Nigel Llong
Nigel James Llong (gebore op 11 Februarie 1969 in Ashford, Kent) is 'n voormalige Engelse krieketspeler vir Kent. Hy het sy debuut gemaak in 1990 en sy graafskap pet gewen in 1993. Hy was 'n linkshandige kolwer en by-draaibouler. Llong het intussen 'n skeidsregter geword, en het in sy eerste eersteklaswedstryd gestaan in Junie 2000. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2007, T20I-wêreldbeker 2007, T20I-wêreldbeker 2009, Krieketwêreldbeker 2011, T20I-wêreldbeker 2012, Kampioenetrofee 2013, T20I-wêreldbeker 2014, Krieketwêreldbeker 2015, T20I-wêreldbeker 2016, Kampioenetrofee 2017 en Krieketwêreldbeker 2019 as 'n skeidsregter gedien.[1][2] Hy het aangekondig om ná die Krieketwêreldbeker 2019 af te tree.[3]
Nigel Llong | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Nigel Llong in 2016 | ||||||
Volle naam | Nigel James Llong | |||||
Gebore | 11 Februarie 1969 Ashford, Kent, Engeland | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm wegbreker | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | ||||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1990–1999 | Kent | |||||
2000 | Norfolk | |||||
Skeidsregter-inligting | ||||||
Toetse gestaan | 28 (2008–2015) | |||||
EDI's gestaan | 93 (2006–2015) | |||||
T20I's gestaan | 20 (2005–2014) | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | 1ste rang | A-lys | ||||
Wedstryde | 68 | 136 | ||||
Lopies aangeteken | 3 024 | 2 302 | ||||
Kolfgemiddeld | 31,17 | 25,29 | ||||
100s/50s | 6/16 | 2/8 | ||||
Hoogste telling | 130 | 123 | ||||
Aflewerings geboul | 2 273 | 1 317 | ||||
Paaltjies | 35 | 40 | ||||
Boulgemiddeld | 35,97 | 30,25 | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 2 | 0 | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | nvt | ||||
Beste boulontleding | 5/21 | 4/24 | ||||
Vangskote/Stonkings | 59/– | 41/– | ||||
Bron: ESPNcricinfo, 7 Junie 2013 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "ICC announces match officials for ICC Cricket World Cup 2015". Internasionale Krieketraad. 2 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 12 Februarie 2015.
- ↑ (en) "Match officials for ICC Men's Cricket World Cup 2019 announced". Internasionale Krieketraad. 26 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2019. Besoek op 31 Oktober 2019.
- ↑ (en) "Umpire Ian Gould to retire after World Cup". ESPNcricinfo. 26 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 31 Oktober 2019.
Eksterne skakels
wysig- (en) Nigel Llong se profiel op ESPNcricinfo