Graeme Gibson
Graeme C. Gibson (9 Augustus 1934 – 18 September 2019) was 'n Kanadese skrywer van romans. Hy was een van die organiseerders van die Writer's Union of Canada en ook 'n stigterslid van die Writers' Trust of Canada. Gibson was in 'n langtermynverhouding met die skrywer Margaret Atwood vanaf 1973, en hulle het 'n gemeenskaplike dogter. Hy geniet die meeste aansien vir sy nie-fiksie boek Eleven Canadian Novelists (1973), waarin hy onderhoude met skrywers soos Atwood voer. Hy het in 1996 besluit om nie meer romans te skryf nie. Atwood het die titel van die laaste roman waarmee hy besig was, naamlik Moral Disorder, by hom oorgeneem vir haar eie gelyknamige versameling van kortverhale (2006).
Graeme Gibson | |
---|---|
Gebore | Thomas Graeme Cameron Gibson 9 Augustus 1934 |
Sterf | 18 September 2019 (op 85) |
Nasionaliteit | Kanada |
Alma mater | Universiteit van Wes-Ontario |
Beroep | Romanskrywer |
Bekend vir | Eleven Canadian Novelists (1973) Perpetual Motion (1982) |
Eggenoot | Shirley Gibson (geskei ca. 1973) Margaret Atwood (1973–2019; sy dood) |
Kinders | 3 |
Bibliografie
wysig- Five Legs – 1969
- Communion – 1971
- Eleven Canadian Novelists – 1973
- Perpetual Motion – 1982
- Gentleman Death – 1993
- The Bedside Book of Birds – 2005
- The Bedside Book of Beasts – 2009
Eksterne skakels
wysig- (en) Graeme Gibson in die Internet-rolprentdatabasis