Bob Hewitt
Robert Anthony John "Bob" Hewitt (gebore 12 Januarie 1940 in Dubbo (NSW), Australië) is 'n voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het in 1967 Suid-Afrikaanse burgerskap verkry nadat hy met 'n Suid-Afrikaner getroud is.[2]
Bob Hewitt in 1967 | ||
Volle naam | Robert Anthony John Hewitt | |
---|---|---|
Land | Australië Suid-Afrika | |
Woonplek | Oos-Kaap, Suid-Afrika | |
Geboortedatum | 12 Januarie 1940 | |
Geboorteplek | Dubbo, Nieu-Suid-Wallis, Australië | |
Lengte | 1,91 m | |
Begin professioneel | 1970 (amateur-toer vanaf 1958) | |
Afgetree | 1983 | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou) | |
Loopbaan-wengeld | $613 837 | |
Int. Tennisheldesaal | 1992 (opgeskort in 2012) | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 243–170 (Ope-tydperk) | |
Loopbaantitels | 7 | |
Hoogste rang | No. 6 (1967, Lance Tingay)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | HE (1960, 1962, 1963) | |
Franse Ope | 4R (1961, 1963, 1964, 1965, 1967) | |
Wimbledon | KE (1962, 1964, 1966) | |
VSA-Ope | KE (1967) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | RR (1972) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 481–124 | |
Loopbaantitels | 65 | |
Australiese Ope | W (1963, 1964) | |
Franse Ope | W (1972) | |
Wimbledon | W (1962, 1964, 1967, 1972, 1978) | |
VSA-Ope | W (1977) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | 6 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | W (1961) | |
Franse Ope | W (1970, 1979) | |
Wimbledon | W (1977, 1979) | |
VSA-Ope | W (1979) |
Hewitt se grootste prestasie is die titels wat hy tydens die Grand Slam-toernooie inpalm het, beide in die mans- en gemengde-dubbelspel (Amerikaanse Ope, Wimbledon, Australiese Ope en Franse Ope).[2] Hy het ook 'n groot aandeel in die Davisbekertitel wat Suid-Afrika in 1974 gewen het gehad (die enigste tot dusver). Die oorwinning was omstrede, omdat Indië die eindstryd geboikot het.
Oor sy loopbaan het hy 7 titels in enkelspel en 65 in die dubbelspel gewen.[2] In 1967 is hy as die 6de beste speler deur Lance Tingay van The Daily Telegraph geag.[1] Hy is in 1992 in die Internasionale Tennisheldesaal vereer, maar hy word in November 2012 daaruit geskors na bewerings en ondersoeke rakende seksuele wangedrag teenoor die studente wat hy afgerig het.
Hewitt is op 18 Mei 2015 (op 75-jarige ouderdom) in Pretoria tot 6 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding in sy jonger lewe skuldig bevind is.[3][4]
Hewitt is in April 2020 op parool vrygelaat. Hewitt het drie jaar, ses maande en 22 dae van sy ses jaar vonnis uitgedien.[5]
Vroeë lewe
wysigHewitt is in Dubbo, 400 kilometer wes van Sydney, Australië gebore.[6] In die 1970's verhuis hy en sy Suid-Afrikaanse vrou Dalaille (née Nicholas) na Johannesburg, Suid-Afrika.[7] Hy is tans 'n Suid-Afrikaanse burger.[8]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) United States Lawn Tennis Association (1972). Official Encyclopedia of Tennis (First Edition), bl. 428.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 (en) Grasso, John (2011). "Hewitt, Robert Anthony John "Bob"". Historical Dictionary of Tennis. Historical Dictionaries of Sports. Scarecrow Press. bl. 135–136. ISBN 978-0-8108-7237-0.
- ↑ "Bob Hewitt tot tronkstraf gevonnis". Maroela Media. 18 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 25 Oktober 2019.
- ↑ "Geen parool vir Bob Hewitt". Maroela Media. 25 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020. Besoek op 25 Oktober 2019.
- ↑ "Convicted rapist Bob Hewitt released on parole". News24 (in Engels). 24 April 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 26 Mei 2020.
- ↑ South African Panorama. South African Information Service. 1973.
- ↑ Bud Collins; Zander Hollander (1994). Bud Collins' Modern Encyclopedia of Tennis. Visible Ink Press. ISBN 978-0-8103-9443-8.
- ↑ John Grasso (2011). Historical Dictionary of Tennis. Scarecrow Press. p. 135. ISBN 978-0-8108-7237-0.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bob Hewitt.
- Hewitt se ATP-profiel
- ITF-profiel
- Davisbeker-profiel