Maak hoofkeuseskerm oop

Imran Tahir (* 27 Maart 1979 in Lahore, Pakistan) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler.[1] Tahir speel tans vir die Proteas in EDI en T20I, asook die KZN Dolfyne in Suid-Afrika, en vir die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga.

Imran Tahir
Imran Tahir.jpg
Volle naam Mohammad Imran Tahir
Gebore 27 Maart 1979 (1979-03-27) (40 jaar oud)
Lahore, Punjab, Pakistan
Lengte 1.78 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm bybreek
Rol Bouler
Internasionale inligting
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 310) 9 November 2011 v Australië
Laaste Toets 3-7 Des 2015 v Indië
Toetshempno. 75
EDI debuut (no 102) 24 Feb 2011 v Wes-Indië
Laaste EDI 19 Januarie 2019 v Pakistan
EDI hempno. 99
T20I debuut (no 58) 2 Augustus 2013 v Sri Lanka
Laaste T20I 9 Oktober 2018 v Zimbabwe
T20I hempno. 99
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2008-09, 2011 Hampshire
2010-2012 KZN Dolfyne
2007-2009 Titane
2010 Warwickshire
2004-2005 Staffordshire
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse EDI 1e rang     A-lys
Wedstryde 20 85 190 176
Lopies aangeteken 130 139 2,617 424
Kolfgemiddeld 9.28 7.58 14.12 11.45
100s/50s 0/2 0/0 0/4 0/0
Hoogste telling 29* 29 77* 41*
Aflewerings geboul 3925 4545 38291 8,180
Paaltjies 57 109 778 269
Boulgemiddeld 40.24 23.75 26.63 23.44
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 2 2 52 4
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 n/a 11 0
Beste boulontleding 5/32 7/45 8/42 7/45
Vangskote/Stonkings 8/– 16/- 80/- 37/-
Bron: Cricinfo, 24 Januarie 2019

Op 15 June 2016, was Tahir die eerste Suid-Afrikaanse bouler om sewe paaltjies te vat in 'n EDI, en die Suid-Afrikaner vinnigste om 100 EDI paaltjies te kry (58 wedstryde).[2]

Op 17 Februarie 2017, was Tahir die Suid-Afrikaner wat die vinnigste 50 T20I paaltjies behaal het.

Persoonlike leweWysig

Imran Tahir was gebore in Lahore, Pakistan,[3] en het daar geleer krieket speel. Hy het begin werk op die ouderdom van 16 om sy familie te ondersteun.[4]

VerwysingsWysig

  1. Tahir laat steeds die paaltjies spat. Maroela Media (29 Augustus 2019). URL besoek op 30 Augustus 2019.
  2. Tahir, Amla lead South Africa to another bonus-point win. ESPNcricinfo (15 Junie 2016). URL besoek op 16 Junie 2016.
  3. Born in one country, played for another. International Cricket Council. URL besoek op 27 April 2018.
  4. Hashmi, Nabeel (23 Mei 2015). "Story of Imran Tahir: From salesman to international star". The Express Tribune. Besoek op 7 April 2017.

Eksterne skakelsWysig