Igtiologie
(Aangestuur vanaf Igtioloog)
Igtiologie is die wetenskap wat gemoeid is met die studie van visse. Die woord is afgelei van Grieks: ἰχθύς, ikhthus, "vis"; en λόγος, logos, "leer of studie".
'n Igtioloog is dus 'n viskenner.
Meer as 32 000 vissoorte is al beskryf. Dit is meer as die soorte reptiele, amfibieë, voëls en soogdiere saam.
Suid-Afrikaanse igtioloë
wysigEen van Suid-Afrika se bekendste igtioloë is prof. James Smith wat die selakant geïdentifiseer en geklassifiseer het. Ander is Phil Heemstra, wat in Suid-Afrikaanse seevisse spesialiseer, en Paul Skelton, wat in Afrika se varswatervissse spesialiseer.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Igtiologie.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir igtiologie.