Ferenc Fricsay
Ferenc Fricsay (Hongaars:ˈfɛrɛnt͡s ˈfrit͡ʃɒi; 9 Augustus 1914 – 20 Februarie 1963) was 'n Hongaarse dirigent. Hy was vanaf 1960 tot sy dood 'n Oostenrykse burger gewees.
Repertoire en Opnames
wysigFricsay was bekend vir sy interpretasies van die musiek van Mozart en Beethoven, sowel as die van sy onderwysers Béla Bartók en Zoltán Kodály. Sy 1958 opname van Beethoven se Simfonie No. 9 word gebruik in die rolprent A Clockwork Orange.
Hy het volgens die inskrywing in die New Grove sonder 'n dirigeerstaf gedirigeer, maar het "die ongunstige kritici van sy tegniek tot skande laat kom deur die buitengewone helderheid en presisie van sy uitvoerings," aan welke uitvoerings ook 'n dinamiese gees en helderheid van karakter in die bekende werke toegedig is.
Hy het van die 1950s tot sy dood vir die Deutsche Grammophon plate-etiket opnames gemaak en die inhuldiging van die herboude Deutsche Oper Berlin gelei met 'n uitvoering van Don Giovanni op 24 September 1961.[1] 'n Video van hierdie uitvoering is op DVD uitgereik.
Verwysings
wysig- ↑ Noel Goodwin (1980). "Ferenc Fricsay". New Grove Dictionary of Music and Musicians, v. 6. Macmillan. p. 844.
Eksterne skakels
wysig- Ferenc Fricsay webblad
- Ferenc Fricsay by AllMusic
- Kort biografie van sy tyd in Switserland (de)
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur onbekend |
Musikale Direkteur, Boedapest Opera] 1945–1948 |
Opgevolg deur onbekend |
Voorafgegaan deur Ernő Dohnányi |
mede-Musikale Direkteur, Boedapest Filharmoniese Orkes 1945–1948 |
Opgevolg deur onbekend |
Voorafgegaan deur geen |
Hoofdirigent, Deutsches Symphonie-Orchester Berlyn 1948–1954; 1959–1963 |
Opgevolg deur Lorin Maazel |
Voorafgegaan deur Efrem Kurtz |
Musikale Direkteur, Houston Simfonieorkes 1954–1954 |
Opgevolg deur Leopold Stokowski |
Voorafgegaan deur Rudolf Kempe |
Algemene Musikale Direkteur, Münchense Hofopera 1956–1958 |
Opgevolg deur Joseph Keilberth |