1949
jaar
1949 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1944 | 1945 | 1946 | 1947 | 1948 | ◄ 1949 ► | 1950 | 1951 | 1952 | 1953 | 1954 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1949 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Juliana teken die soewereiniteitsoordrag. | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1949 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 49ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Suid-Afrika – Verbod op gemengde huwelikswette. Afsonderlike toue by poskantore vir blankes en nie-blankes. Die Suid-Afrikaanse Pond word gedevalueer.
- Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika word volle lede van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby).
- 13-15 Januarie – Durbanonluste: die Indiese gemeenskap word geteiken deur Zoeloe-skares. Tydens die brutale veldtog word huise en besighede afgebrand, Indiërvrouens en -meisies verkrag en Indiërs van alle geslagte en ouderdomme vermoor. 142 sterf, meer as 'n duisend word beseer en 40 000 word vlugtelinge.
- 31 Maart – Newfoundland sluit aan by die Kanadese Konfederasie en word sy tiende provinsie, Newfoundland en Labrador.
- 4 April – Die twaalf nasies België, Denemarke, Frankryk, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Portugal, Verenigde Koninkryk, Verenigde State van Amerika en Ysland teken die Noord-Atlantiese Verdrag, en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).
- 9 Mei – Rainier III van Monaco word prins van Monaco.
- 10 Mei – 'n Tornado tref Bronkhorstspruit en rig groot skade aan.[1]
- 23 Mei – Stigting van die Bondsrepubliek Duitsland.
- 1 Oktober – Stigting van die Volksrepubliek China op die Chinese vasteland.
- 7 Oktober – Stigting van die Duitse Demokratiese Republiek.
- 19 November – 'n Vernietigende haelstorm tref Pretoria se middestad en Pretoria-Wes. By die Uniegebou word 'n paar duisend dakpanne gebreek en by Yskor word 12 000 vensters beskadig.
- 16 Desember – Die Voortrekkermonument op Monumentkoppie (Pretoria) word ingewy. Dieselde jaar is die groot amfiteater met sitplek vir 20 000 toeskouers ook in gebruik geneem.
- 27 Desember – Koningin Juliana van Nederland staan soewereiniteit aan Indonesië toe.
Geboortes
wysig- 10 Januarie – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise († 2002).
- 15 Januarie – André du Pisani, Namibiese politieke wetenskaplike.
- 25 Januarie – Fransjohan Pretorius, Akademikus en historiese skrywer van agt boeke oor die Anglo-Boereoorlog.
- 30 Januarie – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. († 2015).
- 22 Februarie – Niki Lauda, Oostenrykse Formule Een-renjaer, driemalige wêreldkampioen († 2019).
- 21 Maart – Slavoj Žižek Sloveense sosioloog, filosoof, psigoanalis en kultuurkritikus.
- 24 Maart – H.P. van Coller, professor in Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat, letterkundige, redakteur en digter.
- 28 Maart – Paul Bayvel, Springbokrugbyspeler († 2020).
- 5 April – Judith Resnik, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 12 April – Pravin Gordhan, Suid-Afrikaanse politikus, minister van Openbare Ondernemings, voorheen minister van Finansies († 2024).
- 15 April – Lieb Bester, Suid-Afrikaanse akteur en musikant († 2021).
- 20 April – Jessica Lange, Amerikaanse aktrise.
- 7 Mei – Marilyn Burns, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 9 Mei – Billy Joel, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en pianis.
- 13 Mei – Glenda Kemp, Suid-Afrikaanse ontkleedanseres, aktivis en onderwyseres.
- 23 Mei – Estian Calitz, Suid-Afrikaanse ekonoom en emeritus professor van die Universiteit Stellenbosch.
- 17 Mei – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise († 2024).
- 31 Mei – Tom Berenger, Amerikaanse akteur.
- 31 Mei – Kiepie Jaftha, Suid-Afrikaanse predikant, onderwysman en ’n gemeenskapsleier († 2021).
- 2 Junie – Michael Lapsley, Suid-Afrikaanse Anglikaanse priester en aktivis vir maatskaplike geregtigheid.
- 18 Junie – Lech Kaczyński, Poolse politikus en staatman, President van Pole († 2010).
- 19 Junie – Ebrahim Hamedi, beter bekend onder sy verhoognaam Ebi, Iranse sanger en musikant.
- 22 Junie – Meryl Streep, Amerikaanse aktrise.
- 23 Junie – Fanie Olivier, Suid-Afrikaanse digter.
- 27 Junie – Dierdré Snijman, Suid-Afrikaanse plantkundige en planttaksonoom.
- 7 Julie – Shelley Duvall, Amerikaanse aktrise († 2024).
- 19 Julie – Kgalema Motlanthe, Suid-Afrikaanse politikus en derde President van Suid-Afrika (2008–2009).
- 13 Julie – Dene Smuts, Suid-Afrikaanse tydskrifredakteur en parlementslid († 2016).
- 23 Julie – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbokkrieketkaptein († 2015).
- 8 Augustus – Ray Dalio, 'n Amerikaanse miljardêr-belegger en verskansingsfondsbestuurder.
- 10 Augustus – Gill Marcus, Suid-Afrikaanse oudpolitikus en sakevrou.
- 11 Augustus - Eric Carmen, Amerikaanse sanger († 2024).
- 25 Augustus – Gene Simmons, Israeli-Amerikaanse musikant, sanger en akteur.
- 26 Augustus − Dan Cruickshank, Britse kunshistorikus, televisieaanbieder en skrywer.
- 30 Augustus − Olivier Roy, Franse politoloog, politieke raadgewer, diplomaat en gesant.
- 9 September – Susilo Bambang Yudhoyono, 6de president van Indonesië.
- 14 September – Ganief Hendricks, politikus, leier van Al Jama-ah-party in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.
- 5 Oktober – Peter Ackroyd, Britse biograaf, skrywer en kritikus.
- 8 Oktober – Sigourney Weaver, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 21 Oktober – Benjamin Netanyahu, Israelse politikus (eerste minister 2009-2021).
- 1 November – David Foster, Kanadese musikant, musiekvervaardiger, komponis, liedjieskrywer en verwerker.
- 28 November – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur († 2011).
- 28 November – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur († 1995).
- 1 Desember – Pablo Escobar, Colombiaanse dwelmbaron († 1993).
- 4 Desember – Jeff Bridges, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger.
- 7 Desember – Tom Waits, Amerikaanse musikant.
- 18 Desember – Dawie Malan, Suid-Afrikaanse akteur en toneelregisseur († 1988).
- 21 Desember – Thomas Sankara, rewolusionêre president van Burkina Faso vanaf 1983 tot 1987 († 1987).
- 23 Desember – At Botha, Suid-Afrikaanse akteur.
- datum onbekend – Tim Noakes, Suid-Afrikaanse sportgeneeskundige en dieetnavorser.
Sterftes
wysig- 11 Maart – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf (* 1871).
- 18 Maart – Billy Millar, Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein (* 1883).
- 15 April – Wallace Beery, Amerikaanse akteur (* 1885).
- 20 Junie – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur (* 1895).
- 8 September – Richard Strauss, Duitse komponis (* 1864).
- 29 Oktober – George Gurdjieff, stigter van die 4de Weg (* 1866).
- 19 November – James Ensor, Belgiese skilder (* 1860).
Verwysings
wysig- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 45. Desember 1991.