Oman
Oman (Arabies: عمان, ʻumān, [ʕʊˈmaːn]), amptelik die Sultanaat Oman (سلطنة عُمان, Salṭanat ʻUmān), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is langs die oostelike kus van die Arabiese Skiereiland geleë. Dit lê noordoos van Jemen, oos van Saoedi-Arabië, suidoos van die Verenigde Arabiese Emirate, suid van Iran en suidwes van Pakistan. Oman beslaan 'n oppervlakte van 309 500 km² en het 'n bevolking van 4 424 762 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Maskat. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Oman beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 45% van die land se bevolking vorm.[8]
| |||||
Volkslied: نشيد السلام السلطاني as-Salām as-Sultānī (Arabies vir: "Vrede vir die Sultan") | |||||
Hoofstad | Maskat | ||||
Grootste stad | Maskat | ||||
Amptelike tale | Arabies | ||||
Regering | Unitêre parlementêre absolute monargie Haitham bin Tariq Al Said Fahd bin Mahmoud al Said[1] | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Azd-stam migrasie • Al-Julanda • Imamate gestig[2] • Nabhani-dinastie • Yaruba-dinastie • Huis van Al Said • Maskat en Oman • Dhofar-opstand • Sultanaat Oman • Huidige grondwet |
130 629 751 1145 1624 1744 8 Januarie 1820 9 Junie 1965 – 11 Desember 1975 9 Augustus 1970 6 November 1996 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
309 500 km2 (70ste) 119 500 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
4 829 473[3][4] (125ste) 2 773 479[5] 15 / km2 (214ste) 38,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,834[7] (47ste) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Rial (OMR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GST (UTC+4) nie toegepas nie (UTC+4) | ||||
Internet-TLD | .om, عمان. | ||||
Skakelkode | +968 |
Oman is aan 'n strategies belangrike plek aan die monding van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) in die Indiese Oseaan geleë. Die kus is aan die Arabiese See in die suidooste en die Golf van Oman in die noordooste geleë. Die Madha- en Musandam-eksklawes word deur die Verenigde Arabiese Emirate langs die landgrens omring met die Straat van Hormuz (gedeel met Iran) en die Golf van Oman wat Musandam se maritieme grense vorm.
Vanaf die 17de eeu was die Omanse sultanaat 'n magtige ryk en het met Portugal en die Verenigde Koninkryk oor invloed in die Persiese Golf en die Indiese Oseaan gewedywer. Op sy hoogtepunt in die 19de eeu het die Omanse invloed oor die Straat van Hormuz tot die hedendaagse Iran en Pakistan gestrek en tot Zanzibar in die suide.[9] Toe sy mag in die 20ste eeu begin afneem, het die sultanaat onder die invloed van die Britse Ryk gekom. Vir meer as 300 jaar was die verhoudinge tussen die twee ryke op wedersydse voordele gebaseer. Die Britte het Oman se geografiese belangrikheid as 'n handelspos wat hul handelsroete in die Arabiese Golf en Indiese Oseaan asook hul besit in Brits-Indië kon beskerm erken. In ruil hiervoor het die Britte Oman se interne eenheid versterk en die sultanaat teen eksterne bedreigings bygestaan.[10] Maskat was histories die vernaamste handelshawe van die Persiese Golf-strek. Maskat was ook onder die belangrikste handelsposte in die Indiese Oseaan.
Die voormalige sultan Qaboos bin Said al Said was sedert 1970 die erflike leier van die absolute monargie. Sultan Qaboos was die langsheersende leier in die Midde-Ooste,[11] en die derde langsheersende monarg wêreldwyd by sy afsterwe in 2020.
Oman is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande. Dit beskik oor aansienlike ruoliereserwes, die 25ste grootste wêreldwyd.[12][13] In 2010 het die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram Oman as die mees gevorderde nasie ter wêreld in terme van ontwikkeling gedurende die afgelope 40 jaar geranglys.[14] Van die belangrikste ekonomiese sektore sluit in toerisme en die handel met vis, data en verskeie landbouprodukte. Dit onderskei Oman van sy bure se grootliks olieafhanklike ekonomieë. Oman word beskou as 'n hoë-inkomste ekonomie en word volgens die wereldwye vredesindeks as die 70ste mees vredevolle land wereldwyd beskou.[15]
Sport
wysigKrieket is een van die gewildste sportsoorte in Oman, veral te danke aan die uitgewekene bevolking uit Suid-Asiatiese lande. Die Omaanse nasionale krieketspan het in 2016 vir die T20I-wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle die sesde plek in 2015 se T20I-wêreldbekerkwalifisering gehaal het. Hulle het ook T20I-status verkry nadat hulle onder die boonste ses spanne in die kwalifisering geëindig het. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022 EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheer Namibië met vier paaltjies tydens die 2019 Wêreldkrieketliga se afdeling twee kon klop.[16]
In 2021 het Oman saam met die Verenigde Arabiese Emirate vir die eerste keer 'n belangrike kriekettoernooi – die T20I-wêreldbeker – aangebied. Dit was die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur IKR-assosiaatlede gehuisves is.[17] Oman se nasionale krieketspan het ook aan dié toernooi deelgeneem, maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.[18] Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 is die span ná drie nederlae weer in die eerste rondte uitgeskakel.[19]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Cabinet Ministers". Regering van Oman. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2013. Besoek op 13 Augustus 2014.
- ↑ (en) "Oman".. MSN Encarta. Geargiveer 28 Oktober 2009 op Wayback Machine
- ↑ "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website) (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "Final Results of Census 2010" (PDF) (in Engels). National Center for Statistics & Information. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Mei 2013. Besoek op 7 Januarie 2012.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Oman". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "Oman" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ (en) Kharusi, N. S. (2012). "The ethnic label Zinjibari: Politics and language choice implications among Swahili speakers in Oman". Ethnicities. 12 (3): 335–353. doi:10.1177/1468796811432681.
- ↑ (en) Al Basami, Mubarak (April 2016). "Oman – UK Relations". BePress.[dooie skakel]
- ↑ "Arab uprising: Country by country – Oman" (in Engels). BBC. 16 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "Oman profile – Overview" (in Engels). BBC. 25 April 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "Private sector gets Omanisation targets". Gulf News (in Engels). 13 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ "Five Arab states among top leaders in long-term development gains" (in Engels). Hdr.undp.org. 4 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2013. Besoek op 29 Oktober 2011.
- ↑ "Global Peace Index: 2017" (PDF). visionofhumanity.org (in Engels). Global Peace Index en Instituut vir Ekonomie en Vrede. p. 11. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ (en) "Oman and USA secure ICC Men's Cricket World Cup League 2 places and ODI status". Internasionale Krieketraad. 24 April 2019. Besoek op 25 September 2022.
- ↑ (en) (en) Paul Radley (29 Junie 2021). "T20 World Cup will move to UAE and Oman, confirms ICC". The National. Besoek op 25 September 2022.
- ↑ (en) Shashank Kishore (21 Oktober 2021). "Bowling might helps Scotland qualify for Super 12s; Oman knocked out". ESPNcricinfo. Besoek op 25 September 2022.
- ↑ (en) "Oman knocked out after McMullen, Munsey counterattack". Cricbuzz. 9 Junie 2024. Besoek op 26 Junie 2024.
Bronne
wysig- Algemeen
- (en) "Oman". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Januarie 2020.
- (en) "Oman". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018. Besoek op 13 Januarie 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oman.
- (en) Toerisme-inligting oor Oman op Wikivoyage