Bobby Locke
Arthur D'Arcy Locke, bekend as Bobby (20 November 1917 – 9 Maart 1987) was 'n Suid-Afrikaanse gholfkampioen. Hy is in Germiston gebore. Hy begin gholf speel op vroeë ouderdom en in 1935 wen hy, as 'n 18-jarige, die Natalse, Transvaalse, die Suid-Afrikaanse Ope en die Suid-Afrikaanse Amateurskampioenskapstoernooi. Hy volg dit die volgende jaar op met die Natalse Ope en die Britse Amateur-Ope. Van 1938 af wen hy die Suid-Afrikaanse Beroepstoernooi 17 keer. Hy het ook onder andere die Kanadese, Franse, Egiptiese, Duitse, Ierse, Switserse, Hollandse, Meksikaanse, Australiese, Nieu-Seelandse en ander kampioenskappe gewen. Hy wen die Britse Ope vier keer, in 1949, 1950, 1952 en 1957. Hy was op daardie stadium slegs die derde speler naas Walter Hagen en Peter Thomson wat dit kon regkry. Hy laat internasionale gholf vaar na 'n ernstige motorongeluk.
Bobby Locke | |||||
---|---|---|---|---|---|
Persoonlike inligting | |||||
Volle naam | Arthur D'Arcy Locke | ||||
Bynaam | Bobby Old Baggy Pants Old Muffin Face[1] | ||||
Gebore | Germiston, Suid-Afrika | 20 November 1917||||
Sterf | 9 Maart 1987 (op 69) Johannesburg, Suid-Afrika | ||||
Nasionaliteit | Suid-Afrika | ||||
Eggennoot | Mary Fenton (get. 1958–87) | ||||
Kinders | Caroline | ||||
Loopbaan | |||||
Professioneel geword | 1938 | ||||
Vorige toernooie | PGA Tour | ||||
Professionele oorwinnings | 74 | ||||
Aantal oorwinnings volgens toernooi | |||||
PGA-toernooi | 15 | ||||
Sonskyntoernooi | 30 (3de beste van alle tye) | ||||
Ander | 29 | ||||
Beste uitslae in groot kampioenskappe (wenne: 4) | |||||
Meesterstoernooi | T10: 1948 | ||||
PGA-kampioenskap | T33: 1947 | ||||
V.S. Ope | 3de/T3: 1947, 1951 | ||||
Britse Ope | Wen: 1949, 1950, 1952 en 1957 | ||||
Britse amateurkampioenskap | T33: 1937 | ||||
Prestasies en toekennings | |||||
|
Bron
wysigVerwysings
wysig- ↑ Kelley, Brent. "Bobby Locke". About.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2016. Besoek op 28 Februarie 2009.