Cromwell Everson
Cromwell Everson 28 September 1925 - 11 Junie 1991 was veral bekend as 'n Suid-Afrikaanse komponis. Hy het groot geword in 'n Afrikaner-omgewing, sy moeder was Maria De Wit en sy vader Robert Everson. Everson het die tradisie voorgesit en sy kinders ook Afrikaans groot gemaak.
Cromwell Everson | |
---|---|
Geboortenaam | Cromwell Everson |
Gebore | 28 September 1925 Suid-Afrika |
Sterf | 11 Junie 1991 |
Opleiding
wysig- 1945, Matriek, Central High School, Beaufort Wes
- 1950, Baccalaureusgraad in Musiek, Universiteit van Stellenbosch
- 1974, Doktor van Musiek, Universiteit van Kaapstad
Werke
wysigDie eerste Afrikaanse opera, Klutaimnestra, is geskryf deur Everson. Die meeste van sy ander liedere is ook in Afrikaans. Behalwe die opera bestaan Everson se werke uit vyf sonatas, 'n viooltrio, 'n stel invensies, vier liedsiklusse, 'n klaviersuite, 'n verskeidenheid bewegings vir klavier en kitaar, 'n skrykkwartet, asook 'n onvoltooide simfonie.
Opera
wysig- Klutaimnestra (eng:Clytemnestra) (Libretto, Cromwell Everson), Afrikaanse opera in vier bewegings (1967). Eerste opvoering 7 November 1967, Biesenbach-saal, Worcester, met Lorraine Du Toit as sopraan.
Eksterne skakels
wysig- ATKV se postume erkenning van Everson
- Verwysing na artikel deur Beppie Beernaert oor Everson se "Sewe invensies", Musikologie ars nova lys - Unisa
- Verwysing na artikels wat Everson self gepubliseer het in Musicus - Unisa
- Dictonary of African Composers Geargiveer 1 Oktober 2006 op Wayback Machine
- Verwysing na Everson as SA komponis, Arts and Humanities pages of Intute
- Verwysing na die Verhandeling "The life and music of Cromwell Everson." deur Jeffrey James Brukman, Doktor van Musikologie[dooie skakel]
- MusicSack-databasis van boeke wat verwys na Everson as komponis
- Verwysing na die opera van Everson in die biografie van Lorraine Du Toit[dooie skakel]
Verwysings
wysig- "The life and music of Cromwell Everson" by Brukman, Jeffrey James - Thesis, Doktor van Musikologie, 2006
- "Komponiste van Suid-Afrika" Composers of South Africa deur Bouws, Jan, uitgewer C.F. Albertyn (Edms) Bpk, Stellenbosch, 1971