1775
jaar
1775 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1770 | 1771 | 1772 | 1773 | 1774 | ◄ 1775 ► | 1776 | 1777 | 1778 | 1779 | 1780 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1775 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Llandrinio-brug uit 1775. | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1775 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 15 Februarie – Pous Pius VI volg Pous Clemens XIV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 21 Februarie – Pous Pius VI word tot biskop gewy.
- 22 Februarie – Pous Pius VI word gekroon deur kardinaal Alessandro Albani.
- 11 April – Laaste voltrekking van doodstraf vir heksery in Duitsland.
- 19 April – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Slag van Lexington en Concord - Britse Generaal Thomas Gage probeer om die wapens van Amerikaanse koloniste te konfiskeer. Die Britte word teruggedryf na Boston. Die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog (American Revolutionary War) begin.
- 24 April – Pous Pius VI stel Leonardo Antonelli, assessor van die Inkwisisie en Bernardino de' Vecchi, dekaan van die priesters van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 17 Mei – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Kontinentale Kongres verklaar handel met Kanada onwettig.
- 29 Mei – Pous Pius VI stel sy oom Giovanni Carlo Bandi, biskop van Imola, aan as kardinaal.
- 17 Junie – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Britse magte neem Bunker Hill buite Boston, Massachusetts oor.
- 17 Julie – Pous Pius VI stel Francesco Maria Banditi, Theat., aartsbiskop van Benevento en Ignazio Gaetano Boncompagni-Ludovisi, referendaris van die hooftribunaal van die Signatura vir Geregtigheid en Genade aan as kardinale.
- 13 November – Pous Pius VI stel Juan Tomás de Boxadors y Sureda de San Martín, O.P., generaal van sy orde, aan as kardinaal.
- 25 Desember – Pous Pius VI publiseer Inscrutabile oor die probleme van sy pontifikaat en Summa Dei oor die afsluiting van die jubileum-jaar.
Geboortes
wysig- 14 April – John Philip, 'n sendeling van die Londense Sendinggenootskap († 1851)
- Thomas Girten – Waterverfskilder
- 20 Januarie – André-Marie Ampère, Franse fisikus († 1836).
- 27 Januarie – Friedrich Schelling, Duitse filosoof († 1854).
- 27 April – JMW Turner, Engelse Waterverfskilder († 1851).
- 12 Augustus – Michiel van Breda, die eerste burgemeester van Kaapstad († 1847).
- 16 Desember – Jane Austen, Engelse skrywer († 1817).