Scott Joplin
Scott Joplin (24 November 1868 – 1 April 1917) was 'n Amerikaanse komponis en pianis. Hy is die "King of Ragtime" genoem,[1] en het meer as 40 "ragtime" stukke,[2] 'n "ragtime" ballet en twee operastukke gekomponeer. Een van sy mees geliefde stukke, die "Maple Leaf Rag", het die genre se eerste en mees gewilde treffer geword. Dit is later erken as dié essensiële "rag"stuk.[3] Joplin het "ragtime" beskou as 'n vorm van klassieke musiek wat bedoel was om in konsertsale gehoor te word, en het die uitvoering van ragtime in veral kroeë as sogenaamde "honky tonk" musiek verag.
Scott Joplin | |
---|---|
Joplin in 1903 | |
Gebore | 24 November 1868 Texarkana, Texas, Verenigde State, of Linden, Texas, Verenigde State (bestrede) |
Sterf | 1 April 1917 (op 48) |
Beroep | Komponis, pianis, musiekonderwyser |
Eggenoot |
|
Handtekening | |
Joplin het grootgeword in 'n musikale gesin van spoorwegarbeiders in Texarkana, Arkansas, en het sy eie musikale kennis ontwikkel met die hulp van plaaslike onderwysers. Terwyl hy in Texarkana was, het hy 'n kwartet vir stemme gestig en mandolien en kitaar geleer. Gedurende die laat 1880's het hy sy werk as spoorwegarbeider verlaat en deur die Amerikaanse Suide gereis as 'n rondreisende musikant. Hy is na Chicago vir die Wêreldtentoonstelling van 1893, wat gehelp het om teen 1897 van "ragtime" 'n nasionale gier te maak.
Joplin verhuis in 1894 na Sedalia, Missouri, en maak 'n bestaan as 'n klavieronderwyser. Daar het hy aan toekomstige ragtime-komponiste soos Arthur Marshall, Scott Hayden en Brun Campbell "ragtime" geleer. Hy het in 1895 musiek begin publiseer. Die publikasie van sy "Maple Leaf Rag" in 1899 het aan hom bekendheid besorg. Hierdie stuk het 'n diepgaande invloed op komponiste van "ragtime" gehad. Dit het ook vir Joplin 'n bestendige inkomste gebring. In 1901 het Joplin na St. Louis verhuis, waar hy voortgegaan het om te komponeer en te publiseer en gereeld opgetree het. In 1903 is die partituur van sy eerste opera, A Guest of Honor, gekonfiskeer —saam met sy besittings— vir nie-betaling van rekeninge (waarskynlik as gevolg daarvan dat hy beroof is). Dit word nou as verlore beskou.[4]
In 1907 het Joplin na New York verhuis om 'n vervaardiger vir 'n nuwe opera te vind. Hy het probeer om verder te gaan as die beperkings van die musikale vorm wat hom beroemd gemaak het, maar sonder veel geldelike sukses. Sy tweede opera, Treemonisha, is nooit volledig tydens sy lewe opgevoer nie. In 1916 het Joplin in demensie verval as gevolg van neurosifilis. In die middel van Januarie 1917 is hy opgeneem in 'n instituut vir kranksinniges, waar hy minder as drie maande later op die ouderdom van agt-en-veertig oorlede is. Joplin se dood het ook die einde van "ragtime" as 'n hoofstroommusiekgenre beteken; oor die volgende paar jaar het dit saam met ander style saamgesmelt in die musiekgenres "stride", jazz, en uiteindelik "swing".
Joplin se musiek is herontdek in die vroeë 1970's met die vrystelling van 'n opname waarvan miljoene eksemplare verkoop is; dit is opgeneem deur Joshua Rifkin.[5] Dit is gevolg deur die 1973-rolprent "The Sting" wat met 'n Oscar bekroon is. Verskeie van Joplin se komposisies word gebruik in die rolprent, met veral sy "The Entertainer" wat uitstaan. Treemonisha is uiteindelik in 1972 in volledige vorm opgevoer.
Keur uit werk
wysig- Antoinette (1906)
- Augustan Club Waltz (1901)
- Bethena (1905)
- Binks' Waltz (1905)
- A Breeze From Alabama (1902)
- Cascades (1904)
- The Chrysanthemum (1904) opgedra aan Freddie Alexander, Joplin se tweede vrou
- Cleopha (1902)
- Combination March (1896)
- Country Club (1909)
- The [Great] Crush Collision March (1896)
- The Easy Winners (1901)
- Elite Syncopations (1902)
- The Entertainer (1902)
- Eugenia (1906)
- Euphonic Sounds (1909)
- The Favourite (1904)
- Felicity Rag (1911) saam met Scott Hayden
- Fig Leaf Rag (1908)
- Gladiolus Rag (1907)
- Harmony Club Waltz (1896)
- Heliotrope Bouquet (1907) saam met Louis Chauvin
- I am thinking of my Pickanniny Days (1901) ná 'n teks deur Henry Jackson
- Kismet Rag (1913) saam met Scott Hayden
- Leola (1905)
- Lily Queen (1907) saam met Arthur Marshall
- Little Black Baby (1903) ná 'n teks deur Louis Armstrong Bristol
- Magnetic Rag (1914)
- Maple Leaf Rag (1899)
- March Majestic (1902)
- The Nonpareil (1907)
- Original Rags (1899) gerangskik deur Chas. N. Daniels
- Palm Leaf Rag (1903)
- Paragon Rag (1909)
- Peacherine Rag (1901)
- A Picture of Her Face (1895)
- Pine Apple Rag (1908)
- Pleasant Moments (1909)
- Please Say You Will (1895)
- The Ragtime Dance (1902)
- The Ragtime Dance (1906)
- Reflection Rag (1917) postuum gepubliseer
- The Rose-bud March (1905)
- Rose Leaf Rag (1907)
- Sarah Dear (1905) ná 'n teks deur Henry Jackson
- School of Ragtime (1908)
- Searchlight Rag (1907)
- Silver Swan Rag (1971) postuum gepubliseer
- Solace (1909)
- Something Doing (1903) saam met Scott Hayden
- Stoptime Rag (1910)
- Scott Joplin's New Rag (1912)
- The Strenuous Life (1902)
- Sugar Cane (1908)
- Sunflower Slow Drag (1901) saam met Scott Hayden
- Swipsey (1900) saam met Arthur Marshall
- The Sycamore (1904)
- Treemonisha (1911)
- Wall Street Rag (1909)
- Weeping Willow (1903)
- When Your Hair Is Like the Snow (1907) ná 'n teks deur "Owen Spendthrift"
Verwysings
wysig- ↑ Berlin, Edward A. (1994). King of Ragtime: Scott Joplin and His Era. Oxford University Press. ISBN 0-19-510108-1.
- ↑ "Perfessor Bill Edwards - Scott Joplin Compositions (1895-1905)". 9 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2013. Besoek op 17 Oktober 2023.
- ↑ Edwards (2008).
- ↑ Berlyn (2012).
- ↑ "Scott Joplin, the once forgotten 'King of Ragtime', has a tragic but hopeful story". Classic FM (in Engels). Besoek op 26 Julie 2023.
Bronne
wysigBoeke
wysig- Blesh, Rudi (1981). "Scott Joplin: Black-American Classicist". In Lawrence, Vera Brodsky (red.). Scott Joplin – Complete Piano Works. New York Public Library. ISBN 0-87104-272-X.
- Berlin, Edward A. (1994). King of Ragtime: Scott Joplin and His Era. Oxford University Press. ISBN 0-19-510108-1.
- Crawford, Richard (2001). America's Musical Life: A History. W. W. Norton & Co. ISBN 0-393-04810-1.
- Curtis, Susan (1999). Christensen, Lawrence O. (red.). Dictionary of Missouri Biography. University of Missouri Press. ISBN 0-8262-1222-0. Besoek op 2 Oktober 2009.
- Curtis, Susan (2004). Dancing to a Black Man's Tune: A Life of Scott Joplin. University of Missouri Press. ISBN 0-8262-1547-5.
- Davis, Francis (1995). The History of the Blues:The Roots, the Music, the People. Hyperion. ISBN 0-306-81296-7.
- Howat, Roy (1986). Debussy in Proportion: A Musical Analysis. Cambridge University Press. ISBN 0-521-31145-4. Besoek op 17 April 2009.
- Jasen, David A.; Trebor Jay Tichenor (1978). Rags and Ragtime: A Musical History. New York: Dover Publications, Inc. p. 88. ISBN 0-486-25922-6.
- Jasen, David A. (1981). "Discography of 78 rpm Records of Joplin Works". In Lawrence, Vera Brodsky (red.). Scott Joplin Complete Piano Works. New York Public Library. ISBN 0-87104-272-X.
- Kirk, Elise Kuhl (2001). American Opera. University of Illinois Press. ISBN 0-252-02623-3.
- Lawrence, Vera Brodsky, red. (1971). Scott Joplin Complete Piano Works. New York Public Library. ISBN 0-87104-242-8.
- Levin, Floyd (2002). Classic Jazz: A Personal View of the Music and the Musicians. University of California Press. ISBN 978-0-520-23463-5.
- McElhone, Kevin (2004). Mechanical Music (2 uitg.). Osprey Publishing. ISBN 0-7478-0578-4. Besoek op 16 April 2009.
