Karel van de Woestijne

Van de Woestijne
(portret deur Henri van Straten)

Carolus Petrus Eduardus Maria "Karel" van de Woestijne (Nederlandse uitspraak:ˈkaːrəl vɑn də ʋuˈstɛinə; Gent, 10 Maart 1878Zwijnaarde, 24 Augustus 1929) was 'n Vlaamse skrywer, digter en broer van die skilder Gustave van de Woestijne. Hy het die Koninklijk Athenaeum by die Ottogracht in Gent bygewoon. Hy het ook Germaanse filologie aan die Universiteit van Gent gestudeer, waar hy in kontak gekom het met die Franse simbolisme. Hy het van April 1900 tot Januarie 1904, en weer vanaf April 1905 tot November 1906 by Sint-Martens-Latem gewoon. Hier het hy Laetemsche brieven over de lente vir sy vriend Adolf Herckenrath geskryf. (1901) In 1907 het hy na Brussel verhuis, en in 1915 na Pamel, waar hy De leemen torens saam met Herman Teirlinck geskryf het.

Die huis in Brussel waar Karel van de Woestijne gewoon het.

Hy was vanaf 1906 die korrespondent van die Nieuwe Rotterdamsche Courant in Brussel. Tussen 1920 en 1929 hey hy klas gegee in die geskiedenis van die Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Gent. Hy was opeenvolgend die redakteur van die geïllustreerde tydskrifte Van Nu en Straks (tweede reeks, 1896-1901) en Vlaanderen (1903-1907). Hy het in 1906 sekretaris van die redaksie van Vlaanderen geword. Van 1925 tot sy afsterwe in 1929 het hy gewoon in Zwijnaarde naby Gent. Hy is begrawe in die begraafplaas van Campo Santo in Gent.

EerbewyseWysig

  • 1923: Offisier in die Orde van die Kroon (België). [1]

WerkeWysig

 
Van de Woestijne (deur die kunstenaar Ramah), 1920

ProsaWysig

  • Janus met het dubbele voorhoofd (1908)
  • Afwijkingen (1910)
  • Goddelijke verbeeldingen (1918)
  • De bestendige aanwezigheid (1918)

Simbolies-impressionistiese liriekWysig

  • Het vader-huis (1903)
  • De boomgaard der vogelen en der vruchten (1905)
  • De gulden schaduw (1910)
  • De boer die sterft

Spiritualistiese drieluikWysig

  • De modderen man (1920)
  • God aan zee (1926)
  • Het bergmeer (1928)

Kunstkritiese en letterkundige essaysWysig

  • De Vlaamsche primitieven: hoe ze waren te Brugge (1903)
  • Kunst en geest in Vlaanderen (1911)
  • De Nieuwe Esopet (1933) met 'n tekening deur Jozef Cantré
  • Over schrijvers en boeken (1933-1936, postuum)

Epiese poësieWysig

  • Interludiën I en II (1912-1914)
  • Zon in de rug (1924)

Brieweromans in samewerking met Herman TeirlinckWysig

  • De Leemen Torens. Vooroorlogse kroniek van twee steden (1928)

Sien ookWysig

NotasWysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

BronneWysig

VerwysingsWysig

  1. RD 21.7.1923