10 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
10 April is die 100ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (101ste in skrikkeljare). Daar volg nog 265 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 428 – Nestorius word tot patriarg van Konstantinopel benoem.
- 689 – Pous Sergius I doop koning Caedwalla van Wessex in Rome.
- 847 – Pous Leo IV volg Pous Sergius II op.
- 879 – Na die dood van die Wes-Frankiese koning Lodewyk II word albei sy seuns Lodewyk III en Karlmann saam as sy opvolgers benoem. Hulle word deur die adellikes om Hugo Abbas gesteun wat ´n verdeling van die koninkryk wil verhinder.
- 1446 – Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) word lid van die Broederskap van die Heilige Gees.
- 1500 – Verraad van Navarro. Lodewyk XII van Frankryk neem Ludovico Sforza, die hertog van Milaan gevange, nadat hy die vorige jaar vir Milaan verower het.
- 1555 – Pous Marcellus II word gekroon deur kardinaal Francesco Pisani.
- 1605 – Pous Leo XI word gekroon deur kardinaal Francesco Sforza.
- 1656 – ´n Vloot van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie verower die Portugese stad Colombo op die eiland Ceylon na ´n lang beleg. Dit word sodoende die eerste besitting van die VOC op die eiland wat oor die volgende twee jaar in sy geheel van die Portugese verower word.
- 1690 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word titulêr aartsbiskop van Nicomedia.
- 1690 – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-diaken van S. Maria in Aquiro.
- 1741 – Pruise onder Frederik die Grote beset tydens die Oostenrykse Opvolgerstryd vir Schlesien/Silesië in vandag se Pole, en tydens vir veldslag van Mollwitz word verslaan die Pruise die Oostenrykers.
- 1747 – Pous Benedictus XIV stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Ferdinand Julius von Troyer, biskop van Olomütz, Moravië.
- 1815 – Tambora vulkaanuitbarsting bedek verskeie eilande in Indonesië met as.
- 1816 – Die Verenigde State regering keur die skep van ’n Tweede Bank van die Verenigde State goed.
- 1819 – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word priester.
- 1826 – Die inwoners van die Griekse stad Messolongi, wat tydens die Griekse revolusie vir ´n jaar deur Osmaanse troepe onder beleg geplaas is, probeer in die nag uit die stad ontsnap. Die plan word egter aan die Osmane verraai en die Griekse bevolking word uitgemoor.
- 1864 – Op die kasteel Miramare by Triëst word die Oostenrykse aartshertog Ferdinand Maximilian deur die Meksikaanse adel en die ondersteuning van die Franse keiser Napoleon III tot keiser van Meksiko verklaar.
- 1865 – Amerikaanse Burgeroorlog: ’n Dag ná sy oorgawe aan die Unie-magte, spreek genl. Robert E. Lee, van die Konfederate, sy troepe vir oulaas toe.
- 1906 – The Four Million, O. Henry se tweede kortverhaalversameling, word gepubliseer.
- 1906 – Die Russiese priester Georgi Gapon, wat die jaar tevore die betoging tydens die "St. Pietersburgse Bloed-Sondag" gelei het, word deur drie Sosialiste vermoor.
- 1912 – Die RMS Titanic verlaat die hawe in Southampton, Engeland.
- 1913 – Die sokkervereniging Slawia Sofia word in die Bulgaarse hoofstad gestig.
- 1919 – Die leier van die Mexikaanse Rewolusie, Emiliano Zapata word in ’n hinderlaag by die president Venustiano Carranza se hacienda te Morelos gelei en doodgeskiet. Sy lyk word in Cuautla uitgestal en later begrawe.
- 1922 – Die Roemeense fisioloog Nicolae Paulescu ontvang van die Roemeense Ministerie van Handel en Nywerheid die patent vir die vervaardiging van Insulien. Sy proses is 'n groot deurbraak in die navorsing oor, en kennis van diabetes.
- 1932 – In die tweede rondte van die presidentsverkiesing in Duitsland verkry Paul von Hindenburg die absolute meerderheid stemme en word weer as president verkies. Adolf Hitler kry ongeveer 30 persent van die stemme en die Kommunis Ernst Thälmann ongeveer 10 persent van die stemme.
- 1938 – Edouard Daladier word Eerste Minister van Frankryk.
- 1938 – 99,73% van die stemgeregtigdes in Oostenryk stem vir die samesmelting van Oostenryk en Duitsland.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Onmiddellik nadat die Duitse troepe vir Zagreb beset het as deel van die Balkanoffensief, verklaar die Kroatiese Ustascha onder Kolonel Slavko Kvaternik die onafhanklike staat van Kroasië.
- 1944 – Henry Ford II word aangewys as adjunkpresident van die Ford Motormaatskappy.
- 1945 – Tydens 'n heftige Geallieerde bomaanval op die Duitse stad Plauen word 75 persent van die stad vernietig en word ongeveer 900 hoofsaaklik burgerlikes gedood.
- 1953 – The House of Wax open in New York se Paramount-teater.
- 1957 – Die Suezkanaal word heropen vir algemene skeepvaart nadat dit drie maande gesluit was.
- 1959 – Akihito, toekomstige Keiser van Japan, trou met Michiko (nee Michiko Shoda), 'n komponis.
