Algoabaai
AlgoaBay.jpg
Uitsig oor Algoabaai
Koördinate:33°50′S 25°50′O / 33.833°S 25.833°O / -33.833; 25.833Koördinate: 33°50′S 25°50′O / 33.833°S 25.833°O / -33.833; 25.833
Ligging:Oos-Kaap, Suid-Afrika
Soort:Baai van die Indiese Oseaan
Maksimum diepte:436 m
Uitvloei:Indiese Oseaan
Eiland/e:Voëleiland, St Croix-eiland
Nedersettings:Port Elizabeth

Algoabaai (Engels: Algoa Bay) is 'n groot, wye baai aan die Oos-Kaapse kus, sowat 683 km oos van Kaap die Goeie Hoop. Die baai is op plekke tot 436 meter diep. Die hawestad Port Elizabeth en Coega-nywerheidsontwikkeling is langs die baai geleë.

Die baai is in 1486 deur Bartolomeus Dias op sy eerste reis om die Kaap die Goeie Hoop ontdek. Dit bied goeie ankerplek vir skepe, maar die suidoostewind was die oorsaak van baie wrakke totdat die huidige dokke gebou is.

Algoabaai is ook 'n vroeëre naam van Port Elizabeth.[1] Die woord "baai" is ook ingesluit in die teenswoordige naam van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit wat in 2001 rondom Algoabaai tot stand gekom het.

Sien ookWysig

FotogaleryWysig

VerwysingsWysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakelsWysig