Wouter Van Bellingen

Wouter Van Bellingen (Antwerpen, 20 April 1972) is 'n Vlaamse politikus en registrateur. Hy is lid van VlaamsProgressieven, 'n links-liberale politieke party.

Wouter Van Bellingen
Sint-Niklaas gaat vreemd 4.jpg
Gebore20 April 1972
NasionaliteitVlag van België België
Beroeppolitici

Hy is 'n kind van Rwandese ouers en het in België grootgeword by wit aanneemouers. Sedert Januarie 2007 is hy raadslid en skepe van die Vlaamse plek Sint-Niklaas en is daarmee die eerste swart skepe in Vlaandere.

Drie paartjies het geweier dat hy hulle in die eg sou verbind omdat hy 'n swart vel het. Daaraan is in België veel ophef gemaak. Op die internasionale dag teen rassisme van die Verenigde Nasies - 21 Maart 2007 - het hy daarom as registrateur 626 paartjies in die eg verbind.

Wouter Van Bellingen is getrou en het twee kinders. Hy is lid van die Verenigde Protestantse Kerk in België.

Eksterne skakelsWysig