- 1963 – Die duikboot USS Thresher is verlore ter see (129 offisiere, bemanning en siviele tegnici).
- 1970 – Paul McCartney kondig aan dat die Beatles ontbind het.
- 1970 – Viëtnamoorlog: 48 persent van die Amerikaners keur pres. Richard Nixon se Viëtnambeleid goed, terwyl 41 persent dit afkeur.
- 1971 – Koue Oorlog: In ’n poging om die verhouding met die Verenigde State te verbeter, speel die Volksrepubliek China gasheer aan die VSA se tafeltennisspan gedurende hulle week se besoek.
- 1972 – 20 dae ná sy gevangenisname, nadat hy ontvoer is in Buenos Aires, word Oberdan Sallustro vermoor deur Kommunistiese guerrillas.
- 1972 – Viëtnamoorlog: Vir die eerste keer sedert November 1967 begin Amerikaanse B-52 bomwerpers Noord-Viëtnam bombardeer.
- 1973 – ’n Britse Vanguard-turboskroef stort neer tydens 'n sneeustorm by Basel, Switserland en 104 mense sterf.
- 1993 – Chris Hani, die bevelvoerder van die militêre vleuel van die ANC en lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party word vermoor.
- 1998 – Die Belfast-ooreenkoms word onderteken.
Geboortes
wysig- 401 – Theodosius II, keiser van Bisantium († 450).
- 1512 – Jakobus V van Skotland, koning van Skotland († 1542).
- 1796 – James Bowie, Amerikaanse pionier en jagter († 1836).
- 1829 – William Booth, Britse predikant, stigter van die Heilsleër († 1912).
- 1847 – Joseph Pulitzer, Amerikaanse joernalis en uitgewer († 1911).
- 1868 – George Arliss, Britse akteur († 1946).
- 1870 – Vladimir Lenin, Russiese kommunis († 1924)
- 1881 – Paddy Carolin, Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein († 1967).
- 1915 – Harry Morgan, Amerikaanse akteur († 2011).
- 1921 – Chuck Connors, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1921 – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur († 2003).
- 1929 – Hanns Lothar, Duitse akteur († 1967).
- 1929 – Liz Sheridan, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 1932 – Omar Sharif, Egiptiese akteur († 2015).
- 1941 – Paul Theroux, Amerikaanse skrywer.
- 1952 – Steven Seagal, Amerikaanse akteur.
- 1971 – Brad William Henke, Amerikaanse sokkerspeler en akteur.
- 1975 – David Harbour, Amerikaanse akteur.
- 1980 – Charlie Hunnam, Britse akteur.
- 1980 – Kasey Kahne, Amerikaanse NASCAR-renjaer.
- 1982 – Chyler Leigh, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1983 – Ryan Merriman, Amerikaanse akteur.
- 1983 – Jamie Chung, Amerikaanse aktrise.
- 1984 – Mandy Moore, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1985 – Barkhad Abdi, Somalies-Amerikaanse akteur.
- 1987 – Shay Mitchell, Kanadese aktrise en model.
- 1988 – Haley Joel Osment, Amerikaanse akteur.
- 1990 – Andile Jali, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1990 – Alex Pettyfer, Engelse akteur.
- 1991 – AJ Michalka, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1992 – Daisy Ridley, Engelse aktrise.
- 1993 – Sofia Carson, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1996 – Audrey Whitby, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 1347 – Willem van Ockham, Engelse filosoof (* 1287)
- 1585 – Pous Gregorius XIII, die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1502).
- 1908 – Willem Petrus de Villiers, predikant in die NG Kerk, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder (* 1843).
- 1931 – Hans Anton Aschenborn, Duitsgebore Namibiese skrywer en kunstenaar (* 1888).
- 1931 – Khalil Gibran, Libanees-Amerikaanse digter en skilder (* 1883).
- 1954 – Auguste Lumière, Franse rolprentmaker (* 1862).
- 1954 – Pieter Nicolaas van Eyck, Nederlandse digter, hoogleraar aan die Universiteit van Leiden en literêre kritikus (* 1887).
- 1965 – Linda Darnell, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 1966 – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis (* 1903).
- 1973 – Gerrit Dekker, Afrikaanse professor, letterkundige en vertaler (* 1897).
- 1975 – Walker Evans, Amerikaanse fotograaf (* 1903).
- 1975 – Marjorie Main, Amerikaanse aktrise (* 1890).
- 1975 – Josephine Baker, Amerikaansgebore Franse danseres, sangeres en aktrise (* 1906).
- 1993 – Chris Hani, Suid-Afrikaanse kommunis (* 1942).
- 2000 – Peter Jones, Britse akteur (* 1920).
- 2000 – Larry Linville, Amerikaanse akteur (* 1939).
- 2004 – Marita Napier, Suid-Afrikaanse operasangeres (* 1939).
- 2010 – Lech Kaczyński, president van Pole (* 1949).
- 2015 – Richie Benaud, voormalige Australiese krieketkaptein en kommentator (* 1930).
- 2024 – O.J. Simpson, afgetrede Amerikaanse voetbalspeler, akteur en misdadiger (* 1947).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Miltiades in die Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 April. |