12 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
12 Januarie is die twaalfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 353 dae in die res van die jaar (354 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1199 – Pous Innocentius III verklaar Homobonus, ’n handelaar uit Cremona, heilig.
- 1643 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale.
- 1660 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale.
- 1682 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word biskop van Faenza.
- 1746 – Pous Benedictus XIV publiseer Urbem Romanam oor die bestuur van die stad Rome.
- 1858 – Die skool Gimnasium word in die Paarl gestig.
- 1904 – Die Herero-oorlog (1904-1908) breek in Duits-Suidwes-Afrika uit. Die Herero's kom in opstand teen Duitse koloniale oorheersing. Driekwart van die Hererobevolking word uitgewis en 'n groot aantal Duitsers verloor hul lewens.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse magte val Duits-Suidwes-Afrika by Ramansdrift in.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Rooi Leër begin 'n reuse-offensief aan die Oostelike Front wat die Duitse linies by Vistula breek en die weg baan vir die oorwinning van Berlyn.
- 1964 – Die Zanzibar-rewolusie het in die Sultanaat van Zanzibar plaasgevind.
- 1987 – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur, begin sy ampstermyn in Nederland.
- 2010 – ’n Aardbewing van 7,0 op die Richterskaal vernietig die Haitiaanse hoofstad Port-au-Prince grotendeels met sterftes tussen 220 000 en 500 000.
Geboortes
wysig- 1580 – Jan van Helmont, Vlaamse chemikus, fisioloog en medikus († 1644)
- 1729 – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus († 1797)
- 1854 – Henry Bale, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1910).
- 1856 – John Singer Sargent, Amerikaanse skilder († 1925).
- 1865 – Jan F.E. Celliers, Afrikaanse skrywer, dramaturg en digter († 1940).
- 1876 – Jack London, Amerikaanse skrywer, joernalis en sosiale aktivis († 1916).
- 1893 – Hermann Göring, Duitse politieke en militêre leier († 1946)
- 1900 – Siegfried Schürenberg, Duitse akteur († 1993).
- 1906 – Emmanuel Levinas, Franse filosoof († 1995).
- 1916 – Pieter Willem (P.W.) Botha, Suid-Afrikaanse politikus, agste Eerste Minister (1978–1984) en sesde Staatspresident van Suid-Afrika (1984–1989) († 2006).
- 1925 – Katherine MacGregor, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1940 – Bob Hewitt, Australiese en Suid-Afrikaanse beroepstennisspeler.
- 1945 – Dawid Swart, Suid-Afrikaanse akteur († 2022).
- 1951 – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en skryfster († 2022).
- 1964 – Jeff Bezos, Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat.
- 1971 – Venessa Schoeman, Suid-Afrikaanse dieetkundige en lewenstylredakteur.
- 1987 – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1991 – Pixie Lott, Engelse aktrise.
Sterftes
wysig- 1519 – Maksimiliaan I, Heilige Romeinse Keiser (* 1459)
- 1537 – Lorenzo di Credi, Italiaanse skilder en beeldhouer (*c. 1459).
- 1665 – Pierre de Fermat, Franse Wiskundige (* 1601 of 1606/7).
- 1666 – Ds. Joan van Arckel eerste dominee in NGK (* 1640).
- 1936 – Frederick Charles Kolbe, 'n Suid-Afrikaanse Katolieke filosoof, digter, skrywer en plantkundige (* 1854).
- 1943 – Jan Campert, Nederlandse joernalis, digter en skrywer (* 1902).
- 1976 – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890).
- 1977 – M.S.B. Kritzinger, Afrikaanse letterkundige en leksikograaf (* 1896)
- 1981 – Isobel Elsom, Engelse aktrise (* 1893)
- 1988 – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus (* 1925).
- 2005 – Merwe Scholtz, Afrikaanse letterkundige, taalwetenskaplike, skrywer en digter (* 1924)
- 2020 – Aart Staartjes, 'n Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker (* 1938).
- 2023 – Gerrie Coetzee, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldswaargewigbokskampioen (* 1955).
- 2023 – Frene Ginwala, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (oudspeaker van die Nasionale Vergadering) (* 1932).
- 2023 – Piet de Jager, Afrikaanse regsgeleerde, wat veral bekendheid verwerf as rolprentmaker en digter (* 1953).
- 2023 – Paul Johnson, Engelse joernalis, geskiedkundige en skrywer (* 1928).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 12 January. |