Bronkhorstspruit
Bronkhorstspruit is 'n dorp 50 km oos van Pretoria in die Gautengprovinsie, in Suid-Afrika. Die dorp is genoem na die Bronkhorsplant. Die dorp was die setel van die Kungwini Plaaslike Munisipaliteit, sowel as die Metsweding-distriksmunisipaliteit, maar beide is in 2011 ontbind en by Tshwane geïnkorporeer, dus Bronkhorstspruit ook.
Bronkhorstspruit | |
---|---|
Die Nan Hua-tempel in Bronkhorstspruit | |
Koördinate: 25°48′18″S 28°44′47″O / 25.80500°S 28.74639°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Hoofplek | Pretoria |
Stigting | 1905 |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,11 km2 (1,20 vk. myl) |
Hoogte | 1 399 m (4 590 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 720 |
• Digtheid | 1 196/km2 (3 100/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 66,4% |
• Indiërs/Asiërs | 5,0% |
• Bruin mense | 2,6% |
• Swart mense | 25,5% |
• Ander | 0,6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 65,7% |
• Engels | 10,3% |
• Suid-Ndebele | 4,1% |
• Zoeloe | 3,9% |
• Ander | 16,0% |
Poskode (strate) | 1020 |
Poskode (posbusse) | 1020 |
Skakelkode | 013 |
Bronkhorstspruit huisves die Nan Hua-tempel, die grootste Boeddhistiese tempel in die Suidelike Halfrond. Die N4 nasionale pad gaan langs die dorp verby.
Geskiedenis
wysigDie dorp het sy oorsprong te danke aan die spoorlyn van Pretoria na Lourenço Marques (nou Maputo in Mosambiek). Die spoorlyn het hierdie gebied in 1894 bereik. In 1904 het CJG Erasmus 'n dorp op sy plaas Hondsrivier uitgelê en die dorp is Erasmus genoem. In 1935 het die dorpsraad weer die oorspronklike naam Bronkhorstspruit gebruik. Die Slag van Bronkhorstspruit het op 20 Desember 1880 tydens die Eerste Vryheidsoorlog hier naby plaasgevind.
Distrik
wysigDie distrik is 2 700 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen – mielies, grondbone, sorghum, sonneblomsaad, beeste en skape. Vuurklei word ook in die omgewing gemyn en vir uitvoer verwerk. Die gewilde Bronkhorstspruitdam is sowat 10 km suid van die dorp.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Bronkhorstspruit". Sensus 2011.