Maak hoofkeuseskerm oop

Caster Semenya

Suid-Afrikaanse middelafstandatleet
Semenya tydens die Olimpiese Spele van 2012 in Londen

Mokgadi Caster Semenya[1] OIB (* Ga-Masehlong, naby Polokwane, 7 Januarie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse middelafstandatleet wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie baanitem Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword.

Op 6 Julie 2010 het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) toestemming verleen dat sy weer teen vroueatlete mag deelneem, na uitgerekte spekulasie oor haar geslag.[2] Sy wen haar eerste wedloop na haar hertoetrede toe sy op 15 Julie 2010 gemaklik met 'n tyd van 2:04.22 by die Lappeenranta-spele in Finland wen.[3]

Tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 wen sy 'n silwermedalje in die 800 m-wedloop. Semenya het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[4]

Op 20 Augustus 2016 volg sy dit op met 'n goue medalje in die 800 m-wedloop by die Olimpiese Spele van 2016 in Rio de Janeiro, in 'n tyd van 1:55.28.[5]

TitelsWysig

  • Olimpiese kampioen 800 m – 2016
  • Afrikakampioen 800 m – 2015
  • Wêreldkampioen 800 m – 2009
  • Suid-Afrikaanse kampioen 800 m – 2009
  • Afrika Jeugkampioen 800 m – 2009
  • Afrika Jeugkampioen 1500 m – 2009

MedaljesWysig

Internasionale medaljes
Datum Kompetisie Plek Uitslag Item
2009 Wêreldatletiekkampioenskap Berlyn 1ste 800 m
2011 Wêreldatletiekkampioenskap Daegu 2de 800 m
2012 Olimpiese Somerspele 2012 Londen Goud 800 m
2015 Afrika-atletiekkampioenskap Brazzaville 1ste 800 m
2016 Olimpiese Somerspele 2016 Rio de Janeiro Goud 800 m

Persoonlike rekordsWysig

Item Prestasie Datum Plek
400 m 52,54 s 26 Maart 2011 Germiston
600 m 1.25,56 13 Junie 2012 Turku
800 m 1.55,28 (nasionale rekord) 20 Augustus 2016 Rio de Janeiro
1500 m 4.08,01 2 Augustus 2009 Bambous

Persoonlike lewe en eerbetoningsWysig

Semenya het tydens die Vryheidsdag op 27 April 2014 die Orde van Ikhamanga in brons ontvang.[6]

VerwysingsWysig

  1. Geboortecertificaat op BBC News
  2. IAAF: Semenya mág as vrou deelneem, Nuus24, besoek op 13 Julie 2010.
  3. Semenya wen eerste wedloop, Nuus24, besoek op 15 Julie 2010.
  4. (en) "Caster Semenya rightly chosen to bear South Africa's flag at opening ceremony". CBS Sports. 22 Julie 2012.
  5. (en) "Rio Olympics: Caster Semenya Leaves No Doubt in 800".
  6. (en) "Zuma presents National Orders in Pretoria". eNCA. 27 April 2014.

Eksterne skakelsWysig

Voorafgegaan deur
Natalie du Toit
Vlagdraer vir   Suid-Afrika
Londen 2012
Opgevolg deur
Wayde van Niekerk