Tswanaland
Tswanaland was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die ooste van Suidwes-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 1 554 vierkante kilometer beslaan. Die hoofstad was Aminuis. Die tuisland was geskep om die Tswanasprekende mense te huisves en in 1964 het dit meer as 10 000 inwoners gehad.
| ||||
Ligging van Tswanaland in Suidwes-Afrika | ||||
Hoofstad | Aminuis | |||
Regering | Republiek | |||
Historiese tydperk | Apartheid | |||
- Stigting | 19 Desember 1979 | |||
- Weer ingelyf in Suidwes-Afrika | 29 Julie 1989 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1964 | 1 554 km2 600 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1964 skatting | 10 000 | |||
Digtheid | 6,4 /km² 16,7 /sq mi | |||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Rand |
Ter voorbereiding van die Namibiese onafhanklikheid van Suid-Afrika, is die tuisland heringelyf by Suidwes-Afrika, en wel as deel van Omaheke.