- Morath, Max (2005). Kirchner, Bill (red.). The Oxford Companion to Jazz. Oxford University Press. ISBN 0-19-518359-2.
- Philip, Robert (1998). Rowland, David (red.). The Cambridge Companion to the Piano. Cambridge Companions to Music (Illustrated, reprint uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-47986-X. Besoek op 17 April 2009.
- Scott, William B.; Rutkoff, Peter M. (2001). New York Modern: The Arts and the City. Johns Hopkins University Press. ISBN 0-8018-6793-2.
- Ping-Robbins, Nancy R. (1998). Scott Joplin: a guide to research. Psychology Press. ISBN 0-8240-8399-7. Besoek op 20 Maart 2009.
- Siepmann, Jeremy (1998). The Piano: The Complete Illustrated Guide to the World's Most Popular Musical Instrument. Hal Leonard Corporation. ISBN 0-7935-9976-8.
- Ryerson, Bill; Joplin, Scott (1973). Best of Scott Joplin: a Collection of Original Ragtime Piano Compositions. C. Hansen Music and Books. ISBN 0-8494-0581-5.
- Waldo, Terry (1976). This Is Ragtime. New York: Hawthorn Books, Inc. ISBN 0-8015-7618-0.
- Whitcomb, Ian (1986). After the Ball. Hal Leonard Corp. ISBN 0-87910-063-X.
- Williams, Martin, red. (1987). The Smithsonian Collection of Classic Jazz. Smithsonian Institution Press. ISBN 0-393-99342-6.
Webwerwe
wysig- Berlin, Edward A. (1998). "A Biography of Scott Joplin". The Scott Joplin International Ragtime Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2007. Besoek op 14 November 2009.
- Berlin, Edward A. (2012). "Scott Joplin: Brief Biographical Sketch". Edward A. Berlin. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2013. Besoek op 3 April 2012.
- Edwards, "Perfessor" Bill (2008). "Rags & Pieces by Scott Joplin, 1895–1905". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2009. Besoek op 14 November 2009.
- Edwards, "Perfessor" Bill (2010). "'Perfessor' Bill's guide to notable Ragtime Era Composers". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2011. Besoek op 28 Julie 2011.
- ESPER. "Black Heritage Stamp issues". Ebony Society of Philatelic Reflections, Inc. Besoek op 18 November 2019.
- RedHotJazz. "Wilbur Sweatman and His Band". Besoek op 25 Julie 2011.
- St. Louis Walk of Fame. "Inductees to the St. Louis Walk of Fame". St. Louis Walk of Fame. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2012. Besoek op 17 Augustus 2011.
- Piras, Marcello (2017). "Scott Joplin – Silver Swan". Academia.edu. Opgespoor op 5 Februarie 2019.
Tydskrifte
wysig- Albrecht, Theodore (Fall 1979). "Julius Weiss: Scott Joplin's First Piano Teacher". College Music Symposium. 19 (2): 89–105. JSTOR 40374020.
- Anon. (28 September 1974a). "Best Selling Classical LPs". Billboard. p. 61. Besoek op 29 Julie 2011.
- Anon. (18 Mei 1974b). "Hot 100". Billboard. p. 64. Besoek op 5 Augustus 2011.
- Rich, Alan (1979). "Music". New York. No. 24 Desember 1979. p. 81. Besoek op 5 Augustus 2011.
Verdere leesstof
wysig- Due, Tananarive (2005). Joplin's Ghost. New York: Artria Books. ISBN 0-743-44904-5.
- Gioia, Ted (1997). The History of Jazz. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-509081-0.
- MaGee, Jeffrey (1998). "Ragtime and Early Jazz". In David Nicholls (red.). The Cambridge History of American Music. New York: Cambridge University Press. ISBN 0-521-45429-8.
- Palmer, Tony (1976). All You Need Is Love: The Story of Popular Music. Book Club Associates. ISBN 978-0-670-11448-1.
- Hasse, John Edward, red. (1985). Ragtime: Its History, Composers, and Music. New York: Schirmer Books. ISBN 0-02-871650-7 – via Internet Archive.
- Williams, Martin (1959). The Art of Jazz: Ragtime to Bebop. New York: Oxford University Press. ISBN 0-306-80134-5.
Eksterne skakels
wysig- Opname van sy bekende "The Entertainer" op Youtube
- Musiek en media deur Scott Joplin op die International Music Score Library Project
- Texas Stat Historical Association – Biografie van Scott Joplin (in Engels)
- The Scott Joplin International Ragtime Foundation (in Engels)
- Joplin at St. Louis Walk of Fame Geargiveer 25 November 2018 op Wayback Machine (in Engels)
- The Easy Winners & Other Rag-Time Music of Scott Joplin geranskik vir viool en klavier, gespeel deur Itzhak Perlman en André Previn