3 Oktober
datum
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
3 Oktober is die 276ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (277ste in skrikkeljare). Daar volg nog 89 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 787 – Tassilo III van Beiere lê die eed van trou aan Karel die Grote af; Beiere verloor so sy onafhanklikheid.
- 1932 – Irak word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1962 – Die fregat SAS President Kruger word in diens gestel.
- 1970 – Die National Oceanic and Atmospheric Administration word in Amerika gestig.
- 1985 – Die Ruimtependeltuig Atlantis word vir die eerste keer gelanseer.
- 1990 – Duitsland word herenig toe die vyf nuwe deelstate van die Duitse Demokratiese Republiek (Mecklenburg-Voorpommere, Brandenburg, Sakse-Anhalt, Sakse en Thüringen) met die Bondsrepubliek Duitsland verenig.
- 1991 – Die tweede Rugbywêreldbeker begin in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.
- 2013 – Gambië verlaat die Britse Statebond.
Geboortes
wysig- 1373 – Hedwig van Pole, Poolse koningin († 1399).
- 1647 – Johannes Voet, Nederlandse regsgeleerde († 1713).
- 1784 – Johann Karl Ehrenfried Kegel, Duitse landbouwetenskaplike en ontdekkingsreisiger († 1863).
- 1789 – Sir Henry Pottinger, 'n Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1856).
- 1860 – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1919).
- 1871 – Stijn Streuvels, Vlaamse skrywer († 1969).
- 1892 – Maurice Maréchal, Franse klassieke tjellis († 1964).
- 1911 – Michael Hordern, Engelse akteur († 1995).
- 1928 – Alvin Toffler, Amerikaanse skrywer en futuris († 2016).
- 1939 – Aleksander Kudrjašovs, Lettiese primaat van die Letties-Ortodokse Kerk en die Metropoliet van Riga en die hele Letland.
- 1944 – Roy Horn, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid († 2020).
- 1953 – Karen Bass, burgemeester van Los Angeles.
- 1976 – Carl Beukes, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1987 – Cleo von Adelsheim, Duitse aktrise.
- 1997 – Jo-ane Van Dyk, Suid-Afrikaanse baan- en veldatleet wat aan die spiesgooi deelneem.
Sterftes
wysig- 1226 – Sint Franciskus van Assisi, ’n Italiaanse Rooms-Katolieke monnik en prediker (* 1181/2)
- 1653 – Marcus Zuerius van Boxhorn, Nederlandse geleerde en taalkundige. (* 28 Augustus 1612).
- 1967 – Malcolm Sargent, Britse dirigent (* 1895).
- 1972 – Phil Mostert, Suid-Afrika se sestiende Springbokkaptein (* 1898).
- 1987 – Jean Anouilh, Franse dramaturg (* 1910).
- 1991 – Jacques Loots, Suid-Afrikaanse akteur (* 1925).
- 2018 – Leon M. Lederman, bekroonde Amerikaanse eksperimentele fisikus (* 1922).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 3 October. |