Algemeen Dagblad
Die Algemeen Dagblad of AD is 'n Nederlandse dagblad wat gebaseer is in Rotterdam, Nederland.
Geskiedenis
wysigdie Algemeen Dagblad is in 1946 gestig. Die koerant se hoofkwartier is geleë in Rotterdam. Die koerant fokus grootliks op nuus wat betrekking het op die streek waarin dit geleë is, wat die stede en streke rondom Rotterdam, Utrecht en Den Haag insluit.[1] In Suid-Holland en Utrecht word dit saam met plaaslike dagkoerante gepubliseer en versprei.[1] Die nasionale uitgawe word regdeur die land versprei en verkoop. AD word besit deur DPG Media (tot 2019 bekend as De Persgroep) [2] en gepubliseer deur PCM Uitgevers NV.[3]
AD sluit 'n aanvullende streeksuitgawe in, in die distrikte wat voorheen gedien is deur hierdie streekskoerante. Twee van hulle, die AD Haagsche (vir die Den Haagse streek) en die AD Rotterdams Dagblad (vir die Rotterdamse streek) word albei uitgegee in 'n oggend- en aanduitgawe.
- Rotterdams Dagblad -> AD Rotterdams Dagblad
- Goudsche Courant -> AD Groene Hart
- Rijn & Gouwe -> AD Groene Hart
- Haagsche Courant -> AD Haagsche Courant
- Utrechts Nieuwsblad -> AD Utrechts Nieuwsblad
- Amersfoortsche Courant -> AD Amersfoortsche Courant
- De Dordtenaar -> AD De Dordtenaar
- Dagblad Rivierenland -> AD Rivierenland
Hoofredakteure
wysigJan Schraver | 1946–1947 |
G.N. Leenders | 1947–1949 |
G.A.W. Zalsman | 1949–1950 |
Jacques Ratté | 1950–1958 |
Anton van der Vet | 1958–1968 |
Huibert Nicolaas Appel | 1968–1974 |
Ron Abram & Karel Giel | 1975–1980 |
Ron Abram | 1980–1993 |
Peter van Dijk | 1993–2000 |
Oscar Garschagen | 2000–2003 |
Willem Ammerlaan | 2003–2004 |
Jan Bonjer | 2004–2009 |
Peter de Jonge | 2009–2010 |
Christiaan Ruesink | 2010–2016 |
Hans Nijenhuis | Sedert 2016[4] |
Sirkulasie
wysigVan 1995 tot 1996 het AD 'n oplaag van 401,000 eksemplare gehad, wat dit die tweede beste verkoper in die land gemaak het. [5] In 2001 was sy oplaag 335,000 eksemplare.[6] In 2013 was die koerant na De Telegraaf in tweede plek wat sy aantal inskrywers betref.[7] Na samesmelting met sewe streekskoerante op 1 September 2005 en 'n voortgesette daling in lesersgetalle het dit in 2014 'n gemiddelde gesamentlike oplaag van 365,912 eksemplare gehad.[7] In 2017 het dié oplaag egter gedaal tot 341,249.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Newspaper evaluation sheet Geargiveer 2 Oktober 2018 op Wayback Machine European University Institute. Opgespoor op 21 Maart 2015.
- ↑ Bart Van Besien (29 Oktober 2010). "The case of Belgium". Media policies and regulatory practices in a selected set of European countries, the EU and the Council of Europe (PDF). Athens: The Mediadem Consortium. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Januarie 2015. Besoek op 2 Januarie 2015.
- ↑ "A view on media concentration" (PDF). The Netherlands Media Authority. September 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike (Report) op 7 Februarie 2015. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ "Hans Nijenhuis nieuwe hoofdredacteur van het Algemeen Dagblad". ad.nl.
- ↑ Media Policy: Convergence, Concentration & Commerce. SAGE Publications. 1998. p. 7. ISBN 978-1-4462-6524-6.
- ↑ Adam Smith (15 November 2002). "Europe's Top Papers". campaign. Besoek op 7 Februarie 2015.
- ↑ 7,0 7,1 "Betaalde oplage grootste kranten daalt verder". Telegraaf. 7 Januarie 2014. Besoek op 2 Januarie 2015.