28 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
28 April is die 118ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (119de in skrikkeljare). Daar volg nog 247 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 862 – Sinode van Aken keur Lotarius II van Lotaringe se troue met Waldrada goed.
- 1669 – Pous Clemens IX verklaar Maria Madalena dei Pazzi en Petrus van Alcantara heilig.
- 1738 – Pous Clemens XII publiseer sy bul In eminenti teen Vrymesselary.
- 1788 – Maryland word die 7de deelstaat van die Verenigde State.
- 1840 – Die NG gemeente Pietermaritzburg begin met die oprigting van wat later sou bekendstaan as die Gelofte- of Voortrekkerkerkie.
- 1862 – Amerikaanse Burgeroorlog: Admiraal David Farragut beset New Orleans, Louisiana
- 1920 – Azerbaijan word tot die Sowjet-Unie bygevoeg.
- 1932 – 'n Entstof teen geelkoors vir gebruik op mense word aangekondig.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Benito Mussolini en Clara Petacci word doodgeskiet terwyl hulle probeer vlug uit Italië.
- 1947 – Thor Heyerdahl en vyf andere bemanningslede vaar vanaf Peru op die Kon-Tiki om te bewys dat Peruse inboorlinge op Polinesië 'n nedersetting kon vestig.
- 1952 – Dwight D. Eisenhower bedank as hoof Kommandeur van NAVO sodat hy kon staan as President van die Verenigde State.
- 1952 – Die Amerikaanse besetting van Japan eindig.
- 1965 – Verenigde State troepe land in die Dominikaanse Republiek om 'n Kommunistiese diktatorskap te vermy en om Amerikaners te ontruim.
- 1969 – Charles de Gaulle bedank as President van Frankryk
- 1977 – Die Rote Armee Fraktion-hofsaak eindig, met Andreas Baader, Gudrun Ensslin en Jan-Carl Raspe wat skuldig bevind word van vier moorde en meer as dertig pogings tot moord.
- 1988 – Naby Maui, Hawaii word 'n vlugassistent uitgesuig uit die Aloha Lugredery Boeing 737 en val na haar dood toe die boonste gedeelte van die vliegtuig se romp afgeskeur word gedurende die vlug.
- 1994 – Voormalige Central Intelligence Agency beampte Aldrich Ames pleit skuldig op klagtes van die oorhandiging van VS geheime aan die Sowjet-Unie en later Rusland.
- 1996 – Whitewater skandaal: President Bill Clinton gee 4 1/2 ure se video-opname-inligting.
- 1997 – Die 1993 Chemiese Wapens Konvensie, geteken in Parys in Januarie 1993, tree in werking. Rusland, Irak en Noord-Korea het nie die verdrag onderteken nie.
- 2003 – Apple Inc. se iTunes Music Store vrygestel, verkoop 1 000 000 liedere in die eerste week.
- 2007 – Australië klop Sri Lanka in die eindstryd met 53 lopies (D/L-metode) en wen sodoende die negende Krieketwêreldbeker in Wes-Indië.
- 2020 – Colombia sluit by die OESO aan.
Geboortes
wysig- 32 – Otho, Romeinse Keiser († 69).
- 1402 – Nezahualcoyotl, koning van Acolhuacan, 'n deelstaat van die Asteekse Ryk († 1472).
- 1442 – Koning Edward IV van Engeland († 1483).
- 1758 – James Monroe, 5de President van die Verenigde State († 1831).
- 1834 – Harry Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige, botaniese kunstenaar, besigheidsman en filantroop († 1911).
- 1878 – Lionel Barrymore, Amerikaanse akteur († 1954).
- 1900 – Heinrich Müller, die hoof van die Gestapo († 1945).
- 1906 – Kurt Gödel, Oostenrykse wiskundige († 1978).
- 1924 – Kenneth Kaunda, Zambiese president († 2021).
- 1926 – Harper Lee, Amerikaanse skryfster van To Kill a Mockingbird en Pulitzerprys-wenner († 2016).
- 1929 – Avigdor Arikha, 'n Roemeens-gebore Frans-Israelse skilder, tekenaar, druk-kunstenaar, en kuns-geskiedkundige († 2010).
- 1937 – Saddam Hussein, voormalige leier van Irak († 2006).
- 1940 – Anne Rasa, Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en etoloog († 2020)
- 1941 – Ann-Margret, Amerikaanse aktrise.
- 1948 – Terry Pratchett, Britse outeur († 2015).
- 1950 – Jay Leno, Amerikaanse vervaardiger, skrywer, en akteur.
- 1955 – William Kentridge, bekende Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar.
- 1960 – Ian Rankin, Skotse skrywer.
- 1973 – Ian Murdock, Amerikaanse sagtewareontwikkelaar wat die Debian projek begin het († 2015)
- 1974 – Penélope Cruz, Spaanse aktrise.
- 1981 – Jessica Alba, Amerikaanse aktrise, kinematograaf en vervaardiger.
Sterftes
wysig- 1865 – Samuel Cunard, Kanadees-Engelse sakeman, stigter van Cunard Line skeepsfirma (* 1787)
- 1905 – Fitzhugh Lee, Konfederaat-generaal (* 1835).
- 1945 – Benito Mussolini, Italiaanse diktator en 27ste Eerste minister van Italië (* 1883).
- 1945 – Hermann Fegelein, Duitse generaal (* 1906)
- 1960 – Otto du Plessis, ‘n dinamiese leier op kulturele en politieke gebied (* 1907).
- 1962 – Bennie Osler, Springbokrugbyspeler (* 1901)
- 1965 – F. Bordewijk, Nederlandse skrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë en kritiek (* 1884).
- 1977 – Ricardo Cortez, Amerikaanse akteur (* 1900)
- 1992 – Francis Bacon, Ierse kunstenaar (* 1909).
- 1999 – Rory Calhoun, Amerikaanse akteur en filmvervaardiger (* 1922)
- 2000 – Penelope Fitzgerald, Engelse skrywer en digter (* 1916)
- 2002 – Alexander Lebed, Russiese generaal (* 1950).
- 2002 – Ruth Handler, uitvinder van die Barbie-pop (* 1916).
- 2007 – Dabbs Greer, Amerikaanse akteur (* 1917).
- 2010 – Avigdor Arikha, 'n Roemeens-gebore Frans-Israelse skilder, tekenaar, druk-kunstenaar, en kuns-geskiedkundige (* 1929).
- 2012 – Matilde Camus, Spaanse skrywer en digter (* 1919).
- 2012 – Patricia Medina, Engelse aktrise (* 1919)
- 2013 – János Starker, Hongaars-Amerikaanse tjellis (* 1924)
- 2021 – Michael Collins, Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier (* 1930)
- 2023 – James Alexander, Suid-Afrikaanse akteur en vervaardiger (* 1978).