entrepreneur (* 1843).
- 13 Augustus – Eduard Buchner, Duitse chemikus, simoloog en wenner van die Nobelprys vir Chemie (* 1860).
- 18 Augustus – Charles Eugène Bertrand, 'n Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog (* 1851).
- 20 Augustus – Adolf von Baeyer, Duitse chemikus en wenner van die Nobelprys vir Chemie (* 1835)
- 5 Oktober – Ds. Bernard Petrus Jacobus Marchand, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en een van die stigters van die arbeidskolonie op Kakamas (* 1853).
- 13 Oktober – Florence La Badie, Amerikaanse pionier aktrise (* 1888).
- 17 November – Auguste Rodin, Franse beeldhouer (* 1840).
- 26 November – Leander Starr Jameson, gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman (* 1853).