Edmund Burke
Edmund Burke (Dublin, 12 Januarie 1729 – Beaconsfield, 9 Julie 1797) was 'n Ierse filosoof en politikus. Hy word as die grondlegger van die moderne konserwatisme beskou.
Edmund Burke | |
Betaalmeester van die leërs
| |
Ampstermyn 1782 – 1782 | |
Voorafgegaan deur | Richard Rigby |
---|---|
Opgevolg deur | Isaac Barré |
Ampstermyn 1783 – 1783 | |
Voorafgegaan deur | Isaac Barré |
Opgevolg deur | William Grenville |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Dublin, Ierland | 12 Januarie 1729
Sterf | 9 Julie 1797 (op 68) Beaconsfield, Buckinghamshire, Koninkryk van Groot-Brittanje |
Biografie
wysigDie Ierse Burke gaan in 1750 na Londen om 'n juris te word. Maar die regswetenskap bevredig hom nie. Edmund Burke skryf in 1757 'n Filosofiese ondersoek na die oorsprong van ons denkbeelde oor die sublieme en die skone. In die ondersoek stel hy dat skoonheid en oorweldiging skaars teenpole is. Hy voorsien formele kenmerke van wat mense as mooi ervaar (bv. relatief klein, geleidelyke en harmonieuse, nie onmiddelike oorgang, gladde oppervlakte). Die sublieme word gekenmerk deur die vermoeë om sterk emosies op te wek as gevolg van blootstelling aan beelde of idees van pyn, dood, gevaar en verskrikking (byvoorbeeld natuurrampe) wat op 'n vreemde manier ook aangenaam en selfs genotvol kan wees. In sy studie ondersoek Burke, onder andere, hoe so iets moontlik is.
Hy begin politieke artikels te skryf vir die dan net gestigte tydskrif The Annual Register. Burke sou self ook in die politiek deelneem as lid van die Whig-party. In 1765 word hy lid van die Britse Laerhuis. Burke druk sy stempel af op talle van politieke kwesies in sy tyd. Burke bestry heftig die verligting en die Franse Rewolusie wat hy plaas teenoor die Engelse Glorieryke Rewolusie en die Amerikaanse Rewolusie plaas.
Burke sien die rol van die staat ten opsigte van die samenlewing veral as die van 'n tuinman tot sy tuin. Die tuinman se taak is om die tuin te onderhou. Vanuit sy nadruk op die belang van geskiedenis en tradisie, pleit hy vir gematigde en behoedsame hervormings. Progressiewe en rewolusionêre sien Burke as boukundiges wie se doel voortdurend aan die hand van bloudrukke en utopieë verander word. Burke wys die utopiese radikalisme absoluut van die hand. Hy voorspel in sy Reflections on the Revolution in France (1790) dat die Franse Rewolusie op 'n diktatoriale skrikbewind sou uitloop. Onder leiding van Maximilien Robespierre ontwikkel die Franse Rewolusie inderdaad in so 'n rigting. Burke noem dit as voorbeeld van hoe verligtingsdenke kan aanleiding gee tot totalitêre politiek.
Bronne
wysig- Conor Cruise O'Brien, The Great Melody. A Thematic Biography of Edmund Burke, 1992. ISBN 9780749397210
- Andreas Kinneging, Paul De Hert en Maarten Colette (eds.), Burke, 2017. ISBN 9789057186240
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Edmund Burke.