Corrie Sanders
Corrie Sanders (7 Januarie 1966 - 23 September 2012) was 'n Suid-Afrikaanse professionele bokser. In 2003 word hy die WBO-swaargewigkampioen deur Wladimir Klitschko in die tweede rondte uit te slaan. Dit word as een van die grootste opskuddings in die geskiedenis van swaargewig boks beskou. Hiervoor is hy deur Ring Magazine vir die "upset of the year" bekroon. Sanders het in 2008 met 'n indrukwekkende rekord van 42 oorwinnings en slegs vier nederlae uitgetree.
Corrie Sanders | |
Statistiek | |
---|---|
Geboortenaam | Cornelius Johannes Sanders |
Bynaam(e) | Die skerpskutter |
Gewigklas | Swaargewig |
Lengte | 1.93 m |
Armlengte | 196 cm |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Geboorte | 7 Januarie 1966 Pretoria |
Sterfte | 23 September 2012 (op 46) Pretoria |
Boksrekord | |
Totale gevegte | 46 |
Oorwinnings | 42 |
Oorwinnings met uitklophou | 31 |
Verloor | 4 |
Gelykop | 0 |
Geen wedstryd | 0 |
Sy dood
wysigSanders is op die Saterdagaand van 22 September 2012 by 'n restourant gewond tydens ’n gewapende roof buite Brits in die Noordwes. Hy is in die arm en maag geskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het deur sy liggaam as 'n skild te gebruik. Hy het later aan sy wonde beswyk nadat 2 hospitale hom weggewys het.[1][2]
Professionele boksrekord
wysig42 Wenne (31 uitgeslaan, 11 beslissings), 4 Verloor (4 uitgeslaan, 0 beslissings), 0 Gelykop[3] | |||||||
Resultaat | Rekord | Opponent | Tipe | Rondtes | Datum | Plek | Notas |
Verloor | 42–4 | Osborne Machimana | KO | 1 (12) | 2 Februarie 2008 | Emperor's Palace, Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika | Vir die Suid-Afrikaanse swaargewigtitel. |
Wen | 42–3 | Daniel Bispo | UD | 10 | 12 Mei 2007 | Emperor's Palace, Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika | Sanders beseer sy linkerhand in die eerste rondte. |
Wen | 41–3 | Colin Wilson | TKO | 2 (10) | 24 November 2006 | Convention Centre, Mafikeng, Noordwes, Suid-Afrika | |
Wen | 40–3 | Alexey Varakin | KO | 2 (8) | 14 Desember 2004 | Freizeit Arena, Soelden, Oostenryk | Varakin twee keer plat geslaan in beide die 1ste en 2de rondte. |
Verloor | 39–3 | Vitali Klitschko | TKO | 8 (12) | 24 April 2004 | Staples Center, Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State | Vir vakante WBC Swaargewig-titel. |
Wen | 39–2 | Wladimir Klitschko | TKO | 2 (12) | 8 Maart 2003 | Preussag Arena, Hannover, Nedersakse, Duitsland | Wen WBO swaargewigtitel. Word deur "The Ring"-tydskrif as "upset of the year" aangewys. Klitschko 4 keer grond toe, twee keer in rondte 1, en twee keer in rondte 2. |
Wen | 38–2 | Otis Tisdale | TKO | 2 (10) | 9 November 2002 | Coca-Cola Center, Oklahoma City, Oklahoma, Verenigde State | |
Wen | 37–2 | Michael Sprott | TKO | 1 (8) | 3 November 2001 | Carnival City, Brakpan, Gauteng, Suid-Afrika | |
Verloor | 36–2 | Hasim Rahman | TKO | 7 (12) | 20 Mei 2000 | Bally's Park Place Hotel Casino, Atlantic City, New Jersey, Verenigde State | Verloor WBU Swaargewig-titel. |
Wen | 36–1 | Alfred Cole | TKO | 1 (12) | 19 Februarie 2000 | Carnival City, Brakpan, Gauteng, Suid-Afrika | Behou WBU swaargewigtitel. |
Wen | 35–1 | Jorge Valdes | TKO | 1 (12) | 2 Julie 1999 | Whitchurch Leisure Centre, Bristol, Avon, England, Verenigde Koninkryk | Behou WBU swaargewigtitel. |
Wen | 34–1 | Bobby Czyz | TKO | 2 (12) | 12 Junie 1998 | Mohegan Sun Casino, Uncasville, Connecticut, Verenigde State | Behou WBU swaargewigtitel. |
Wen | 33–1 | Ross Puritty | UD | 12 | 15 November 1997 | Carousel Hotel & Casino, Temba, Noordwes, Suid-Afrika | Wen vakante WBU swaargewigtitel. |
Wen | 32–1 | Arthur Weathers | TKO | 1 (10) | 7 Februarie 1997 | Hilton Hotel, Las Vegas, Nevada, Verenigde State | Beide boksers planke toe. |
Wen | 31–1 | Olian Alexander | TKO | 2 (10) | 12 September 1996 | Huntington Hilton Hotel, Melville, New York, Verenigde State | |
