Familie (biologie)
Familie (Latyn: familia, meervoud familiae) is 'n rangorde in die taksonomie, oftewel wetenskaplike klassifikasie, tussen orde en genus. Die 'familie' is die mees belangrike rangorde in die klassifikasie, naas 'spesie' en 'genus'.
Geskiedenis van die begrip
wysigDie familiebegrip is van redelik onlangse oorsprong in klassifikasie. Die Franse plantkundige Pierre Magnol het die Latynse woord in 1689 vir die eerste keer in hierdie konteks gebruik, toe hy 76 plantgroepe in families onderverdeel het. Carolus Linnaeus het 62 jaar later ook die Latynse woord benut om plante in hoofgroepe te onderskei, naamlik bome, kruie, varings, palmbome ensovoorts. Die woord in sy moderne betekenis, as 'n rangorde tussen orde en genus, is in 1796 vir die eerste keer deur Pierre André Latreille gebruik, as deel van sy klassifikasiestelsel vir insekte. In die laasgenoemde opsig het dit eers in die afgelope honderd jaar in algemene gebruik gekom.
Agtervoegsels van die familie
wysigIn die taksonomie-sisteem het die familiewoord in Latyn tipiese agtervoegsels, om dit te kan onderskei as 'n familie-verwante woord. Dit is as volg:
Sien ook
wysigBron
wysigVertaal vanaf die artikel Family (biology) op die Engelse Wikipedia, en vanaf eie bronne.