Clive Rice
Clive Rice (*23 Julie 1949, Johannesburg, Transvaal – †28 Julie 2015, Kaapstad) was ’n Suid-Afrikaanse krieketspeler en voormalige kaptein van die nasionale span. Hy was ’n veelsydige speler en het sy eersterangse krieketloopbaan afgesluit met ’n kolfgemiddeld van 40,95 en ’n boulgemiddeld van 22,49. Hy was van 1979 tot 1987 kaptein van Nottinghamshire se krieketspan.
Clive Rice | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Clive Edward Butler Rice | |||||
Gebore | Johannesburg, Suid-Afrika | 23 Julie 1949|||||
Gesterf | 28 Julie 2015 (op 66) Kaapstad, Suid-Afrika | |||||
Lengte | 1.88 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium-vinnig | |||||
Rol | Veelsydig, voormalige kaptein | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
EDI debuut | 10 November 1991 v Indië | |||||
Laaste EDI | 14 November 1991 v Indië | |||||
EDI hempno. | 7 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1992/93–1993/94 | Natal krieketspan | |||||
1971/71–1991/92 | Transvaal | |||||
1988–1989 | Skotland | |||||
1987 | MCC | |||||
1975–1987 | Nottinghamshire | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | EDI | 1e rang | Lys A | |||
Wedstryde | 3 | 482 | 479 | |||
Lopies aangeteken | 26 | 26 331 | 13 474 | |||
Kolfgemiddeld | 13,00 | 40,95 | 37,32 | |||
100s/50s | 0/0 | 48/137 | 11/79 | |||
Hoogste telling | 14 | 246 | 169 | |||
Aflewerings geboul | 138 | 48 628 | 17 738 | |||
Paaltjies | 2 | 930 | 517 | |||
Boulgemiddeld | 57,00 | 22,49 | 22,63 | |||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 23 | 6 | |||
10 paaltjies in 'n wedstryd | NVT | 1 | NVT | |||
Beste boulontleding | 1/46 | 7/62 | 6/18 | |||
Vangskote/Stonkings | 0/- | 401/- | 175/- | |||
Bron: CricketArchive, 28 Julie 2015 |
Sy loopbaan het parallel met Suid-Afrika se isolasie in internasionale sport saamgehang en sy internasionale ervaring is beperk tot die dae toe hy reeds verby sy beste was. Hy het in drie internasionale eendagwedstryde vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan gespeel na Suid-Afrika se terugkeer na internasionale sport. Hy is nie vir die eenmalige toets teen die Wes-Indiese Eilande en die 1992 Wêreldbeker gekies nie.
Rice is op 28 Julie 2015 oorlede nadat hy aan ’n kwaadaardige breingewas gely het.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Clive Rice oorlede op 66". ESPN Cricinfo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 28 Julie 2015.