Wen | 30–1 | Sean Hart | TKO | 2 (10) | 20 Augustus 1996 | MSG Theater, New York, Verenigde State | |
Wen | 29–1 | Curtis Shepard | KO | 1 (10) | 20 Julie 1996 | Morula Sun, Mabopane, Noordwes, Suid-Afrika | |
Wen | 28–1 | Keith Fletcher | KO | 4 (10) | 26 Januarie 1996 | Brighton, Sussex, England, Verenigde Koninkryk | |
Wen | 27–1 | James Pritchard | TKO | 4 (10) | 5 Augustus 1995 | Lujan Building, Albuquerque, Nieu-Meksiko, Verenigde State | |
Wen | 26–1 | Nikolay Kulpin | UD | 10 | 1 April 1995 | Superbowl, Sun City, Noordwes, Suid-Afrika | |
Wen | 25–1 | Garing Lane | PTS | 8 | 24 September 1994 | Wembley Arena, Wembley, Londen, England, Verenigde Koninkryk | |
Wen | 24–1 | Carlos De Leon | TKO | 1 (10) | 13 Augustus 1994 | Convention Hall, Atlantic City, New Jersey, Verenigde State | |
Verloor | 23–1 | Nate Tubbs | KO | 2 (10) | 21 Mei 1994 | Carousel Hotel & Casino, Temba, Noordwes, Suid-Afrika | |
Wen | 23–0 | Mike Williams | KO | 1 (10) | 19 Maart 1994 | Carousel Hotel & Casino, Temba, Bophuthatswana | |
Wen | 22–0 | Marshall Tillman | TKO | 6 (10) | 5 Februarie 1994 | The Aladdin, Las Vegas, Nevada, Verenigde State | |
Wen | 21–0 | Levi Billups | KO | 1 (10) | 6 November 1993 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 20–0 | George Stephens | TKO | 1 (10) | 4 September 1993 | Las Vegas, Nevada, Verenigde State | |
Wen | 19–0 | Bert Cooper | TKO | 3 (10) | 6 Junie 1993 | Resorts International, Atlantic City, New Jersey, Verenigde State | |
Wen | 18–0 | Matthew Brooks | TKO | 1 (10) | 17 April 1993 | Arco Arena, Sacramento, Kalifornië, Verenigde State | |
Wen | 17–0 | Johnny Nelson | UD | 10 | 24 Oktober 1992 | Morula Sun, Mabopane, Bophuthatswana | |
Wen | 16–0 | Mike Evans | UD | 10 | 22 Augustus 1992 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 15–0 | Mike Dixon | PTS | 8 | 9 Mei 1992 | Mirage Hotel & Casino, Las Vegas, Nevada, Verenigde State | |
Wen | 14–0 | Anthony Wade | UD | 10 | 22 Februarie 1992 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 13–0 | Art Card | TKO | 1 (10) | 23 November 1991 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 12–0 | Mike Rouse | UD | 10 | 28 September 1991 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 11–0 | Johnny du Plooy | KO | 1 (12) | 27 Julie 1991 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | Wen vakante Suid-Afrikaaanse swaargewigtitel. |
Wen | 10–0 | Steve Gee | TKO | 4 (8) | 6 April 1991 | Dolphin Centre, Darlington, County Durham, England, Verenigde Koninkryk | |
Wen | 9–0 | Steve Zouski | UD | 8 | 8 November 1990 | Biloxi, Mississippi, Verenigde State | |
Wen | 8–0 | Moses Mthama | TKO | 1 (6) | 4 Augustus 1990 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 7–0 | Jorge Vilchis | KO | 1 (8) | 23 Mei 1990 | First National Bank Arena, Durban, Natal, Suid-Afrika | |
Wen | 6–0 | Weaver Qwabe | TKO | 1 (8) | 29 Maart 1990 | Portugese Saal, Johannesburg, Transvaal, Suid-Afrika | |
Wen | 5–0 | Samson Mahlangu | TKO | 3 (6) | 9 September 1989 | Morula Sun, Mabopane, Bophuthatswana | |
Wen | 4–0 | Gideon Hlongwa | TKO | 3 (6) | 5 Augustus 1989 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 3–0 | David Malatsi | TKO | 1 (4) | 27 Mei 1989 | Superbowl, Sun City, Bophuthatswana | |
Wen | 2–0 | Prince Tukane | PTS | 4 | 24 April 1989 | Goodwood Skougronde, Kaapstad, Kaapprovinsie, Suid-Afrika | |
Wen | 1–0 | King Kong Dyubele | TKO | 1 (4) | 2 April 1989 | Goeie Hoop-sentrum, Kaapstad, Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Verwysings
wysig- ↑ Oud-bokskampioen in maag geskiet; sterf, Nuus24, 23 September 2012
- ↑ Corrie Sanders sterf agv 2 hospitale wat hom wegwys[dooie skakel], PRAAG, 24 September 2012
- ↑ "boxrec.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 23 September 2012.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste Geargiveer 1 Oktober 2012 op Wayback Machine