Kalinikos Kreanga

Kalinikos Kreanga (gebore 8 Maart 1972) is 'n Griekse (voorheen Roemeense) tafeltennisspeler.[1][2] Hy is as Călin Creangă gebore, maar het op die ouderdom van 17 (saam met sy pa) gekies om uit die Kommunisties-beheerde Roemenië te defekteer, terwyl hy in 1989 aan die Europese Tafeltennis-jeugkampioenskappe in Luxemburg deelgeneem het.[3]

Kalinikos Kreanga

Kreanga is in Bistriţa, Roemenië, gebore en het op die ouderdom van 7 begin tafeltennis speel. Sy eerste afrigter was Gheorghe Bozga, wat later Mihaela Steff sou ontdek.

Terwyl hy in Luxemburg was, het hy 'n aanbod ontvang om in Griekeland te speel, hy het toe besluit om daarheen te trek. Omdat hy minderjarig was, kon hy dadelik Griekse burgerskap verkry, en sy naam verander na Kalinikos Kreanga.

Hy is sedert die 1990's een van die oorheersende Europese tafeltennisspelers, en gebruik die handskudgreep om sy spaan mee vas te hou. Sy gunsteling aanvallende wapens blyk die voorhand-topspin en 'n ongelooflike sterk rughand-topspin te wees. Sy rughand-topspin word as een van die mees verwoestende in die geskiedenis van die spel beskou, en word nie juis deur sy onortodokse tegniek beperk nie.

Verwysings

wysig
  1. "Biography". ITTF. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 25 Februarie 2011.
  2. "Biography of KREANGA Kalinikos". ITTF. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2011. Besoek op 25 Februarie 2011.
  3. Roxana Maha (8 Julie 2005). "Creanga a ajuns celebru si bogat din ping-pong". Cotidianul.ro (in Roemeens).[dooie skakel]