Lys van Suider-Afrikaanse varswatervisfamilies
Wikimedia lysartikel
(Aangestuur vanaf Lys van varswater visfamilies)
Hier is 'n tabel met al die varswatervisfamilies wat in damme, riviere en mere in Suider-Afrika voorkom. Dit sluit al die riviere noordwaarts tot by die Kunene- en Zambeziriviere in. Van die families het spesies wat ook in die see voorkom.
Nommer | Familie | Beskrywing |
---|---|---|
1 | Alestidae | Tiervis |
2 | Amphiliidae | Bergbabers |
3 | Anabantidae | Labirinte |
4 | Anguillidae | Varswaterpalings |
5 | Aplocheilidae | Kuilvissies |
6 | Austroglanididae | Klipbabers |
7 | Centrarchidae* | Baars & Sonvisse |
8 | Characidae | Karasinne - tiervis en 'rowers' |
9 | Cichlidae | Varswaterkurper |
10 | Clariidae | Babers wat lug inasem |
11 | Claroteidae | |
12 | Cyprinidae | Karp, geelvis, moddervisse en ghieliemientjies |
13 | Distichodontidae | Sitarine |
14 | Galaxiidae | Kaapse Galaxias |
15 | Hepsetidae | Greepvis |
16 | Kneriidae | Skulpoortjies |
17 | Malapteruridae | Elektriese babers |
18 | Mastacembelidae | Stekelpalings |
19 | Mochokidae | Skreeubabers & Suierbekkies |
20 | Mormyridae | Bottelneuse |
21 | Poeciliidae | Lampogies |
22 | Protopteridae | Longvisse |
23 | Schilbeidae | Botterbabers |
* Hierdie familie kom nie natuurlik in Afrika voor nie, maar is ingevoer.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1