Gerrit Kouwenaar
Gerrit Kouwenaar (9 Augustus 1923 – 4 September 2014) was 'n Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. Sy werk is die eerste keer in 1941 gepubliseer.[1] Hy was 'n lid van die Nederlandse Vijftigers.[2][3]
Gerrit Kouwenaar | |
---|---|
Gerrit Kouwenaar in November 1978 | |
Gebore | Amsterdam, Nederland | 9 Augustus 1923
Sterf | 4 September 2014 (op 91) Amsterdam, Nederland |
Beroep | Romansier, digter |
Jare aktief | 1941–2008 |
Lewensloop
wysigKouwenaar is gebore in Amsterdam, Noord-Holland. Hy was gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n versetsvegter. Die skilder en digter David Kouwenaar (1921–2011) was sy ouer broer.[4] Kouwenaar het vir tydskrifte soos Vrij Nederland,[5] De Waarheid,[5] en Het Vrije Volk gewerk.[6] Gedurende die middel van die 1940's het hy vir die onwettig koerant Parade der Profeten gewerk. Hy is hiervoor gearresteer en gevonnis tot een en 'n half jaar gevangenisstraf.[7] In 1967 is Kouwenaar bekroon met die Martinus Nijhoff-prys vir sy vertaalwerk.[8] In 1970 het hy die P.C. Hooft-prys ontvang. Kouwenaar het later in 1989 die Prijs der Nederlandse Letteren gewen.[9] In 2009 het Kouwenaar die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde se jaarlikse eerbewys ontvang.[8] Sy laaste gepubliseerde werk is op 9 Augustus 2008 op sy vyf-en-tagtigste verjaardag gepubliseer.[8][10]
Kouwenaar is op 4 September 2014 in Amsterdam op 91-jarige ouderdom oorlede.[7]
Pryse
wysig- 1958 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir De mensen zijn geen goden
- 1961 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Zou een hand
- 1962 - Jan Campert-prys vir De stem op de 3e etage
- 1963 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Zonder namen
- 1967 - Henriette Roland Holst-prys vir sy gehele oeuvre
- 1967 - Martinus Nijhoff-prys vir sy toneelvertalings
- 1970 - P.C. Hooft-prys vir sy gehele oeuvre
- 1989 - Prijs der Nederlandse Letteren vir sy gehele oeuvre
- 1997 - VSB Poësieprijs vir De tijd staat open
- 2004 - Karel van de Woestijne-prys vir Totaal witte kamer
- 2005 - KANTL-prys vir poësie vir Totaal witte kamer
- 2009 - Prijs voor Meesterschap van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde
Bibliografie
wysig- 1941 - Vroege voorjaarsdag
- 1946 - Uren en sigaretten (twee novelle)
- 1949 - Goede morgen haan (gedigte met tekeninge deur Constant Nieuwenhuijs)
- 1950 - Negentien-nu (roman)
- 1951 - Ik was geen soldaat (roman)
- 1953 - Achter een woord (gedigte)
- 1955 - Vijf 5-tigers (bloemlesing)
- 1956 - Hand o.a. (gedigte)
- 1956 - Val, bom (prosa) (hersiene weergawe in 1963)
- 1957 - De ondoordringbare landkaart
- 1958 - Het gebruik van woorden
- 1960 - De stem op de 3e etage (gedigte)
- 1960 - Gedichten 1960 (gedigte)
- 1961 - Weg verdwenen (gedigte)
- 1962 - Zonder kleuren (gedigte)
- 1962 - Zonder namen (gedigte) (hersiene weergawe in 1965)
- 1964 - Sinaia (gedigte)
- 1964 - St. Helena komt later
- 1965 - Autopsie/anoniem (gedigte)
- 1969 - Honderd gedichten (gedigte)
- 1971 - Data/decors (gedigte)
- 1974 - Landschappen en andere gebeurtenissen (gedigte)
- 1978 - Volledig volmaakte oneetbare perzik (gedigte)
- 1980 - Mijn ervaring met kleine kinderen
- 1982 - Gedichten 1948-1978 (gedigte)
- 1982 - Het blindst van de vlek
- 1987 - Het ogenblik: terwijl
- 1989 - Een eter in het najaar ('n Keuse uit sy eie werk)
- 1991 - Een geur van verbrande veren
- 1993 - Er is geen elders waar het anders is
- 1996 - De tijd staat open
- 1998 - Een glas om te breken
- 1998 - Helder maar grijzer
- 2002 - Totaal witte kamer
- 2005 - Het bezit van een ruïne
- 2008 - Vallende stilte ('n Keuse uit sy eie werk)
- 2014 - Mijn dood
Bronne
wysig- Franssen, Gaston (2008). Gerrit Kouwenaar en de politiek van het lezen. Vantilt, Nijmegen. ISBN 978-907-750-393-5. Ook verskyn as proefskrif Utrecht.
- Sötemann, A.L. (1998). Verzen als leeftocht: over Gerrit Kouwenaar. Historische Uitgeverij, Groningen. ISBN 90-6554-374-0.
- Kusters, Wiel (1986). De killer: over poëzie en poëtica van Gerrit Kouwenaar. Querido, Amsterdam. ISBN 90-214-7210-4 en ISBN 90-214-7209-0 (geb.). Ook verskyn as proefskrif (Utrecht, 1986).
Verwysings
wysig- ↑ "De exacte mogelijkheden van de taal" (in Nederlands). Poetry International Web. 4 September 2014. Besoek op 6 Desember 2014.
- ↑ Schouten, Rob (4 September 2014). "Gerrit Kouwenaar 1923-2014: Taal maakt geen leven". Trouw (in Nederlands). Besoek op 7 Desember 2014.
- ↑ Hellemans, Frank (4 September 2014). "Grand old man van de Nederlandse poëzie Gerrit Kouwenaar (91) overleden". Knack (in Nederlands). Besoek op 7 Desember 2014.
- ↑ Gerbrandy, Piet (4 September 2014). "Nederlandse dichter Gerrit Kouwenaar (1923–2014) overleden" (in Nederlands). de Morgen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2014. Besoek op 14 September 2014.
- ↑ 5,0 5,1 "Dichter Gerrit Kouwenaar overleden". Algemeen Dagblad (in Nederlands). 4 September 2014. Besoek op 7 Desember 2014.
- ↑ "Gerrit Kouwenaar: biografie" (in Nederlands). Nasionale Biblioteek van die Nederlande. Besoek op 7 Desember 2014.[dooie skakel]
- ↑ 7,0 7,1 "Dichter Gerrit Kouwenaar overleden". de Volkskrant (in Nederlands). Reuters. 4 September 2014. Besoek op 13 September 2014.
- ↑ 8,0 8,1 8,2 "Dichter Gerrit Kouwenaar overleden" (in Nederlands). NPO Cultura. 5 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2014. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ "Dichter Gerrit Kouwenaar (91) overleden" (in Nederlands). NU.nl. 4 September 2014. Besoek op 14 September 2014.
- ↑ "About Gerrit Kouwenaar". Poetry International Web. 1 Junie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017. Besoek op 8 Desember 2014.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Gerrit Kouwenaar. |
- Gerrit Kouwenaar by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde (nl)