Albie Venter
Albie Venter was 'n Suid-Afrikaanse rolprentregiseur en -vervaardiger. Venter is op 31 Januarie 1940 in Johannesburg gebore en het aan die Hoër Seunskool Helpmekaar gematrikuleer. Daarna het hy aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer. Terwyl hy 'n student was, het hy sy film-maatskappy, Brigadiers gestig. Hy is op die ouderdom van 50 aan hartverwante oorsake oorlde.[1]
Albie Venter | |
Geboorte | 31 Januarie 1940 Johannesburg |
---|---|
Sterfte | 19 Mei 1990 Sandton, Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Regisseur, vervaardiger |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
wysigAs vervaardiger:
- Agter Elke Man, 1990
- Dirty Games, 1989
- In the Name of Blood, 1989
- Nukie, 1988
- Tawwe Tienies, 1984
- Geel Trui vir 'n Wenner, 1983
- Nommer asseblief - die rolprent, 1981
- Grensbasis 13, 1979
- Die Vlindervanger, 1976
- Wing Commander, 1975
- Kaptein Caprivi, 1972
As regisseur:
- Kaptein Caprivi, 1972