T20I-wêreldbeker 2014
Die T20I-wêreldbeker 2014 (Engels: 2014 ICC Men's T20 World Cup) is van 16 Maart tot 6 April 2014 in Bangladesj beslis. Dit was die vyfde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2014 (2014 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die T20I-wêreldbeker 2012 in Sri Lanka was dit die tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2014 | |
Datums | 16 Maart – 6 April |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Tien en uitklopfase |
Gashere | Bangladesj |
Kampioen | Sri Lanka (1ste titel) |
Naaswenner | Indië |
Deelnemers | 16 (26 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 35 |
Speler van die reeks | Virat Kohli |
Meeste lopies | Virat Kohli (319)[1] |
Meeste paaltjies | Ahsan Malik Imran Tahir (12 elk)[2] |
← 2012 2016 → |
Die T20I-wêreldbeker 2014 was die eerste toernooi met 16 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die twaalf van die eerste vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 16 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die T20I-wêreldbeker 2014 is 35 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 20 in die Super Tien en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 8 Oktober 2012 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien is die spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Indië, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika en Sri Lanka het die verdedigende wêreldkampioen Wes-Indië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne Indië en Sri Lanka mekaar in die eindstryd ontmoet het. Sri Lanka het Indië in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met ses paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en die gedeelde titel met Indië tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Sri Lanka se derde internasionale kriekettitel. Die gasheer Bangladesj is in die Super Tien uitgeskakel.
Toewysing
wysigDie Internasionale Krieketraad het Bangladesj in 2010 as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2014 aangewys.[4] Ná die Kampioenetrofee 1998 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj aangebied is.
Deelnemers
wysigOp 16 April 2012 het die IKR se uitvoerende raad besluit dat vanaf 2014 16 pleks van 12 spanne aan die T20I-wêreldbeker sal kan deelneem. Vervolgens kon naas die destydse tien toetslande ses assosiaatlede aan die T20I-wêreldbeker 2014 deelneem.[5] Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj (gasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer. Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Hongkong, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Die agt beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 8 Oktober 2012 het regstreeks tot die Super Tien gevorder, terwyl die oorblywende agt spanne aan die eerste rondte deelgeneem het.[6]
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Bangladesj | Gasheer | Vyfde | 2012 | Super Agt (2007) |
Australië | Volle lede | Vyfde | 2012 | Naaswenner (2010) |
Engeland | Vyfde | 2012 | Kampioen (2010) | |
Indië | Vyfde | 2012 | Kampioen (2007) | |
Nieu-Seeland | Vyfde | 2012 | Halfeindrondte (2007) | |
Pakistan | Vyfde | 2012 | Kampioen (2009) | |
Sri Lanka | Vyfde | 2012 | Naaswenner (2009, 2012) | |
Suid-Afrika | Vyfde | 2012 | Halfeindrondte (2009) | |
Wes-Indië | Vyfde | 2012 | Kampioen (2012) | |
Zimbabwe | Vierde | 2012 | Eerste rondte (2007, 2010, 2012) | |
Afghanistan | T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2013 | Derde | 2012 | Eerste rondte (2010, 2012) |
Hongkong | Eerste | – | Debuut | |
Ierland | Vierde | 2012 | Super Agt (2009) | |
Nederland | Tweede | 2009 | Eerste rondte (2009) | |
Nepal | Eerste | – | Debuut | |
Verenigde Arabiese Emirate | Eerste | – | Debuut |
Stadions
wysigTydens die toernooi is drie Bengaalse stadions gebruik. Altesaam 35 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2014 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Formaat
wysigDie T20I-wêreldbeker 2014 is oor 22 dae tussen 16 verskillende spanne oor 35 wedstryde beslis. Dit het op 16 Maart 2014 op Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met die openingswedstryd tussen die gasheer Bangladesj en Afghanistan begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 6 April met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Tien, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Eerste rondte en Super Tien
wysigDie T20I-wêreldbeker 2014 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 8 Oktober 2012 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van albei groepe het na die Super Tien deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Tien is deur tien spanne in twee groepe van vyf spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vier wedstryde in die Super Tien gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Tien-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
wysig’n Paneel van 14 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[7]
Skeidsregters
wysig
|
Wedstrydbeamptes
wysigWedstryde
wysigKwalifiseer vir die Super Tien. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Tien en die uitklopfase.
Eerste rondte
wysigAgt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Tien deurgedring.
Groep A
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Bangladesj | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +1.466 |
Nepal | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.933 |
Afghanistan | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.981 |
Hongkong | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −1.455 |
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Najeeb Tarakai (Afg) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit is Afghanistan se destyds laagste T20I-telling – later oortref teen Suid-Afrika tydens die 2024-toernooi.[8]
- Dit is ook die laagste T20I-wêreldbekertelling ooit van enige span teen Bangladesj.[8][9][10]
- Bangladesj se oorwinning met nege paaltjies en 48 oorblywende aflewerings is hulle grootste T20I-oorwinning volgens beide “met paaltjies” en “met aflewerings”.[11]
- Afghanistan se nederlaag met nege paaltjies en 48 oorblywende aflewerings is hulle ergste T20I-nederlaag volgens beide “met paaltjies” en “met aflewerings”.[8][12]
t
|
||
- Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Aizaz Khan, Babar Hayat, Haseeb Amjad, Irfan Ahmed, Jamie Atkinson, Nadeem Ahmed, Najeeb Amar, Nizakat Khan, Tanwir Afzal, Waqas Barkat en Mark Chapman (almal HK), asook Binod Bhandari, Basant Regmi, Gyanendra Malla, Jitendra Mukhiya, Naresh Budayair, Paras Khadka, Sharad Vesawkar, Sagar Pun, Sompal Kami, Shakti Gauchan en Subash Khakurel (almal Nep) het hul T20I-debuut gemaak.
- Beide Hongkong en Nepal het hul T20I-wêreldbekerdebuut gemaak.[13]
- Dit is ook die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd tussen twee assosiaatlede.[13]
- Najeeb Amar (HK) word op 42 jaar en 172 dae die oudste T20I-debutant.[14]
- Paras Khadka (Nep) neem ’n paaltjie met sy eerste T20I-aflewering.[15]
- Hongkong teken ná Ierland tydens die 2010-toernooi die destyds naaslaagste T20I-wêreldbekertelling en die vyfde laagste in T20I-wedstryde aan.[8][12]
- Dit is Nepal se grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies.[16]
- Dit is ook Hongkong se ergste T20I-wêreldbekernederlaag ooit volgens aantal lopies.[16]
t
|
||
- Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Munir Dar (HK) het sy T20I-debuut gemaak.
- Hongkong is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ehsan Nawaz (HK) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit is Hongkong se eerste T20I-wêreldbekeroorwinning.[17]
- Bangladesj vorder hiermee tot die Super Tien.
- Nepal is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep B
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Nederland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +1.109 |
Zimbabwe | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.957 |
Ierland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.701 |
Verenigde Arabiese Emirate | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −1.541 |
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andy McBrine (Irl) en Tafadzwa Kamungozi (Zim) het hul T20I-debuut gemaak.
- Dit was die eerste T20I-wedstryd tussen Ierland en Zimbabwe.
- Dit is die naelskraapste T20I-oorwinning vir Ierland volgens aantal paaltjies en oorblywende aflewerings.[18]
- Dit is ook die naelskraapste T20I-nederlaag vir Zimbabwe volgens aantal paaltjies en oorblywende aflewerings.[18]
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Logan van Beek (Ned), asook Manjula Guruge, Amjad Ali, Amjad Javed, Shadeep Silva, Faizan Asif, Kamran Shazad, Khurram Khan, Rohan Mustafa, Shaiman Anwar, Swapnil Patil en Vikrant Shetty (almal UAE) het hul T20I-debuut gemaak.
- Dit was die Verenigde Arabiese Emirate se eerste T20I-wedstryd.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Speel is weens vloedligskade onderbreek en eindelik na reën by 14.2 boulbeurte gedurende Ierland se kolfbeurt afgelas. Hul wentelling was 83 lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode.
- Ahmed Raza en Sharif Asadullah (albei UAE) het hul T20I-debuut gemaak.
- Die Verenigde Arabiese Emirate is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Elton Chigumbura teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal vir Zimbabwe aan (in 21 aflewerings).[19][20]
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Kevin O’Brien en Andrew Poynter se vennootskap van 100 lopies is met ’n lopietempo van 13.46 die destyds vinnigste met meer as ’n 100 lopies in die T20I-wêreldbekergeskiedenis – later oortref deur Aaron Jones en Andries Gous vir die Verenigde State teen Kanada tydens die 2024-toernooi.[21]
- Nederland teken die destyds grootste telling deur ’n assosiaatlid tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur die Verenigde State teen Kanada tydens die 2024-toernooi.[21]
- Stephan Myburgh teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal vir Nederland aan (in 17 aflewerings).[19][22]
- Om die Super Tien te haal moes Nederland binne-in 14.2 boulbeurte of minder wen.
- Nederland vorder hiermee tot die Super Tien.
- Ierland en Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Super Tien
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Tien spanne het aan die Super Tien deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 4 | 3 | 1 | 0 | 6 | +2.233 |
Suid-Afrika | 4 | 3 | 1 | 0 | 6 | +0.075 |
Nieu-Seeland | 4 | 2 | 2 | 0 | 4 | −0.678 |
Engeland | 4 | 1 | 3 | 0 | 2 | −0.776 |
Nederland | 4 | 1 | 3 | 0 | 2 | −0.866 |
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Speel is weens reën by 5.2 boulbeurte gedurende Nieu-Seeland se kolfbeurt afgelas. Hul wentelling was 44 lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode.
- Die Engelse kaptein Stuart Broad word met 15% van sy wedstrydgeld beboet nadat hy die skeidsregters se besluit om tydens ’n donderstorm te speel kritiseer.[23]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die Suid-Afrikaanse kaptein Faf du Plessis word weens ’n stadige oorskotkoers met 40% van sy wedstrydgeld beboet en die ander Suid-Afrikaanse spelers met 20%.[24]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nuwan Kulasekara (SL) boul die destyds mees ekonomiese spel in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd en oortref daarmee Albie Morkel (RSA) se vorige rekord teen Engeland tydens die 2009-toernooi – later oortref deur Lockie Ferguson (NZ) teen Papoea-Nieu-Guinee tydens die 2024-toernooi.[25]
- Nederland teken met 39 almal uit die destyds laagste T20I-telling aan – later geëwenaar deur Uganda teen Wes-Indië tydens die 2024-toernooi.[8]
- Dit is die destyds hoogste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal oorblywende aflewerings – later oortref deur Engeland teen Oman tydens die 2024-toernooi.[16]
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ahsan Malik word die vierde bouler en eerste Nederlander wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[26] Hy behaal ook die beste T20I-boulsyfers deur ’n geassosieerde bouler teen ’n toetsland.[27]
- Die Suid-Afrikaanse kaptein Faf du Plessis word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van sy wedstrydgeld beboet en uit die volgende wedstryd geskors.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Alex Hales word die vyfde kolwer en eerste Engelsman wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal aanteken.[28] Hy teken ook die hoogste T20I-telling deur ’n Engelse kolwer aan.[29]
- Die Sri Lankaanse kaptein Dinesh Chandimal word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van sy wedstrydgeld beboet en uit die volgende wedstryd geskors.[30]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Brendon McCullum (NZ) word die eerste kolwer wat die mylpaal van 2000 T20I-lopies haal.[31]
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- AB de Villiers teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal vir Suid-Afrika aan (in 23 aflewerings).[19][32]
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rangana Herath word die vyfde bouler en derde Sri Lankaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[26][34] Hy behaal ook die destyds beste T20I-boulsyfers.[35]
- Kane Williamson se bydrae van 42 lopies tot Nieu-Seeland se telling van 60 is met 70% die hoogste individuele T20I-bydra.[36]
- Nieu-Seeland teken die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan en oortref daarmee Engeland se vorige rekord teen Indië tydens die 2012-toernooi – later oortref deur Wes-Indië teen Engeland tydens die 2021-toernooi.[8]
- Dit is slegs die tweede keer wat albei spanne tydens dieselfde T20I-wêreldbekerwedstryd uitgeboul word, ná Australië teen Pakistan tydens die 2010-toernooi.[37]
- Sri Lanka verdedig met 119 lopies die gesamentlik laagste T20I-wêreldbekertelling suksesvol, later geëwenaar deur Indië teen Pakistan en oortref deur Suid-Afrika teen Bangladesj tydens die 2024-toernooi.[38][39]
- Dit is Nieu-Seeland se destyds ergste nederlaag wanneer hulle tweede gekolf het – later oortref teen Afghanistan tydens die 2024-toernooi.[16]
- Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 2
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 4 | 4 | 0 | 0 | 8 | +1.280 |
Wes-Indië | 4 | 3 | 1 | 0 | 6 | +1.971 |
Pakistan | 4 | 2 | 2 | 0 | 4 | −0.384 |
Australië | 4 | 1 | 3 | 0 | 2 | −0.857 |
Bangladesj | 4 | 0 | 4 | 0 | 0 | −2.072 |
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mohammed Shami (Ind) het sy T20I-debuut gemaak.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Brad Hogg (Aus) word op 43 jaar en 53 dae die destyds oudste speler wat in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd verskyn – later oortref deur Ryan Campbell (HK) op 44 jaar en 34 dae tydens die 2016-toernooi.[40]
- Glenn Maxwell teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal vir Australië aan (in 18 aflewerings).[19][41]
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Indië se eerste T20I-oorwinning ooit oor Wes-Indië.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ahmed Shehzad word die sesde kolwer en eerste Pakistani wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal aanteken.[28][42]
- Australië en Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mohit Sharma (Ind) het sy T20I-debuut gemaak.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Taskin Ahmed (Ban) het sy T20I-debuut gemaak.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wes-Indië teken 82 lopies binne-in die laaste vyf boulbeurte aan.
- Dit is Wes-Indië se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies en oortref hul vorige rekord teen Australië tydens die 2012-toernooi – later oortref teen Uganda tydens die 2024-toernooi.[16]
- Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase
wysigDie uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
3 April – Dhaka | ||||||
Sri Lanka | 160/6 | |||||
Wes-Indië | 80/4 | 6 April – Dhaka | ||||
Sri Lanka | 134/4 | |||||
4 April – Dhaka | Indië | 130/4 | ||||
Indië | 176/4 | |||||
Suid-Afrika | 172/4 |
Halfeindrondte
wysigt
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Speel is weens reën en hael by 13.5 boulbeurte gedurende Wes-Indië se kolfbeurt afgelas. Hul wentelling was 107 lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode.
- Dit is Wes-Indië se tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
- Sri Lanka haal vir die derde keer ná 2009 en 2012 die T20I-wêreldbekereindstryd.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Eindstryd
wysigt
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Sri Lanka se tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekereindstryd.
- Beide Kumar Sangakkara en Mahela Jayawardene (albei SL) speel in hul laaste T20I-wedstryd.[43]
- Mahela Jayawardene word die eerste kolwer wat die mylpaal van 1000 T20I-wêreldbekerlopies haal.[44]
T20I-wêreldkampioen 2014 |
---|
Sri Lanka |
Statistiek
wysigFinale puntestand
wysigHierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2014.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Sri Lanka | 1 | 6 | 5 | 0 | 1 | 807 | 659 | +148 | 10 | — |
2 | Indië | 2 | 6 | 5 | 0 | 1 | 867 | 789 | +78 | 10 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Wes-Indië | 2 | 5 | 3 | 0 | 2 | 725 | 648 | +77 | 6 | — |
4 | Suid-Afrika | 1 | 5 | 3 | 0 | 2 | 843 | 841 | +2 | 6 | — |
In die Super Tien uitgeskakel | |||||||||||
5 | Pakistan | 2 | 4 | 2 | 0 | 2 | 593 | 612 | –19 | 4 | −0.384 |
6 | Nieu-Seeland | 1 | 4 | 2 | 0 | 2 | 432 | 612 | –180 | 4 | −0.678 |
7 | Engeland | 1 | 4 | 1 | 0 | 3 | 643 | 570 | +73 | 2 | −0.776 |
8 | Australië | 2 | 4 | 1 | 0 | 3 | 597 | 682 | –85 | 2 | −0.857 |
9 | Nederland | B/1 | 7 | 3 | 0 | 4 | 947 | 911 | +36 | 6 | — |
10 | Bangladesj | A/2 | 7 | 2 | 0 | 5 | 847 | 972 | –125 | 4 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
11 | Zimbabwe | B | 3 | 2 | 0 | 1 | 427 | 420 | +7 | 4 | +0.957 |
12 | Nepal | A | 3 | 2 | 0 | 1 | 416 | 333 | +83 | 4 | +0.933 |
13 | Ierland | B | 3 | 2 | 0 | 1 | 456 | 479 | –23 | 4 | −0.701 |
14 | Afghanistan | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 358 | 372 | –14 | 2 | −0.981 |
15 | Hongkong | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 336 | 411 | –75 | 2 | −1.455 |
16 | Verenigde Arabiese Emirate | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 390 | 373 | +17 | 0 | −1.541 |
Meeste lopies en paaltjies
wysigMeeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records / Records in World T20, 2013 to 14 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records in World T20, 2013 to 14 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "World T20 to be called T20 World Cup from 2020 edition: ICC". The Times of India. 23 November 2018. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Bangladesh to host World Twenty20 2014". ESPNcricinfo. 1 Julie 2010. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sharda Ugra (16 April 2012). "ICC presidency term to be cut to a year". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "West Indies face India in World T20 opener". Internasionale Krieketraad. 27 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Maart 2016.
