Gary Kirsten

Suid-Afrikaanse krieketspeler

Gary Kirsten (gebore 23 November 1967 in Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler en voormalige lid van Suid-Afrika se nasionale krieketspan. Hy het tussen 1993 en 2004 in 101 toetswedstryde en 185 EDI vir Suid-Afrika gespeel, meestel as 'n aanvangskolwer. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 1998 en 2000 vir Suid-Afrika gespeel. Later het hy Suid-Afrika tydens die T20I-wêreldbeker 2012 en die Kampioenetrofee 2013 afgerig.

Gary Kirsten
Gary Kirsten in 2010
Volle naam Gary Kirsten
Gebore 23 November 1967 (1967-11-23) (57 jaar oud)
Kaapstad, Suid-Afrika, Suid-Afrika
Bynaam(e) Gazza
Kolfstyl Regterarm wegbreker
Boulstyl Regterarm
Rol Aanvangskolwer, afrigter
Familie Paul Kirsten (broer)
Peter Kirsten (half-broer)
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 257) 26 Desember 1993 v Australië
Laaste Toets 30 Maart 2004 v Nieu-Seeland
Enigste ODI 14 Desember 1993 v Australië
EDI hempno. 1
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1987–2004 Western Province cricket team (Suid-Afrika)
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-lys
Wedstryde 101 185 221 294
Lopies aangeteken 7,289 6,798 16,670 9,586
Kolfgemiddeld 45.27 40.95 48.31 36.58
100s/50s 21/34 13/45 46/79 18/58
Hoogste telling 275 188 275 188
Aflewerings geboul 349 30 1,727 138
Paaltjies 2 0 20 3
Boulgemiddeld 71.00 43 41.80 37.33
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 1
10 paaltjies in 'n wedstryd 0
Beste boulontleding 1/0 6/68 1/25
Vangskote/Stonkings 83/– 61/1 171/– 97/1
Bron: Cricinfo, 28 Desember 2009
'n Grafiek wat Kirsten se toetsloopbaan-boulstatistieke toon en hoe hulle oor tyd verloop het.

Hy was van 2007−2011 die afrigter van die Indiese nasionale krieketspan wat die Krieketwêreldbeker 2011 gewen het. Daarna was hy die afrigter van Suid-Afrika se nasionale krieketspan vanaf Junie 2011 tot Augustus 2013.[1]

Sy ouer halfbroer, Peter Kirsten, het ook vir die Proteas (onder andere tydens die Krieketwêreldbeker 1992) gespeel.

Internationale Loopbaan

wysig

Kirsten het in 1993 sy toetsdebuut teen Australië in Melbourne gemaak. Hy het in 2004 uitgetree uit internationale krieket. Hy is die eerste Protea wat in 100 toetse kon gespeel het. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[2]

Verwysings

wysig
  1. (en) "Kirsten has stepped down as south african cricket coach". Wisden India. 10 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 23 November 2018.
  2. (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.

Eksterne skakels

wysig