Suidwes-Afrika (Duits: Südwestafrika, Engels: South-West Africa, Nederlands: Zuidwest-Afrika; kort SWA) is 'n voormalige Volkebond-mandaat van Suid-Afrika, wat tussen 1915 en 1990 op die gebied van die huidige Republiek van Namibië bestaan het.

Suidwes-Afrika
Südwestafrika
South-West Africa
Zuidwest-Afrika

1915–1990
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Viribus Unitis
Volkslied: Die Stem van Suid-Afrika
Ligging of Suidwes-Afrika Südwestafrika South-West Africa Zuidwest-Afrika
Ligging of Suidwes-Afrika
Südwestafrika
South-West Africa
Zuidwest-Afrika
Ligging van Suidwes-Afrika
Hoofstad Windhoek
22°56′S 17°09′E / 22.933°S 17.150°O / -22.933; 17.150
Taal/Tale Afrikaans, Duits (1984–1990), Engels, Khoekhoe en Nederlands (1915–1983)
Godsdiens Nederduitsch Hervormde Kerk, Calvinisme, Nederduitse Gereformeerde Kerk
Regering Republiek
Geskiedenis
 - Begin van die Eerste Wêreldoorlog in Duits-Suidwes-Afrika 9 Augustus 1914
 - Stigting van Suidwes-Afrika 9 Julie 1915
 - Verdrag van Versailles (Volkebond-mandaat onder bestuur deur die Unie van Suid-Afrika) 28 Junie 1919
 - Trougebied van die Verenigde Nasies (nie deur Suid-Afrika aanvaar nie) 14 Desember 1946
 - Begin van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO 26 Augustus 1966
 - de jure onder hul eie bestuur 27 Oktober 1966
 - Onafhanklikheid van Namibië 21 Maart 1990
 - Suid-Afrika staan die Walvisbaai en Pikkewyn-eilande aan Namibië af 1 Maart 1994
Oppervlakte
 - 1979 823 000 km2
317 762 sq mi
Bevolking
 - 1979 skatting 1 000 000 
     Digtheid 1,2 /km² 
3,1 /sq mi
Geldeenheid Pond (1920–1961)
Rand (1961–1993)
Vlag van Suidwes-Afrika vanaf 9 Julie 1915 tot 28 Junie 1919
Vlag van Suidwes-Afrika vanaf 28 Junie 1919 tot 31 Mei 1928

Die Unie van Suid-Afrika het die gebied op 9 Julie 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (sien Suidwes-Afrika-veldtog) van die Duitse Keiserryk verower en geannekseer. Met die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wêreldoorlog op 28 Junie 1919 onderteken is, het die Volkebond die gebied aan Suid-Afrika oordra. Op 14 Desember 1946 het die Verenigde Nasies die gebied van Suid-Afrika se heerskappy ontbind, wat die Unie geïgnoreer het en Suidwes-Afrika tot sy vyfde provinsie verklaar het.[1]

Op 27 Oktober 1966 het die Verenigde Nasies die gebied as Namibië onder sy eie regering gestel, wat tot die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO teen Suid-Afrika gelei het. 1971 het die Internasionale Geregshof die Suid-Afrikaanse besetting vir ongrondwetlik met die internasionale reg verklaar, wat sedert die mid-1970's tot 'n voortdurende oorgangsproses tot die onafhanklikheid van Namibië gelei het.

Bantoestans

wysig
 
Die Odendaal-plan vir Bantoestans in Suidwes-Afrika in 1964.
 
Kaart van tuislande in Suidwes-Afrika in 1978.

Die Suid-Afrikaanse regering het 10 bantoestans in Suidwes-Afrika in die laat 1960's en vroeë 1970's in ooreenstemming met die Odendaal-plan, waarvan vier selfregering toegestaan is, gestig.[2] Hierdie Bantoestans is in 1980 met outonome regerings vervang, wat op etnisiteit gebaseer was.

Die bantoestans was:

Verwysings

wysig
  1. (en) Cedric Thornberry (2004). A Nation Is Born: The Inside Story of Namibia's Independence. Gamsberg Macmillan Publishers Ltd. pp. 9–11. ISBN 978-99916-0-521-0.
  2. (en) World Statesman

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig