Melbourne
Melbourne (Engels: [ˈmɛlbərn], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Victoria en die tweede grootste stad in Australië naas Sydney met 'n bevolking van meer as vyf miljoen volgens die 2021-sensus.
Melbourne | |
---|---|
Stad | |
Melbourne | |
Ligging van Melbourne | |
Kaart van Melbourne | |
Koördinate: 37°48′49″S 144°57′47″O / 37.81361°S 144.96306°O | |
Land | Australië |
Deelstaat | Victoria |
Administratiewe verdeling | 31 Local Government Areas |
Stigting | 30 Augustus 1835 |
Regering | |
• Burgemeester | Robert Doyle |
Oppervlak | |
• Stedelik | 8 806 km2 (4 055,9 vk. myl) |
Hoogte | 31 m (102 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 5 096 298 (2 021) |
Tydsone | AEST (UTC+10) |
Webwerf | City of Melbourne |
Die nedersetting is in 1835 deur 'n groep koloniste uit Tasmanië op die oewers van die Yarrarivier gestig. In 1842 word dit as 'n stad geproklameer.
Melbourne is 'n multikulturele stad wat mense van orals oor die wêreld verwelkom. Dit is bekend vir sy tremme. Die stad het verskeie groot parke en ook 'n paar strande.
Melbourne was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2003, Krieketwêreldbeker 2015 en T20I-wêreldbeker 2022. Die Olimpiese Somerspele 1956 is ook hier gehou. In Januarie word jaarliks vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in professionele tennis aangebied: Die Australiese Ope. Dit vorm saam met die Franse Ope, VSA-Ope en Wimbledon-kampioenskap die vier "Grand Slam"-toernooie van elke jaar.
Klimaat
wysigWeergegewens vir Melbourne (Stad) | |||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
Hoogste maksimum (°C) | 45,6 | 46,4 | 41,7 | 34,9 | 28,7 | 22,4 | 23,3 | 26,5 | 31,4 | 36,9 | 40,9 | 43,7 | 46,4 |
Gemiddelde maksimum (°C) | 25,9 | 25,8 | 23,9 | 20,3 | 16,7 | 14,1 | 13,5 | 15,0 | 17,2 | 19,7 | 22,0 | 24,2 | 19,9 |
Gemiddelde minimum (°C) | 14,3 | 14,6 | 13,2 | 10,8 | 8,6 | 6,9 | 6,0 | 6,7 | 8,0 | 9,5 | 11,2 | 12,9 | 10,2 |
Laagste minimum (°C) | 5,5 | 4,5 | 2,8 | 1,5 | −1,1 | −2,2 | −2,8 | −2,1 | −0,5 | 0,1 | 2,5 | 4,4 | −2,8 |
Neerslag (mm) | 47,3 | 48,1 | 50,4 | 57,3 | 56,0 | 49,2 | 47,6 | 50,1 | 58,0 | 66,2 | 60,3 | 59,3 | 649,6 |
Reëndae (d) | 8,4 | 7,5 | 9,4 | 11,8 | 14,6 | 15,4 | 16,1 | 16,1 | 14,9 | 14,2 | 11,8 | 10,4 | 150,6 |
Humiditeit (%) | 47 | 48 | 49 | 52 | 59 | 63 | 61 | 56 | 53 | 50 | 49 | 47 | 52,9 |
Bron: Bureau of Meteorology (Australië)[1] |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Melbourne Regional Office". Climate statistics for Australian locations. Bureau of Meteorology (Australië). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 14 Oktober 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Melbourne.
- (en) Toerisme-inligting oor Melbourne op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
Hoofstede van Australië | ||||
---|---|---|---|---|
|