19 Mei
datum
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
19 Mei is die 139ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (140ste in skrikkeljare). Daar volg nog 226 dae.
Gebeure
wysig- 363 – ’n Aardbewing tref die stad Petra.
- 715 – Pous Gregorius II volg Pous Konstantyn op.
- 1285 – Giacomo Savelli (die volgende dag Pous Honorius IV) tot priester gewy deur kardinaal Malabranca Orsini.
- 1342 – Pous Clemens VI gekroon in Avignon.
- 1464 – Francesco della Rovere, later Pous Sixtus IV word generaal van die Franciskane.
- 1500 – Giovanni de’ Medici (later Pous Leo X) keer terug na Rome na sy ballingskap in Duitsland, Nederland en Frankryk.
- 1535 – Franse ontdekkingsreisiger Jacques Cartier seil op sy tweede tog na Noord-Amerika met drie skepe, 110 bemanningslede, en Chief Donnacona se 2 seuns (wat Cartier ontvoer het gedurende sy eerste tog).
- 1536 – Anna Boleyn, die tweede vrou van Hendrik VIII van Engeland word onthoof vir egbreuk.
- 1568 – Koningin Elizabeth I van Engeland arresteer Maria I van Skotland.
- 1643 – Slag van Rocroi: Franse oorwinning oor die Spaanse magte by Rocroi, Frankryk.
- 1780 – Onverklaarde duisternis oor die ooste van Kanada en die Nieu-Engeland-state begin teen 2 nm.
- 1769 – Pous Clemens XIV volg Pous Clemens XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1802 – Die Légion d’Honneur gestig deur Napoleon Bonaparte.
- 1837 – Pous Gregorius XVI stel Luigi Amat di San Filippo e Sorso, titulêr aartsbiskop van Nicea en Angelo Mai, sekretaris van Propaganda Fide aan as kardinale.
- 1848 – Mexikaans-Amerikaanse Oorlog: Verdrag van Guadalupe Hidalgo – Meksiko beëindig die oorlog en verkoop Texas, Kalifornië en die grootste deel van Arizona en Nieu-Mexiko aan die Verenigde State vir $15 miljoen.
- 1852 – NG gemeente Middelburg, Kaap gestig; smelt op 13 September 2010 saam met Middelburg-Uitsig as Middelburg, Karoo.
- 1870 – NG gemeente Simonstad kry sy eerste leraar, ds. Gustave Adolph Maeder, 15 jaar ná die gemeente se stigting.
- 1897 – Oscar Wilde word vrygelaat uit die gevangenis.
- 1919 – Mustafa Kemal Atatürk trek na Samsun vanaf Istanboel aanboord van ’n ou skip genoem Bandirma.
- 1961 – Wenera-ruimteprogram: Wenera 1 word die eerste mensgemaakte voorwerp wat verby ’n ander planeet beweeg deur verby Venus te vlieg. (Die ruimtetuig het reeds ’n maand vantevore kontak verloor met die aarde en geen data teruggestuur nie).
- 1971 – Sowjetse Mars-ruimteprogram: Mars 2 word gelanseer deur die Sowjetunie.
- 1991 – Willy T. Ribbs word die eerste Afro-Amerikaanse renjaer wat vir die Indianapolis 500 kwalifiseer.
- 1999 – Star Wars: The Phantom Menace word in rolprentteaters in die Verenigde State vrygestel en stel ’n nuwe rekord op met kaartjieverkope van $28,5 miljoen op die openingsdag.
- 2001 – Eenkindbeleid: Zhonghua Sun word tereggestel deur staatsamptenare van die Volksrepubliek China omdat sy geweier het om gesteriliseer te word.
- 2018 – Die bruilof van die Britse Prins Harry met die Amerikaanse Meghan Markle.
Geboortes
wysig- 1762 – Johann Gottlieb Fichte, Duitse filosoof († 1814).
- 1857 – Willem Conradie, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die skrywer van onder meer die Afrikaanse Kinderbybel († 1925)
- 1890 – Ho Chi Minh, Vietnamese leier († 1969).
- 1906 – Bruce Bennett, Amerikaanse akteur en atleet († 2007).
- 1914 – Max Perutz, Oostenryks-Engelse bioloog en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1962 († 2002).
- 1918 – Basil Kenyon, Suid-Afrika se een-en-twintigste Springbokkaptein († 1996).
- 1919 – Esmé Euvrard, Suid-Afrikaanse radio-omroeper, sanger en aktrise († 1993).
- 1923 – Johannes Meintjes, Suid-Afrikaanse kunsskilder en skrywer († 1980).
- 1925 – Pol Pot, Kambodjaanse diktator († 1998)
- 1931 – David Wilkerson, Amerikaanse evangelis en skrywer († 2011).
- 1933 – Edward De Bono, Maltees gebore skrywer († 2021).
- 1935 – Pietie du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus († 2001).
- 1939 – Dick Scobee, Amerikaanse ruimtevaarder († 1986).
- 1943 – Hennie Smit, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1953 – Victoria Wood, Britse aktrise († 2016).
- 1956 – James Gosling, die “vader” van Java-programmeertaal.
- 1957 – Danny Titus, Suid-Afrikaanse regsman, taalstryder en historikus († 2020).
- 2003 - JoJo Siwa, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
wysig- 1218 – Keiser Otto IV (* 1175).
- 1296 – Pous Celestinus V, 191ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1215).
- 1536 – Anna Boleyn, tweede vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1501)
- 1623 – Mariam-uz-Zamani, keiserin van die Mogolryk (* 1542)
- 1864 – Nathaniel Hawthorne, Amerikaanse skrywer (* 1804).
- 1875 – Sir Christoffel Josephus Brand, die eerste Speaker van die Kaapse parlement (* 1779).
- 1901 – M.W. Pretorius, Transvaalse en Vrystaatse staatsman, President van die Oranje-Vrystaat en ZAR (* 1819).
- 1935 – T. E. Lawrence, Britse soldaat ("Lawrence of Arabia") (* 1888).
- 1946 – Booth Tarkington, Amerikaanse skrywer (* 1869).
- 1954 – Charles Ives, Amerikaanse komponis (* 1874).
- 1958 – Ronald Colman, Britse akteur (* 1891).
- 1963 – Lotus Thompson,Australiese aktrise (* 1906).
- 1990 – Albie Venter, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1940).
- 1994 – Jacqueline Kennedy Onassis, 'n Amerikaanse boekredakteur, Eerste Dame van die Verenigde State van Amerika, (* 1929).
- 2014 – Jack Brabham, Australiese Grand Prix-renjaer (* 1926).
- 2017 – Stanislav Petrov, Sowjetse luitenant-kolonel (* 1939).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 19 May. |
- Fees van die heilige Dunstan.
- Fees van Pous Celestinus V in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Fees van Sint Pudens in die Rooms-Katolieke Kerk.