Kgalema Motlanthe
Petrus Kgalema Motlanthe (gebore 19 Julie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, voormalige President en Adjunkpresident van Suid-Afrika, voormalige vakbondleier, lid van die Parlement en Adjunkpresident van die regerende African National Congress (ANC). Op 23 September 2008, ná die bedanking van President Thabo Mbeki, het die ANC bevestig dat Motlanthe hul voorkeurkandidaat is om Mbeki as president te vervang tot en met die 2009-verkiesing.[1] Op 25 September 2008 is hy ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika en deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.[2][3][4]
Kgalema Motlanthe | |
Ampstermyn 25 September 2008 – 9 Mei 2009 | |
Vise | Baleka Mbete |
---|---|
Voorafgegaan deur | Thabo Mbeki |
Opgevolg deur | Jacob Zuma |
Ampstermyn 9 Mei 2009 – 26 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Baleka Mbete |
Opgevolg deur | Cyril Ramaphosa |
Adjunkpresident van die African National Congress
| |
Ampstermyn 18 Desember 2007 – 18 Desember 2012 | |
Voorafgegaan deur | Jacob Zuma |
Opgevolg deur | Cyril Ramaphosa |
Sekretaris-generaal van die African National Congress
| |
Ampstermyn 1997 – 2007 | |
Voorafgegaan deur | Cyril Ramaphosa |
Opgevolg deur | Gwede Mantashe |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Julie 1949 Boksburg, Transvaal, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Mapula Motlanthe (1976–2010) Gugu Mtshali (2014–hede) |
Kind(ers) | Kagiso Kgomotso Nthabiseng |
Religie | Anglikanisme |
Vroeë lewe
wysigMotlanthe is op 19 Julie 1949 in Alexandra, Johannesburg gebore, die seun van 'n mynwerker[5] en die jongste van 13 kinders.[6] Hy het in Alexandra sowel as Meadowlands, Soweto groot geword.[2]
Politieke loopbaan
wysigIn sy jeug is Motlanthe beïnvloed deur die denke van die swartbewussynsbeweging.[7]
In die 1970's, terwyl hy vir die Johannesburgse Stadsraad gewerk het, het hy by die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, aangesluit waar hy deel was van 'n eenheid wat nuwe lede moes werf. Die eenheid het later opdrag ontvang om op sabotasie te fokus. Motlanthe en Stan Nkosi was verantwoordelik vir implementering van dié funksie in Suid-Afrika. Die eenheid was ook verantwoordelik vir die smokkel van MK soldate in en uit die Republiek deur Swaziland (nou eSwatini).[8]
Op 14 April 1976 is Motlanthe en Nkosi in hegtenis geneem en vir elf maande in John Vorster Square in Johannesburg aangehou. In 1977 is hy skuldig bevind op drie aanklagte van terrorisme en tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis wat hy tussen 1977 en 1987 op Robbeneiland uitgedien het.[8][9]
Na sy vrylating in 1987 het Motlanthe vir die National Union of Mineworkers (NUM) gewerk waar hy in bevel van opvoeding was. Ná die ontbanning van die ANC in 1990 het Motlanthe Voorsitter van die ANC in die PWV streek geword. In 1992 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die NUM, en in 1997 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die ANC om Cyril Ramaphosa te vervang.[2][5]
Op die ANC se 52ste Nasionale Kongres in Polokwane in Desember 2007 is Motlanthe verkies tot Adjunkpresident van die ANC. In Julie 2008 is hy aangestel as Minister in Die Presidensie van die Republiek van Suid-Afrika. Op 25 September 2008 is hy deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika. Motlanthe het 269 stemme verwerf teenoor Joe Seremane van die Demokratiese Aliansie wat 50 stemme behaal het. 41 bedorwe stembriewe is uitgebring.[10] Hy is op dieselfde dag deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.[2]
In opvolging tot die leierstryd in die ANC (en dus ook de facto die President van Suid-Afrika) is Motlanthe op 9 Mei 2009 vervang deur Jacob Zuma, maar weer aangestel as Adjunkpresident in die kabinet van president Zuma tot 26 Mei 2014, toe hy amptelik afgetree het.
Hy is getroud en het twee dogters en 'n seun.[11]
Verwysings
wysig- ↑ "Motlanthe will be president - ANC" (in Engels). News24. 23 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2008. Besoek op 25 September 2008.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 south africa, The Good News, Halala President Kgalema Motlanthe! Geargiveer 26 September 2008 op Wayback Machine, besoek op 26 September 2008
- ↑ "ANC chooses Mbeki replacement". inthenews.co.uk. 22 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2012. Besoek op 25 September 2008.
- ↑ "South Africa names new president" (in Engels). abc.net.au. 22 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2008. Besoek op 25 September 2008.
- ↑ 5,0 5,1 Calland, Richard (2006). Anatomy of South Africa: Who holds the Power?. Zebra. ISBN 1868729036. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2011. Besoek op 25 September 2008.
- ↑ iafrica.com Geargiveer 28 Februarie 2009 op Wayback Machine, Who is Kgalema Motlanthe? Geargiveer 26 September 2008 op Wayback Machine, Besoek op 26 September 2008
- ↑ Beeld, Motlanthe: die minder verdelende opsie vir leierskap Geargiveer 26 September 2008 op Wayback Machine, besoek op 26 September 2008
- ↑ 8,0 8,1 SouthAfrica.info Geargiveer 3 Januarie 2013 op Wayback Machine, Kgalema Motlanthe elected President, besoek op 26 September 2008
- ↑ Buntman, Fran Lisa (2003). Robben Island and Prisoner Resistance to Apartheid. Cambridge University Press. p. 306. ISBN 0521007828.
- ↑ [1][dooie skakel], South Africa: Kgalema Motlanthe, Country's New President, besoek op 26 September 2008
- ↑ Forde, Fiona (23 Julie 2008). "For now 'Mkhuluwa' is our man". The Star.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kgalema Motlanthe.
- http://www.info.gov.za/leaders/president/index.htm Geargiveer 16 April 2007 op Wayback Machine
Voorafgegaan deur Thabo Mbeki |
President van Suid-Afrika 2008–2009 |
Opgevolg deur Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur Baleka Mbete |
Adjunkpresident van Suid-Afrika 2009–2014 |
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur Cyril Ramaphosa |
Sekretaris-generaal van die African National Congress 1997–2007 |
Opgevolg deur Gwede Mantashe |
Voorafgegaan deur Jacob Zuma |
Adjunkpresident van die African National Congress 2007–2012 |
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa |
Presidente van Suid-Afrika | ||
1961–1994 | seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk | |
1994– | Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma | Cyril Ramaphosa |