Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023
Die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 (Engels: 2021–2023 ICC World Test Championship) is van 4 Augustus 2021 tot 11 Junie 2023 beslis. Dit was die tweede Wêreldtoetskampioenskap in toetskrieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit het op 4 Augustus 2021 begin met die eerste toets in die Pataudi-trofeereeks en geëindig op 11 Junie 2023 met die eindstryd op The Oval, Londen, Engeland.
Kenteken van die Wêreldtoetskampioenskap | |
Datums | 4 Augustus 2021 – 11 Junie 2023 |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Toetskrieket |
Toernooiformaat | Liga en eindstryd |
Gashere | verskeie |
Kampioen | Australië (1ste titel) |
Naaswenner | Indië |
Deelnemers | 9 |
Wedstryde gespeel | 70 |
Meeste lopies | Joe Root (1915)[1] |
Meeste paaltjies | Nathan Lyon (88)[2] |
Aan die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 het nege van die destydse twaalf toetslande deelgeneem, waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt ander spanne gespeel het. Elke reeks het tussen twee en vyf wedstryde behels, dus het elke span ses reekse gespeel (elk drie tuis en weg); daar is egter nie met dieselfde aantal toetswedstryde vir elke span beplan nie. Elke span kon tydens elke reeks ’n maksimum 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte het in die eindstryd ontmoet.[3] In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sou albei spanne die trofee deel.
Van die toetsreekse in die Wêreldtoetskampioenskap was deel van langer aaneenlopende reekse, soos die As-reeks 2021/22. Van die nege deelnemende spanne sou ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel was van die Wêreldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2018–23, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 deelgeneem het nie.[4]
Beide Australië en Indië het hul plek in die eindstryd op The Oval in Londen tydens die Border-Gavaskar-trofee bespreek, Australië op 5 Maart nadat hulle die derde toets gewen het[5] en Indië nadat die vierde toetswedstryd op 13 Maart 2023 onbeslis geëindig het.[6] Australië het die eindstryd met 209 lopies gewen, waarvolgens hulle die eerste span geword het om al die IKR-trofee in te palm.[7]
Tabel
wysigPlek | Span | Toetsreekse | Toetwsedstryde | M. pte. | Pte | ± | Pers | |||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Rek | Wen | Ver | Onb | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | ||||||||||
1 | Australië | 6 | 4 | 2 | 1 | 19 | 11 | 3 | 5 | 0 | 228 | 152 | 0 | 66.7 | ||||
2 | Indië | 6 | 4 | 1 | 1 | 18 | 10 | 5 | 3 | 0 | 216 | 127 | 5 | 58.8 | ||||
3 | Suid-Afrika | 6 | 3 | 2 | 1 | 15 | 8 | 6 | 1 | 0 | 180 | 100 | 0 | 55.6 | ||||
4 | Engeland | 6 | 3 | 2 | 1 | 22 | 10 | 8 | 4 | 0 | 264 | 124 | 12 | 47 | ||||
5 | Sri Lanka | 6 | 2 | 2 | 2 | 12 | 5 | 6 | 1 | 0 | 144 | 64 | 0 | 44.44 | ||||
6 | Nieu-Seeland | 6 | 1 | 2 | 3 | 13 | 4 | 6 | 3 | 0 | 156 | 60 | 0 | 38.46 | ||||
7 | Pakistan | 6 | 1 | 2 | 3 | 14 | 4 | 6 | 4 | 0 | 168 | 64 | 0 | 38.1 | ||||
8 | Wes-Indië | 6 | 2 | 3 | 1 | 13 | 4 | 7 | 2 | 0 | 156 | 54 | 2 | 34.6 | ||||
9 | Bangladesj | 6 | 0 | 4 | 2 | 12 | 1 | 10 | 1 | 0 | 144 | 16 | 0 | 11.1 | ||||
Laaste keer hersien: 11 Junie 2023.[8] |
Toetsreekse
wysigBegin | Tuisspan | Wegspan | Uitslae | Punte |
---|---|---|---|---|
2021-seisoen | ||||
4 Augustus 2021 | Engeland | Indië | (2–1) [5] | (14–26) |
12 Augustus 2021 | Pakistan | Wes-Indië | 1–1 [2] | 12–12 |
2021/22-seisoen | ||||
21 November 2021 | Sri Lanka | Wes-Indië | 2–0 [2] | 24–0 |
25 November 2021 | Indië | Nieu-Seeland | 1–0 [2] | 16–4 |
26 November 2021 | Bangladesj | Pakistan | 0–2 [2] | 0–24 |
8 Desember 2021 | Australië | Engeland | 4–0 [5] | 52–4 |
26 Desember 2021 | Suid-Afrika | Indië | 2–1 [3] | 24–11 |
1 Januarie 2022 | Nieu-Seeland | Bangladesj | 1–1 [2] | 12–12 |
17 Februarie 2022 | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | 1–1 [2] | 12–12 |
25 Februarie 2022 | Indië | Sri Lanka | 2–0 [2] | 24–0 |
3 Maart 2022 | Pakistan | Australië | 0–1 [3] | 8–20 |
8 Maart 2022 | Wes-Indië | Engeland | 1–0 [3] | 18–8 |
30 Maart 2022 | Suid-Afrika | Bangladesj | 2–0 [2] | 24–0 |
2022-seisoen | ||||
15 Mei 2022 | Bangladesj | Sri Lanka | 0–1 [2] | 4–16 |
2 Junie 2022 | Engeland | Nieu-Seeland | 3–0 [3] | 32–0 |
16 Junie 2022 | Wes-Indië | Bangladesj | 2–0 [2] | 24–0 |
29 Junie 2022 | Sri Lanka | Australië | 1–1 [2] | 12–12 |
16 Julie 2022 | Sri Lanka | Pakistan | 1–1 [2] | 12–12 |
17 Augustus 2022 | Engeland | Suid-Afrika | 2–1 [3] | 24–12 |
2022/23-seisoen | ||||
30 November 2022 | Australië | Wes-Indië | 2–0 [2] | 24–0 |
1 Desember 2022 | Pakistan | Engeland | 0–3 [3] | 0–36 |
14 Desember 2022 | Bangladesj | Indië | 0–2 [2] | 0–24 |
17 Desember 2022 | Australië | Suid-Afrika | 2–0 [3] | 28–4 |
27 Desember 2022 | Pakistan | Nieu-Seeland | 0–0 [2] | 8–8 |
9 Februarie 2023 | Indië | Australië | 2–1 [4] | 28–16 |
28 Februarie 2023 | Suid-Afrika | Wes-Indië | 2–0 [2] | 24–0 |
9 Maart 2022 | Nieu-Seeland | Sri Lanka | 2–0 [2] | 24–0 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Records in ICC World Test Championship, 2021–2023 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) "Records in ICC World Test Championship, 2021–2023 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) "FAQS ON WTC 2021–23" (PDF). Internasionale Krieketraad. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) "Men's Future Tour Programme 2018–2023 released". Internasionale Krieketraad. 20 Junie 2018. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) Hemant Brar (3 Maart 2023). "Travis Head leads charge to seal emphatic chase for Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (13 Maart 2023). "India take series 2–1 after tedious draw on lifeless Ahmedabad pitch". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (11 Junie 2023). "Boland breaks India's resistance as Australia claim WTC title". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ (en) "ICC World Test Championship 2021–2023 Table". ESPNCricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
Eksterne skakels
wysig
Wêreldtoetskampioenskap | |||
---|---|---|---|
Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 • Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 • Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 • 2025–2027 • 2027–2029 • 2029–2031 |