Maak hoofkeuseskerm oop
USS Thresher (SSN-593) op pad, 30 April 1961.

Die USS Thresher was 'n kernaangedrewe duikboot van die Amerikaanse Vloot wat op 10 April 1963 gesink het na 'n ongeluk aan boord. Die Thresher was die leier duikboot in haar klas. Toe sy te water gelaat is, het sy nuwe standaarde ten op sigte van snelheid en diep duik daar gestel. Tydens 1963 het sy toetse ondergaan te Charleston en op terug na die hawe word sy gestamp deur 'n sleepboot wat skade aangerig het aan een van haar ballastenks. Sy word gestuur na Groton, Connecticut waar sy by die Electric Boat Company herstelwerk ondergaan. Nadat die herstelwerk voltooi moet sy weer toetse ondergaan wat plaasvind ongeveer 322 km vanaf die kus van New England.

Op 10 April 1963 was die Thresher vergesel deur die USS Skylark. Daar was 16 offisiere, 96 manskappe en 17 siviele tegnici aanboord van die Thresher. Die Skylark was toegerus met monitor en onderwater kommunikasie toerusting toegerus. Nadat die Thresher geduik het, het sy gerapporteer dat sy in die moeilikheid is. Die kommunikasie het toe onduidelik geraak en skielik was die Thresher stil.

OndersoekWysig

Na 'n ondersoek is daar tot die slotsom gekom dat 'n seewater pyp gebars het in die agterste enjinkamer en water in die enjinkamer ingespuit het. Dit het 'n kortsluiting veroorsaak in een van die elektriese stroombane. Dit het veroorsaak dat die duikboot elektriese krag verlies ondervind het en die kernkrag reaktor was onbruikbaar. Donkerte, see mis en paniek verhoed die bemanning om die kleppe met die hand te bewerk. Die agterste gedeelte van die duikboot word vol water en dit hang teen 'n helling in die water. Met geen krag nie, sink die duikboot verby die 600 m punt waar dit inplof as gevolg van die druk.

Die ongeluk het tot gevolg gehad dat die Amerikaanse Vloot die American SubSafe Programme op die been gebring het. Dit is 'n kwaliteits program wat verseker dat elke onderdeel ondersoek en aanvaar of afgekeur word. In die toekoms sal geen duikboot in diens gestel word alvorens die nodige sertifikate uitgereik word nie. Alhoewel die USS Scorpion gesink het na die instelling van die program was dit nooit gesertifiseer as deel van die program nie.

BronWysig

  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2