- ↑ (en) "ICC announces match officials and schedule for ICC World T20 2014". Internasionale Krieketraad. 10 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2014. Besoek op 16 Maart 2014.
- ↑ 8,0 8,1 8,2 8,3 8,4 8,5 (en) "Lowest totals For ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records for Afghanistan in T20I matches – Lowest totals". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Team Lowest Innings Totals in T20I matches". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records for Bangladesh in T20I matches". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 12,0 12,1 (en) "Records for T20I Matches – Lowest totals". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 13,0 13,1 (en) Alan Gardner (16 Maart 2014). "Nepal lay their marker with 80-run win". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records for T20I Matches – Oldest players on debut". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records for T20I Matches – Wicket with first ball in career". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 16,0 16,1 16,2 16,3 16,4 (en) "Largest margins by Innings, runs & wickets for ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Mohammad Isam (20 Maart 2014). "Dar guides HK to historic win; Bangladesh through". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 18,0 18,1 (en) "Records for T20I Matches – Winning on the last ball of the match". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 19,0 19,1 19,2 19,3 (en) "Records for T20I Matches – Fastest Fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Devashish Fuloria (21 Maart 2014). "Chigumbura keeps Zimbabwe alive". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 21,0 21,1 (en) Sampath Bandarupalli (2 Junie 2024). "Stats – Aaron Jones second only to Chris Gayle after blitzing Canada". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Kanishkaa Balachandran (21 Maart 2014). "Netherlands stun rivals to qualify". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "World Twenty20 2014: Stuart Broad fined for umpire criticism". BBC. 23 Maart 2014. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Firdose Moonda (24 Maart 2014). "Steyn delivers last-ball win for South Africa". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Best economy rates in an innings For ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 26,0 26,1 (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Alan Gardner (27 Maart 2014). "Ahsan Malik raises the bar for Associates". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 28,0 28,1 (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High Scores". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Marc Higginson (27 Maart 2014). "World Twenty20 2014: Alex Hales helps England to Sri Lanka win". BBC. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sa’adi Thawfeeq (28 Maart 2014). "Chandimal suspended for one match". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sam Sheringham (29 Maart 2014). "World Twenty20 2014: New Zealand ease past Netherlands". BBC. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) David Hopps (29 Maart 2014). "De Villiers blitz leads South Africa into semis". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 33,0 33,1 (en) George Dobell (31 Maart 2014). "Netherlands humiliate England". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Andrew Fidel Fernando (31 Maart 2014). "Herath spins New Zealand out of WT20 with 5 for 3". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Andrew Fidel Fernando (19 Februarie 2015). "ESPNcricinfo Awards 2014 T20I bowling winner: A master sans mystery". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Shiva Jayaraman (31 Maart 2014). "Williamson's 70%, and Herath's unbelieveable average". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Team records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sampath Bandarupalli (9 Junie 2024). "India defend a record low as head-to-head reaches 7–1". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sampath Bandarupalli (10 Junie 2024). "Stats – New lows for Bangladesh in chase to forget". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / All-Round Records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Jamie Lillywhite (23 Maart 2014). "World Twenty20 2014: Pakistan beat Australia in run feast". BBC. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Karthik Krishnaswamy (30 Maart 2014). "Shehzad century sets up massive win for Pakistan". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sidharth Monga (6 April 2014). "Cool Sangakkara breaks final hoodoo". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Shiva Jayaraman (6 April 2014). "Yuvraj's 21-ball struggle, and SL's death bowling". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met T20I-wêreldbeker 2014. |