12 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
12 April is die 102ste dag van die jaar in die Gregorian Kalender (103ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 263 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 467 – Anthemius word verhef tot Romeinse Keiser.
- 1204 – Konstantinopel verower deur die kruisvaarders van die vierde kruistog.
- 1261 – Pous Alexander IV gee 'n bul aan koning Hendrik III van Engeland wat hom onthef van sy eed wat die koning geneem het in die Voorsienings van Oxford.
- 1281 – Pous Martinus IV bevorder Girolamo Masci d'Ascoli (later Pous Nicolaas IV) tot kardinaal-biskop van Palestrina.
- 1671 – Pous Clemens X verklaar ses persone heilig waaronder Sint Rose van Lima.
- 1798 – Stigting van die Helvetiese Republiek met hoofstad Aarau.
- 1815 – Uitbarsting van berg Tambora wat reeds op 5 April begin het, eis altesaam minstens 71 000 menselewens.
- 1850 – Pous Pius IX keer terug na Rome.
- 1861 – Die Amerikaanse Burgeroorlog begin by Fort Sumter.
- 1877 – Die Verenigde Koninkryk annekseer Transvaal.
- 1945 – Harry S. Truman ingehuldig as die 33ste President van die Verenigde State.
- 1945 – Troepe van die VSA betree die Buchenwald-konsentrasiekamp.
- 1961 – Joeri Gagarin word die eerste man in die ruimte.
- 1975 – Viëtnam-oorlog: Die Verenigde State ambassade in Phnom Penh, Cambodië word ontruim toe Khmer Rouge troepe die stad omsingel.
- 1981 – Die eerste lansering van die ruimtependeltuig Columbia vir die STS-1 missie.
- 1992 – Euro Disney open in Marne-la-Vallee, Frankryk.
Geboortes
wysig- 1898 – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan († 1976).
- 1905 – Emmanuel Mounier, Franse filosoof († 1950).
- 1933 – Montserrat Caballé, 'n Spaanse operasangeres († 2018).
- 1939 – Mannetjies Roux, Springbokrugbyspeler.
- 1940 – Herbie Hancock, Amerikaanse pianis, komponis, en akteur.
- 1942 – Jacob Zuma, Suid-Afrikaanse politikus en vierde President van Suid-Afrika (2009–2018).
- 1942 – Carlos Reutemann, Argentynse Formule Eenrenjaer († 2021).
- 1947 – Tom Clancy, Amerikaanse outeur († 2013).
- 1949 – Pravin Gordhan, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige minister van finansies († 2024).
- 1950 – David Cassidy, Amerikaanse sanger, akteur († 2017).
- 1957 – Suzzanne Douglas, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2021).
- 1957 – Ronald Plasterk, Nederlandse bioloog en voormalige PvdA-politikus.
- 1971 – Shannen Doherty, Amerikaanse aktrise († 2024).
- 1979 – Claire Danes, Amerikaanse aktrise.
- 1992 – Chad le Clos, Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese gouemedaljewenner.
Sterftes
wysig- 65 – Lucius Annaeus Seneca, filosoof ca. 4 v.C.
- 352 – Pous Julius I, 35ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1945 – Franklin D. Roosevelt, Amerikaanse politikus en staatsman, 32ste President van die Verenigde State (* 1882).
- 1947 – C. Louis Leipoldt Afrikaanse digter († 28 Desember 1880).
- 1962 – Heer Mokshagundam Visvesvaraya, Indiese politikus en ingenieur, sterf op 101 jaar.
- 1969 – D.F. Malherbe, Afrikaanse digter en dramaturg (* 1881).
- 1981 – Joe Louis, Amerikaanse bokser (* 1914).
- 1988 – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politieke leier (* 1903)
- 1989 – Sugar Ray Robinson, wêreldkampioenbokser (* 1921).
- 2003 – Cecil H. Green, stigter van Texas Instruments (* 1900).
- 2009 – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise (* 1952).
- 2013 – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser (* 1964).
- 2019 – Carol Thomas, Suid-Afrikaanse ginekoloog (* 1961).
- 2020 – Stirling Moss, OBE 'n voormalige Britse renjaer (* 1929).
- 2022 – Gilbert Gottfried, Amerikaanse komediant en akteur (* 1955).
Vakansiedae en vierings
wysig- Geboortefees van Mahavira.
- Feesdag van Pous Julius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Herdenking van die eerste mens in die ruimte deur Joeri Gagarin:
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 April. |
Verwysings
wysig- ↑ "International Days". www.un.org (in Engels). 6 Januarie 2015. Besoek op 2 Januarie 2021.