9 Augustus
datum
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
9 Augustus is die 221ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (222ste in skrikkeljare). Daar volg nog 144 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 378 – 'n Groot Romeinse leër onder leiding van Keiser Valens word deur die Wes-Gote in die Slag van Adrianopel vernietig.
- 1173 – Die hoeksteen van die Skewe Toring van Pisa word gelê.
- 1378 – Die Franse kardinale publiseer hulle griewe teen Pous Urbanus VI.
- 1471 – Pous Sixtus IV volg Pous Paulus II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1501 – Solothurn word in die Switserse Bondgenootskap opgeneem.
- 1520 – Pous Leo X stel Eberhard von der Mark, biskop van Chartres, aan as kardinaal.
- 1644 – Die konklaaf na die dood van Pous Urbanus VIII begin. Dit duur tot 15 September 1644.
- 1802 – Pous Pius VII stel Domenico Pignatelli di Belmonte, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal.
- 1847 – Opening van die spoorlyn tussen Zürich en Baden
- 1902 – Edward VII, word as die koning van Groot-Brittanje gekroon.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Tweede Amerikaanse kernwapen (Fat Man) ontplof bo die Japannese stad Nagasaki.
- 1965 – Singapoer word van Maleisië onafhanklik.
- 1969 – Die aktrise Sharon Tate word saam met vier ander slagoffers van ritualistiese moorde deur aanhangers van die Charles Manson-sekte in haar huis in Los Angeles aangetref.
- 1974 – Gerald Ford volg Richard Nixon op as Amerikaanse President na sy bedanking as gevolg van sy rol in die Watergateskandaal.
- 2020 – Brad Binder word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n MotoGP wedren wen, nl. die wedren in Tsjeggië.
- 2022 – 'n Reeks groot ontploffings vind plaas by die Saki-lughawe in die stad Nowofedoriwka, Krim, tydens die Russiese inval in die Oekraïne.
Geboortes
wysig- 1879 – Mabel Malherbe, Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) († 1964).
- 1883 – Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus († 1933).
- 1896 – Jean Piaget, Switserse sielkundige († 1980).
- 1914 – Ferenc Fricsay, Hongaarse dirigent († 1963).
- 1919 – Leona Woods, Amerikaanse fisikus wat gehelp het met die bou van die eerste kernreaktor en die eerste kernwapen († 1986).
- 1922 – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder († 2004).
- 1923 – Gerrit Kouwenaar, Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. († 2014).
- 1931 – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politiese aktivis († 2015).
- 1934 – Graeme Gibson, Kanadese skrywer († 2019).
- 1945 – Jerome Glenn, toekomskundige en uitvoerende direkteur van die Millennium-projek.
- 1953 – Luuk Gruwez, Vlaamse digter, prosaïs en essayis.
- 1957 – Melanie Griffith, Amerikaanse aktrise.
- 1963 – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres († 2012).
- 1968 – Gillian Anderson, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Juanes, Colombiaanse pop- en rocksanger.
- 1985 – Vivek Ramaswamy, Amerikaanse entrepreneur en presidensiële kandidaat.
Sterftes
wysig- 118 – Pous Primus van Alexandrië vyfde patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?)
- 803 – Irene, keiser van die Bisantynse Ryk (* Circa 752).
- 1048 – Pous Damasus II, die 151ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1820 – Anders Sparrman, Sweedse natuurkundige en reisiger aan die Kaap (* 1748).
- 1878 – Antjie Scheepers, Afrikanerpioniersvrou (* 1806).
- 1883 – Robert Moffat, Suid-Afrikaanse sendeling van Skotse herkoms (* 1795)
- 1919 – Ernst Haeckel, Duitse bioloog en filosoof (* 1834).
- 1932 – G.R. von Wielligh, Afrikaanse skrywer (* 1859)
- 1966 – Antanas Žmuidzinavičius, Litause landskapskilder (* 1876)
- 1967 – Joe Orton, Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer (* 1933).
- 1969 – Sharon Tate, Amerikaanse aktrise (* 1943).
- 1975 – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis (* 1906).
- 2006 – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike (* 1914).
- 2017 – I.D. Lamprecht, Afrikaanse skrywer (* 1933).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Nasionale Dag in Singapoer (1965).
- Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika, 'n openbare vakansiedag.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 August. |