Booth Tarkington
Newton Booth Tarkington (29 Julie 1869 — 19 Mei 1946) was 'n Amerikaanse skrywer van romans en toneelstukke. Hy word vandag hoofsaaklik geken vir twee romans wat albei toegeken is met die Pulitzerprys vir Fiksie: The Magnificent Ambersons wat hierdie toekenning ontvang het in 1919, en Alice Adams wat dit ontvang het in 1922. Laasgenoemde boek is deur George Stevens omskep in 'n ikoniese rolprent met Katharine Hepburn in die hoofrol.
Booth Tarkington | |
---|---|
Gebore | Newton Booth Tarkington 29 Julie 1869 |
Sterf | 19 Mei 1946 Indianapolis, Indiana, Verenigde State |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | Universiteit van Princeton |
Beroep | Romanskrywer en dramaturg |
Bekend vir | The Magnificent Ambersons (1918) Alice Adams (1921) |
Eggenoot | Laurel Fletcher Susannah Keifer Robinson |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Booth Tarkington.