7 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
7 Januarie is die sewende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 358 dae in die res van die jaar (359 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1545 – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) word referendaris van die tribunaal van die Apostoliese hof vir geregtigheid en genade.
- 1566 – Pous Pius V volg Pous Pius IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1608 – Brande verwoes Jamestown, Virginië.
- 1610 – Galileo Galilei se waarnemings onthul vir die eerste keer die vier grootste mane van Jupiter: Kallisto, Europa, Ganumedes en Io. Hy gee aan elk 'n naam en die vier staan dus bekend as die Galileaanse mane.
- 1765 – Pous Clemens XIII publiseer "Apostolicum Pacendi" – Verdediging van die Jesuïte.
- 1782 – Bank of North America, die eerste kommersiële Amerikaanse bank, word geopen.
- 1785 – Jean-Pierre Blanchard van Frankryk en Amerikaner John Jeffries reis vanaf Dover, Engeland, na Calais, Frankryk, in 'n lugballon.
- 1797 – Die moderne Italiaanse vlag word vir die eerste keer gebruik.
- 1875 – Die Tünel, die tweede oudste ondergrondse stedelike spoorlyn word ingewy in Istanboel.
- 1927 – Die eerste transatlantiese telefoonoproep word gemaak - New York (Stad) na Londen.
- 1940 – Tydens die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie kom die Sweedse Vrywilligerlugmag te staan teen 12 vegvliegtuie, 5 bomwerpers en 8 ander vliegtuie.
- 1953 – Amerikaanse president Harry S. Truman kondig aan dat die Verenigde State 'n waterstofbom ontwikkel het.
- 1959 – Amerika erken die nuwe Kubaanse regering van Fidel Castro.
- 1980 – Amerikaanse president Jimmy Carter bekragtig wetgewing wat $1.5 miljard in lenings toelaat om Chrysler Corporation uit hul finansiële verknorsing te help.
Geboortes
wysig- 1502 – Pous Gregorius XIII (Ugo Boncompagni), 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1585).
- 1800 – Millard Fillmore, 13de President van die Verenigde State († 1874).
- 1837 – Thomas Henry Ismay, Britse skeepsmagnaat, stigter van die White Star Line († 1899).
- 1905 – Coert Steynberg, Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper († 1982).
- 1917 – Sarel Jacob Pretorius, Afrikaanse digter († 1995).
- 1934 – Hendrik Witbooi, Namibiese politikus en die sewende kaptein van die ǀKhowesin-stam († 2009).
- 1948 – Ichirō Mizuki, Japannese sanger, komponis en filmakteur († 2022).
- 1952 – Jurinus Janse van Rensburg, voormalige Suid-Afrikaanse Geneesheer-generaal.
- 1957 – Ivan Glasenberg, Suid-Afrikaanse besigheidsman en multimiljardêr.
- 1959 – Peter Mokaba, ANC-politikus († 2002).
- 1963 – Rand Paul, Amerikaanse Republikeinse junior senator vir Kentucky.
- 1964 – Nicolas Cage, Amerikaanse akteur.
- 1966 – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse bokser († 2012).
- 1967 – Nick Clegg, Britse politikus.
- 1967 – Irrfan Khan, Indiese akteur († 2020).
- 1977 – Sofi Oksanen, Fins-Estniese skryfster en dramaturg.
- 1984 – Ran Danker, Amerikaanse akteur.
- 1985 – Lewis Hamilton, Britse Formule Een-renjaer, sewemalige wêreldkampioen.
- 1991 – Caster Semenya, Suid-Afrikaanse atleet.
Sterftes
wysig- 1451 – Amadeus VIII, hertog van Savoje ook Teenpous Felix V (*1383).
- 1536 – Catharina van Aragon, Koningin van Engeland en eerste vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1485).
- 1655 – Pous Innocentius X, 236ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1574).
- 1814 – Ira Allen, een van die stigtervaders van die Amerikaanse deelstaat Vermont (* 1751)
- 1818 – Karl Heinrich Bergius, Suid-Afrikaanse apteker en natuurkenner van Duitse herkoms (* ~1790).
- 1882 – Ignacy Łukasiewicz, Poolse chemikus en pionier in die oliebedryf (* 1822).
- 1943 – Nikola Tesla, Oostenryks-gebore Amerikaanse uitvinder, fisikus en ingenieur (* 1856).
- 1968 – Prof. J.L.B. Smith, Suid-Afrikaanse igtioloog wat die Selakant geïdentifiseer het (* 1897).
- 1989 – Hirohito, Japannese keiser (* 1901).
- 1990 – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1927).
- 2000 – Bob McFadden, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 2007 − Magnus Magnusson, Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder (* 1929).
- 2008 – Alwyn Schlebusch, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman (* 1917).
- 2015 – Rod Taylor, Australiese akteur (* 1930).
- 2019 – John Joubert, Suid-Afrikaanse komponis en akademikus (* 1927).
- 2024 – Franz Beckenbauer, Duitse sokkerspeler en bestuurder (* 1945).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 7 January. |