Eiland Wight
Eiland Wight | |
---|---|
Vlag Wapen |
Ligging in Engeland |
Seremoniële graafskap Eiland Wight | |
Hoofstad | Newport |
Oppervlakte | 384 km² |
Bevolking | 138 400 (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 364 inw./km² |
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap | |
Streek | Eiland Wight |
Administratiewe setel | Newport |
ISO 3166-2: | GB-IOW |
Oppervlakte | 380,2 km² |
Bevolking | 138 400 (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 364 inw./km² |
Webtuiste | www.iwight.com |
Distrikte en Unitêre owerhede | |
Geen |
Die Eiland Wight (Engels: Isle of Wight) is ’n Engelse Kanaaleiland en graafskap sowat 8 km van die suidkus van die vasteland. Dit word van die vasteland geskei deur ’n seestraat genaam die Solent. Die eiland is sedert die Victoriaanse tydperk gewild as vakansiebestemming. Dit is bekend vir sy natuurskoon en seiljagvaart.
Die eiland het ’n ryk geskiedenis, onder andere ’n kort tydperk as ’n onafhanklike koninkryk in die 15de eeu. Dit was die tuiste van die digter Alfred lord Tennyson, en koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk het haar geliefde somerwoning, Osborne House, daar laat bou. Sy is op 22 Januarie 1901 daar oorlede.
Klimaat
wysigAs een van die mees suidelike streke van die Verenigde Koninkryk het die eiland ’n warmer klimaat as die meeste ander dele. Dit het tot gevolg dat dit ’n gewilde toeriste-bestemming is, veral die oorde in die suidooste van die eiland. Dit het ook ’n langer groeiseisoen as die meeste dele van die VK.[1]
Jan | Feb | Mrt | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Gem. maksimum (°C) | 8 | 8 | 10 | 13 | 16 | 19 | 22 | 21 | 19 | 15 | 11 | 9 |
Gem. minimum (°C) | 1 | 1 | 2 | 3 | 7 | 9 | 11 | 11 | 9 | 7 | 3 | 2 |
Gem. (°C) | 4 | 4 | 6 | 8 | 11 | 14 | 16 | 16 | 14 | 11 | 7 | 5 |
Gem. reënval (mm) | 89 | 61 | 66 | 48 | 56 | 53 | 41 | 56 | 66 | 79 | 84 | 89 |
Grootste dorpe
wysig- Newport, die hoofstad van die Eiland Wight.
- Ryde, die eiland se tweede grootste dorp met ’n bevolking van sowat 30 000.
- Cowes, waar die bekende Cowes-week elke jaar plaasvind en ’n gewilde internasionale seiljag-sentrum.
- Sandown, nog ’n gewilde toeriste-oord aan die kus.
- Shanklin, net suid van Sandown, met sy sanderige strande.
Verwysings
wysig- Hansard, Woensdag 14 November 2001 kolom 850
- Isle of Wight County Press[2]
- ↑ http://uk.weather.com/weather/climatology/UKXX1881 Klimaatstatistiek
- ↑ http://www.iwcp.co.uk/
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Isle of Wight. |
- (en) Amptelike webwerrf
- Gids vir die Eiland Wight
- Eiland Wight-raad Geargiveer 2 Augustus 2004 op Wayback Machine
- Amptelike toerisme-webwerf
- Eiland Wight-fees
- Weerstasie
- Pers
- Radio
- VentnorBlog
- Foto's Geargiveer 7 Augustus 2011 op Wayback Machine