Svante August Arrhenius (* 19 Februarie 1859 op die landgoed Vik naby Uppsala; † 2 Oktober 1927 in Stockholm) was 'n Sweedse chemikus en fisikus. Arrhenius is in 1884 gepromoveer tot doktor in die wetenskappe aan die universiteit van Uppsala. Sy proefskrif het gehandel oor die elektriese geleidbaarheid. Hoewel sy kommissie die waarde van díe proefskrif nie onderken het nie het dit die uitgangspunt en grondslag geword van sy teorie oor elektrolitiese dissosiasie. In 1903 het Arrhenius die Nobelprys vir Chemie ontvang[1] en in 1919 word hy direkteur van die Nobel-instituut vir fisiese chemie in Stockholm. Hy word beskou as een van die grondleggers van die fisiese chemie.

Svante Arrhenius
Arrhenius2.jpg
Svante Arrhenius
Gebore
Svante August Arrhenius

19 Februarie 1859
Wik-kasteel, Uppland, Swede
Sterf2 Oktober 1927 (op 68)
NasionaliteitSweeds
Alma materUniversiteit van Uppsala
Universiteit van Stockholm
Bekend virArrhenius se vergelyking
Teorie van ioniese dissosiasie
Suur-basisteorie
ToekenningsNobelprys vir Chemie (1903)
Franklinmedalje (1920)

VerwysingsWysig

  1. (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1903". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2017.

Eksterne skakelsWysig