Mendi
Die Mendi was 'n troepskip wat vergaan het op 21 Februarie 1917. Die skip het behoort aan die Elder-Dempster-redery. Sy het gesink nadat sy gebots het met die SS Darro om 05:00 die oggend. Dit veroorsaak 'n gat van 20m by 20m aan die stuurboordkant. Daar was 'n groot aantal nie-blanke Suid-Afrikaanse soldate van die Native Labour Corps aan boord waarvan nagenoeg 805 dood is. Dit is merkwaardig dat die nuus die afgeleë krale bereik het dae voordat die amptelike verslag per kabel ontvang was. Die ongeluk het gebeur naby die Eiland Wight in die Engelse Kanaal.
Bronne
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Beeld. SA kry simbool ná ramp. 6 Junie 2012.
- Rapport. SS Mendi se storie herleef. 26 Februarie 2017.