12 Augustus
datum
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
12 Augustus is die 224ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (225ste in skrikkeljare). Daar volg nog 141 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1099 – Godfried van Bouillon verslaan die Sarasene. Die Koninkryk van Jerusalem word gestig.
- 1308 – Pous Clemens V publiseer die aanklagte teen die Tempeliers.
- 1812 – Die eerste tandratspoor ter wêreld word in Groot-Brittanje in gebruik geneem.
- 1851 – Isaac Singer verkry 'n patent vir sy naaimasjien.
- 1877 – Asaph Hall ontdek Mars se kleinste en uiterste maan, Deimos.
- 1883 – Die laaste kwagga sterf in 'n Amsterdamse dieretuin.
- 1898 – Die Spaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die anneksasie van die Filippyne, Guam, Kuba en Puerto Rico deur die Verenigde State.
- 1908 – Die eerste Model T motor word geproduseer deur die Ford Motor Company.
- 1953 – Die Sowjetunie laat hulle eerste waterstofbom ontplof.
- 1975 – John Walker slaag daarin om die eerste Supermyl te hardloop; die myl in 3:49:04.
- 1981 – IBM stel die nuwe kantoor- en verbruikersproduk , die IBM persoonlike rekenaar (Engels: PC), bekend.
- 1985 – 'n Boeing 747SR van die lugredery Japan Airlines bots teen Takamagaharaberg - 520 mense sterf.
- 1990 – 'n Tyrannosaurus rex se fossiel word in Suid-Dakota ontdek.
- 2000 – Die Russiese kernduikboot, K-141 Koersk, sink in die Barentssee - 118 seemanne sterf.
Geboortes
wysig- 1503 – Christiaan III van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1559).
- 1720 – Konrad Ekhof, Duitse akteur en regisseur († 1778)
- 1762 – George IV, Britse koning († 1830).
- 1775 – Michiel van Breda, die eerste burgemeester van Kaapstad († 1847).
- 1779 – Johannes Janse van Rensburg, Voortrekkerleier († 1836).
- 1857 – Sir Henricus Hubertus Juta, 'n speaker en regter van die Kaapkolonie († 1930).
- 1873 – C.J. Langenhoven, Afrikaanse skrywer († 1932).
- 1887 – Erwin Schrödinger, Oostenrykse fisikus († 1961).
- 1930 – George Soros, internasionale finansier, bestuurder van fondse en filantroop.
- 1932 – Alwyn du Plessis, Gereformeerde predikant († 2021).
- 1952 – Charlie Whiting, Britse Formule 1 en motorsportadministrateur († 2019).
- 1954 – François Hollande, Franse president (2012–2017).
- 1955 – Heintje Simons, Nederlandse sanger.
- 1960 – Cameron Mackenzie, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid vir die DA († 2021).
- 1971 – Pete Sampras, voormalige Amerikaanse tenniswêreldkampioen.
- 1975 – Casey Affleck, Academy- en Golden Globe-genomineerde Amerikaanse akteur.
- 1977 – Zanne Stapelberg, Suid-Afrikaanse operasangeres.
- 1995 – Nicholas Dlamini, Suid-Afrikaanse fietsryer.
Sterftes
wysig- 30 v.C. – Cleopatra (39), laaste koningin van Egipte (* 69 v.C.).
- 1484 – Pous Sixtus IV, die 212de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1414).
- 1648 – Ibrahim, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1615).
- 1689 – Pous Innocentius XI, die 240ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1611).
- 1827 – William Blake, Engelse waterverfskilder (* 1757).
- 1847 – Michiel van Breda, die eerste burgemeester van Kaapstad (* 1775).
- 1942 – Phillips Holmes, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 1955 – Thomas Mann, Duitse skrywer (* 1875).
- 1988 – Jean-Michel Basquiat, Amerikaanse kunstenaar (* 1960).
- 1978 – Gregor Wentzel, Duitse fisikus (* 1898).
- 1979 – Ernst Boris Chain, Duits-Britse biochemikus (* 1906).
- 1982 – Henry Fonda, Amerikaanse akteur (* 1905).
- 1999 – J.R. Hale, Britse geskiedkundige en vertaler.(* 1923).
- 2000 – Loretta Young, Amerikaanse aktrise (* 1913).
- 2014 – Lauren Bacall, Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 2021 – Una Stubbs, Britse aktrise en danseres (* 1937).
- 2022 – Anne Heche, Amerikaanse aktrise,skryfster en vervaardiger (* 1969).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Internasionale Jeugdag
- Feesdag van die salige Pous Innocentius XI in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 August. |